Verkiesing vir die eerste keer op ʼn Maandag

Stemme word tydens die verkiesing in 2019 getel. (Argieffoto: Rajesh Jantilal/AFP)

Die plaaslike regeringsverkiesing sal nou op Maandag 1 November plaasvind.

Dr. Nkosazana Dlamini-Zuma, minister van samewerkende regering en tradisionele sake, het ʼn kort ruk gelede die nuwe datum vir die verkiesing bekendgemaak. Dit sal eers na afloop van die kieserregistrasienaweek wat op 18 en 19 September plaasvind – en die kiesersrol dus gesluit word – op 20 September in die Staatskoerant afgekondig word.

Die verkiesing sou aanvanklik op 27 Oktober gehou word, maar die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) het hom tot die Konstitusionele Hof gewend ná die bevinding van afgetrede hoofregter Dikgang Moseneke dat ʼn vrye en regverdige verkiesing nie te midde van die Covid-19-pandemie gehou kan word nie.

Die hof het die aansoek verwerp en gelas dat die verkiesing nie later nie as 1 November gehou moet word.

Dlamini-Zuma sê daar kon by die oorspronklike datum gehou word, maar die OVK het aangedui dat hy soveel as moontlik tyd nodig het om vir die verkiesing voor te berei.

Die minister het ook gemaan dat mense nie moet vergeet dat die verkiesing tydens ʼn pandemie plaasvind nie en het ʼn beroep op Suid-Afrikaners gedoen om steeds by alle protokolle te hou om verdere verspreiding van die virus te verminder.

Verkiesings word gewoonlik op ʼn Woensdag gehou en daar was onder andere vrae aan die minister of die verkiesing, wat nou op ʼn Maandag sal plaasvind, ʼn uitwerking op kiesergetalle kan hê.

Dlamini-Zuma sê omdat die OVK “elke uur, elke minuut benodig” om behoorlik voor te berei, is daar op die laaste beskikbare datum ingevolge die hofbevel besluit om die kommissie soveel moontlik tyd hiervoor te gun.

Daar sal ook met die minister van binnelandse sake en die president vergader word sodat kiesdag tot vakansiedag verklaar kan word.

Die DA het hom intussen reeds tot die hof gewend ná die OVK die kandidatelys weer oopgestel het. Die OVK het eergister gesê hy het die besluit op grond van regsadvies oor die interpretasie van die hofbevel geneem.

Dlamini-Zuma wou nie kommentaar lewer oor die kwessie nie en sê sy is self ʼn respondent in die saak en moet nog haar beëdigde verklaring indien.

Sy sê stemwerwery sal ook kan voortgaan – ook deur-tot-deur-veldtogte – maar daar sal steeds aan Covid-19-regulasies voldoen moet word.

Op ʼn vraag oor wanneer die inperkingsregulasies verslap gaan word, het die minister gesê die regering word “deur die pandemie gelei”.

“Ons is op vlak 3; sodra die getalle daal, sal dit verander,” sê Dlamini-Zuma.

Phumla Williams, direkteur-generaal van die regering se kommunikasie-en-​​inligtingstelsel, het gister gesê Ramaphosa sal die land binnekort toespreek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Aai ·

Mooi man 40 milj van SA gaan gepynappel wees die Maandag.Ha Ha

JohanR ·

Dit was die ANC plan vir die 1st November. Voer veldtog tot op die nippertjie, en dan hoop dat meeste Suid Afrikaners is te gesuip Maandag more om by die stem stasies op te daag, of het vir die lang naweek weg gegaan. Met die ANC se mens in Engels “always read between the lines”. Hei NDZ nie alle Suid Afrikanes is 30 percenters nie!

Belinda ·

en tog wil hulle he alle 18jariges moet registreer en gaan stem… mens kan net lag vir hierdie mense wat die land probeer regeeer.

Elinette ·

So? As jy mos nog in matriek is, mag jy mos nie stem tensy jy reeds 18 is nie – so terloops gesê, ek het ná ek matriek gemaak het en reeds my uitslae gekry het, eers 18 geword, maar die meeste matrieks is seker nie soos ek nie. Kom daarvan om op die LAASTE dag in die jaar te verjaar.

Misky ·

En jy vergeet dalk Elinette dat daar selfs baaaaie 21 jariges nog op skoolbanke is deesdae

Agge nee ·

Mooi gedoen, weer drop die slimmes die bal. Maandagoggend 1 November skryf elke matriek in hierdie land, waarvan 90% al stemgeregtig is, English Home Language/English First Add Language. Dammit word wakker, laat ons oor ‘n naweek stem, ons land is al klaar in sy maai en nou nog ‘n leeglê dag.

Moedeloos ·

En baie skool sale word gebruik as stemlokale. So dit is nou uit. Nou moet daar nuwe lokale gesoek word en op klein plekkies is dit al lokale wat gebruik kan word.

Elinette ·

Maar jy skryf darem tog nie HEELDAG aan ‘n vraestel nie? Stem-lokale is mos vanaf 07:00 – 19:00 oop. Selfs al moet Ma of Pa jou stembus toe neem, is daar meer as genoeg tyd ….

marius ·

Die regering word deur die pandemie gelei . Al vir amper dertig jaar .

Skuilnaam ·

Wat maak dit saak? Nee, rêrig, wat maak dit saak? NIKS gaan verbeter nie…

Moedeloos ·

OVK het soveel tyd nodige op alles inplek te kry. Pfff as hul hul werk reggedoen het sou alles noual inplek gewees het. Dit gebeur as jy nie organiseer nie. Nou sal hul alles oor moet doen want baie lokale gaan nie beskikbaar wees nie agv eksamens. Maar nee hul moes die datum verander sodat die ANC hul kanidate kon registreer.

Elinette ·

Dan rig hul tente op of hou dit in die naaste kerksaal of dorp/stadsaal … êrens sal daar plek gemaak kan word om te dien as verkiesingspunt.

Belinda ·

Wens almal boikot die stemmery… Alles word altyd belowe maar kyk hoe gaan dit hier. whats the use?

VaalDonkie ·

Hopelik is die ANC stemmers so babelas dat hulle die ANC en DA verwar op die stembrief

Elinette ·

Ha-ha-ha!!!!!!!!!!!!!!!!!!!! Ja, wingerdgriep op ‘n Maandag is nogal ‘n ding, veral hier in die Wes-Kaap.

SjN ·

Kopdoek hoor die klok lui, Geen idee waar die klok hom bevind nie!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.