
Adjunkpresident Cyril Ramaphosa op 7 Februarie 2016 by die ou Peter Mokaba-stadion in Polokwane, Limpopo (Foto: ANA)
“Ons het plaaslike regering gebruik om die lewensgehalte van ons mense te verbeter met die verskaffing van water, elektrisiteit en sanitasiegeriewe. Ons het ordentlike behuising verskaf om volhoubare menslike nedersettings te vestig. Ons het toegang tot elektrisiteit uitgebrei, informele nedersettings opgegradeer en ʼn massiewe infrastruktuurprogram van stapel gestuur,” het Ramaphosa aan afgevaardigdes by ʼn dinee van die ANC se Alfred Nzo-tak in die Oos-Kaap gesê.
“Ons het dit gedoen aangesien ons mense die ANC met ʼn mandaat toevertrou het om vir almal ʼn beter lewe teweeg te bring. Daar is egter nog baie uitdagings en daar moet baie meer gedoen word om die verskaffing van elektrisiteit, water en sanitasie aan talle gebiede te verbeter. Dit is belangrik dat ons meer doen om mense eerste te stel en verantwoordbaarheid, deursigtigheid en doeltreffendheid te versterk.”
Ramaphosa het gesê mense raak al hoe meer ongeduldig met die toestand van armoede, ongelykheid en werkloosheid waarin hulle lewe. “Hulle sien die verandering wat ons kan bewerkstellig om die skreiende gaping tussen dié wat het en dié wat nie het nie te verklein. En so sal die verkiesing en dié wat volg, toenemend moeiliker word vir ons om te wen, tensy ons beter beplan en harder werk.”
Volgens Ramaphosa moet die ANC altyd bewus wees van die veranderende toestande van hul gemeenskappe. “Ons mense het die ANC vertrou om vir hulle ʼn stem te gee en hul aspirasies te verwoord. Die verkiesing moet ons herinner aan wat die ANC vir ons mense beteken.”
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
16 Kommentare
Die verskil is die ANC leiers word ryk en hulle volgelinge arm
What you are saying is dead right…spot on!! The goverment will have more money to spend on the previous disadvantage people if they did not put it in the Guptas pockets.
Weereens leë verkiesings beloftes.
Ah, die mense sien dat die party leierskap en mense in die staatsdiens oornag stinkryk word as gevolg van hulle politieke verbintenisse en dan raak hulle ongeduldig.
Die feit dat Zuma ‘n privaat jet wil koop help ook nie.