Verkiesingdatum sal bepaal word; kiesers se adresse ʼn groot uitdaging

Foto: Maroela Media

Foto: Maroela Media

David van Rooyen, minister van samewerkende regering, het intussen gesê die datum van die verkiesing sal bekend gemaak word sodra die voorbereiding en nakoming afgehandel is. Hy het gesê daar is verskeie faktore wat in ag geneem moet word, waaronder die uitspraak in die konstitusionele hof verlede jaar oor die debakel oor Potchefstroom in Noordwes se munisipale verkiesings.

“Dit is baie belangrik dat die verkiesing vry en regverdig moet wees,” het Van Rooyen gesê.

Die konstitusionele hof het verlede jaar bevind dat die munisipale verkiesing in Potchefstroom (Tlokwe) nie vry en regverdig was nie, nadat Xolile David Kham en ander voormalige ANC-raadslede appèl aangeteken het. Die groep, wat onsuksesvol was in die wyke waar hulle verkiesbaar was, het ʼn bevel gesoek om die uitslag van die munisipale verkiesing in agt wyke tersyde te stel, gebaseer op onreëlmatighede wat aan die lig gekom het ná die OVK se eie ondersoek.

Die hof het verklaar dat die munisipale verkiesing, wat op 12 September 2013 in wyk 18 plaasgevind het, en op 10 Desember 2013 in wyk 1, 4, 11, 12, 13 en 20, nie vry en regverdig was nie. Die uitslag van die munisipale verkiesing is tersyde gestel.

Die OVK is aangesê om nuwe munisipale verkiesings te hou en die hof het die OVK aangesê om die fisiese adresse van persone op die kiersrol te bevestig vir toekomstige verkiesings.

Van Rooyen het gesê die kabinet het die totstandkoming van ʼn ministeriële komitee goedgekeur wat saam met die Suid-Afrikaanse Vereniging van Plaaslike Regering (Salga) en die OVK sal werk. “Die komitee sal binnekort met hul werk begin om enige struikelblokke uit die weg te ruim,” het hy gesê. “Die termyn vir hierdie plaaslike regering verstryk op 17 Mei en die plaaslike verkiesing moet binne 90 dae ná die termyn verstryk het, gehou word. Ons sal gereed wees om op die geskikte tyd ʼn aankondiging te maak oor uitstaande kwessies.”

Terry Tselane, adjunkvoorsitter van die OVK, het gesê die hofuitspraak het standaarde vir die OVK verhoog. Die verifiëring van adresse waar ʼn kieser geregistreer is, is die grootste uitdaging vir die organisasie, het hy gesê. Die organisasie het reeds mense wat besig is om inligting bymekaar te maak oor kiesers se adresse, en slegs 37% van adresse is tot dusver geverifieer.

“Daar is baie gebiede in die land wat nie adresse het nie,” het Tselane verduidelik. “Die grootste uitdaging sal wees om na elke gebied toe te gaan, landmerke uit te ken, en dan seker te maak dat ons span dit op ʼn kaart aanteken. Na dié proses, sal die name aan die politieke partye gestuur moet word sodat hulle verder die inligting kan verifieer. Dit is tot dusver ons grootste uitdaging.”

Die OVK was nog nooit verplig om politieke partye van kiesers se adresse op die kiesersrol te voorsien nie.

“Die verifikasie van adresse sal die OVK help om die regte kieser binne die regte stemdistrik te plaas,” het Tselane gesê. “Die hof het die standaard verhoog. Ons is beveel om dinge te doen wat ons nooit gereken het verpligtend sal wees nie.”

Geen kieser sal egter verhoed word om te stem indien hul adresse nie geverifieer is nie, het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Nic Grobler ·

Maroela, is dit al te laat om die volksvreemde “uitdaging” in plaas van “probleem” uit ons taal te weer? Dit is regtig sinneloos – die uitvloeisel van spanpraatjies wat ‘n klomp Skandinawiers in die jare ’90 hier kom hou het: “there’s no such thing as a problem, it is a challenge”.

Alete Muller ·

Jy spreek iets aan wat my al lankal dwars in die krop steek.

DPJ ·

In een asem word gesê asdesse moet geverifeer maar niemand sal verhoed word om te sem as sy adresse nie geverifeer kan word nie. Verduidelik ek vetstaan nie.

Elizabeth Bosman ·

‘Vry en regverdig’. Mooi woorde maar die ANC is die voorbokke as dit kom by intimidasie. My huishulp se hulle stem nie want hulle word gedreig en vertel dat die ANC kan sien vir wie hulle stem. Hulle word ook tot hy die stembus gedwing en daarom slaap hulle elders tydens stemtyd.

Hein ·

Ek gaan nie stem nie want politici kan nie hul beloftes nakom nie. Burgerregtegroepe soos Afriforum het baie dinge reggemaak wat geen opposisieparty kon regkry nie. Bewys my verkeerd asb.

Reinhardt ·

Ek weet nie jong, die Kaap is vir my taamlik lekker onder DA beheer. Ek wonder hoeveel duisende voel soos wat jy voel? Dit kan nogals n verskil maak.

Hein ·

Reinhardt,
Dit is interesant dat Afriforum ook Kaapstad help om die riool storting wat by Houtbaai plaasvind oplos. Ek verstaan dit dat in julle geweste die DA stem nog in die meerderheid is maar in gebiede waar die verantwoordelike stem soveel minder is, is daar geen ander uitweg om Afriforum te steun nie.

M A ·

Ek verstaan nou nie. Elke keer as ‘n mens omdraai moet jy RICA of FICA en nou weet hulle nie waar ons woon nie???!

alida ·

Presies M.A !!! Die Fica was dan die doel daarvan. Dit het my in elk geval NIKS gehelp nie. Smash & grab en AL my goed is gesteel. 2 selfone ingesluit !!!! Skelm spul !!!

Bielie ·

Robert Mugabe het dieselfde taktiek gebruik toe hy sien hy gaan die verkiesing verloor. Hier kom die eerste groot geknoeiery sodra die kaders sien dat hulle van die groot munisipaliteite gaan verloor. Mark my Words.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.