‘Verkiesings al moeiliker vir ANC om te wen’

Adjunkpresident Cyril Ramaphosa op 7 Februarie 2016 by die ou Peter Mokaba-stadion in Polokwane, Limpopo (Foto: ANA)

Adjunkpresident Cyril Ramaphosa op 7 Februarie 2016 by die ou Peter Mokaba-stadion in Polokwane, Limpopo (Foto: ANA)

Die munisipale verkiesings later vanjaar en daaropvolgende verkiesings gaan al hoe moeiliker raak vir die ANC om te wen tensy die party beter beplan en harder werk, het adj.pres. Cyril Ramaphosa gesê.

“Ons het plaaslike regering gebruik om die lewensgehalte van ons mense te verbeter met die verskaffing van water, elektrisiteit en sanitasiegeriewe. Ons het ordentlike behuising verskaf om volhoubare menslike nedersettings te vestig. Ons het toegang tot elektrisiteit uitgebrei, informele nedersettings opgegradeer en ʼn massiewe infrastruktuurprogram van stapel gestuur,” het Ramaphosa aan afgevaardigdes by ʼn dinee van die ANC se Alfred Nzo-tak in die Oos-Kaap gesê.

“Ons het dit gedoen aangesien ons mense die ANC met ʼn mandaat toevertrou het om vir almal ʼn beter lewe teweeg te bring. Daar is egter nog baie uitdagings en daar moet baie meer gedoen word om die verskaffing van elektrisiteit, water en sanitasie aan talle gebiede te verbeter. Dit is belangrik dat ons meer doen om mense eerste te stel en verantwoordbaarheid, deursigtigheid en doeltreffendheid te versterk.”

Ramaphosa het gesê mense raak al hoe meer ongeduldig met die toestand van armoede, ongelykheid en werkloosheid waarin hulle lewe. “Hulle sien die verandering wat ons kan bewerkstellig om die skreiende gaping tussen dié wat het en dié wat nie het nie te verklein. En so sal die verkiesing en dié wat volg, toenemend moeiliker word vir ons om te wen, tensy ons beter beplan en harder werk.”

Volgens Ramaphosa moet die ANC altyd bewus wees van die veranderende toestande van hul gemeenskappe. “Ons mense het die ANC vertrou om vir hulle ʼn stem te gee en hul aspirasies te verwoord. Die verkiesing moet ons herinner aan wat die ANC vir ons mense beteken.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Gertjie ·

Die verskil is die ANC leiers word ryk en hulle volgelinge arm

Hennie Theart ·

What you are saying is dead right…spot on!! The goverment will have more money to spend on the previous disadvantage people if they did not put it in the Guptas pockets.

Rupert Ashford ·

Ah, die mense sien dat die party leierskap en mense in die staatsdiens oornag stinkryk word as gevolg van hulle politieke verbintenisse en dan raak hulle ongeduldig.

Hannes ·

Wat van BAIE beter gehalte onderwys wat gerig is op beter werksgeleenthede wat sal meebring dat hulle n beter inkomste sal verdien sodat hulle self huise kan koop en vir dienste betaal. Die resep van net uitdeel sonder eienaarskap maak die persone net meer afhanklik van die staat – en dit is wat die ANC wil he. Dit gaan in hul gesigte boomerang.

Cherokee ·

Lees wat Ramaphosa sê en wonder dan waarom hy dit aan hul massa kiesers vertel. Dit is onsinnig want dit wat hy sê is tog ‘n tema vir ‘n vergadering met regeringsamptenare. Dit is veronderstel om aan die regering gerig te word en nie aan die massa nie. Die kiesers kan niks daaraan doen nie.

André ·

Cherokee
Hy noem so mooi die lysie van dinge wat die cANCer gedoen het, maar laat al die korrupte bedrywighede uit. So kan ons ook seker maar vir hom ‘n lysie maak van al die onnodige belasting betalers se bydrae wat vermors word op blatante diefstal. Verskoon my…..Eerwaarde Alan Boesak het mos die definisie van diefstal herskryf. Hy het homself “verryk”.
BANANA REPUBLIC

Kaspaas ·

Die probleem is dat die meeste van daardie verlore ANC stemme gaan EFF toe. As hulle aan bewind kom gaan hulle die land na n burger oorlog vat. Ek voorspell die EFF gaan die DA verby vat as amptrlikke opposisie in die volgende verkiesing

Jonas ·

Neewat Cyril, hou op lieg, bedrieg, steel, verduister en bedôner. Word eerbaar, betroubaar, deutsigtig, nederig en hardwerkend. Dan, miskien dan, sal julle tradisionele kiesers weer vir julle stem.

Lance ·

Maak net meer en groter beloftes wat die arme mense WEER in al hulle onkunde gaan glo ….dis hoekom ons die mense nie wil educate ..maak staat op die dom stem .. .en eronies is dit die mense wat die swaarste kry …hoe tragies

HEVW ·

z en ramaphosa sal saam moet vergader want hul praat teen mekaar. z het dit onomwonde gestel dat die anc belangriker is as die land en verloop van sake bevestig dit baie duidelik. Ramaphosa vertel van die wondere wat die anc vir die land verrig het, en die bewyse daarvan is uiters skraal.

HEVW ·

Om by te voeg. Hul gesprekvoering is noodsaaklik want ramaphosa is duidelik besig om van z n leunaar te maak

Kobus ·

Kaspaas jy haal die woorde uit my mond. Ons beter hoop die Anc wen want die Eff gaan die land op sy knieè bring…

Willie ·

Is die laaste buffel wat hy gekoop het nie net so duur soos Zume se huis nie? Tyd dat iemand in bewind kom, wat die mense dien… Nie hulle eie beursies nie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.