Pres. Jacob Zuma het Woensdag die datum vir vanjaar se munisipale verkiesing bekend gemaak.
Zuma het in ʼn verklaring bevestig die verkiesing sal op 3 Augustus plaasvind. Hy het gesê die minister van samewerkende regering en tradisionele sake sal die nodige wetlike prosedures volg om die datum aan te kondig.
Die president het verder alle stemgeregtigde Suid-Afrikaners, in besonder die jeug wat die eerste keer sal kan stem, aangemoedig om seker te maak hulle registreer die naweek van 9-10 April. “Ons doen ‘n beroep op almal wat stemgeregtig is om te registreer om te stem en diegene wat nog nie hul name nagegaan het nie, om dit die naweek te doen sodat ons saam kan voortgaan om ons demokrasie te herbevestig en te verdiep,” het Zuma gesê.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
32 Kommentare
Hoekom nie dit die 9de Aug maak nie -dit reeds n verkwisde vakansie dag. Nou het ons 2 vakansie dae om n nuttelose regering te dien
Dié wat nie stem nie, se stemme tel vir ANC. Dink aan jul kinders en kleinkinders se toekoms.
Mense met so attitude om nie te wil stem nie moet dan liewers ook nie moan oor wat in die land aangaan nie. Elke stem tel.
Alle stemgeregtiges se stem tel al is jy nie gerigistreer nie. ‘n verlore stem vir die opposisie is een meer vir die regerende party en een minder vir die opposisie. Dit is maar net logika. Gaan registreer asseblief en stem vir die opposisie. Ons toekoms hang daarvan af.
En hier klim al die DA mensies nou uit hulle kassies uit……..NEE BAAS EK STEM NIE.