Verkiesingsdatum bekend

Foto: Maroela Media

Foto: Maroela Media

Pres. Jacob Zuma het Woensdag die datum vir vanjaar se munisipale verkiesing bekend gemaak.

Zuma het in ʼn verklaring bevestig die verkiesing sal op 3 Augustus plaasvind. Hy het gesê die minister van samewerkende regering en tradisionele sake sal die nodige wetlike prosedures volg om die datum aan te kondig.

Die president het verder alle stemgeregtigde Suid-Afrikaners, in besonder die jeug wat die eerste keer sal kan stem, aangemoedig om seker te maak hulle registreer die naweek van 9-10 April. “Ons doen ‘n beroep op almal wat stemgeregtig is om te registreer om te stem en diegene wat nog nie hul name nagegaan het nie, om dit die naweek te doen sodat ons saam kan voortgaan om ons demokrasie te herbevestig en te verdiep,” het Zuma gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

32 Kommentare

Jacomien ·

Hoekom nie dit die 9de Aug maak nie -dit reeds n verkwisde vakansie dag. Nou het ons 2 vakansie dae om n nuttelose regering te dien

Karma ·

Nee, eerder die 8ste – lekker lang naweek dan weer! Gaan stem al julle mense maar wat dink dat jul stem enigsins tel en dat die OVK werklik so onafhanklik en verkiesings “vry en regverdig” is. Ek bly lekker op die draad sit en bekyk die spul hier vanaf my “perch” af, As ek nie kan gaan stem waar ek WIL stem nie, dan kry NIEMAND my stem nie. Ek gaan nie in ‘n blessitse informele woonkamp stem net omdat ek naby ene woon nie.

Anoniem ·

Dié wat nie stem nie, se stemme tel vir ANC. Dink aan jul kinders en kleinkinders se toekoms.

DMC de Koker ·

Net as jy geregistreer is en nie stem nie. Nie as jy glad nie geregistreer is nie; dan kan jou stem nie pro rata verdeel word onder die partye nie.

Paul ·

DMC de Koker, mense wat geregistreer is en nie stem nie, se stemme word nie “pro rata verdeel onder die partye” nie. Sjoe, waar kom jy daaraan?

As daar 100 mense is, waarvan 90 geregistreer is en op die ou end gaan stem net 70 van die mense, dan word die persentasies slegs uit die 70 uitgewerk – die 20 geregistreerdes wat nie gestem het nie en die 10 ongeregistreerdes word nêrens ingereken nie.

Dis soms eintlik skrikwekkend om te sien hoeveel foutiewe idees mense het oor die stemproses.

Uit die Ooste ·

Anoniem jou redenasies is totaal verkeerd. Stem jy nie tel dit as n zero stem logies ne.

Lee ·

Mense met so attitude om nie te wil stem nie moet dan liewers ook nie moan oor wat in die land aangaan nie. Elke stem tel.

BoereBikerBaby ·

Ek stem ten volle saam met jou Lee. Die mense wat nie stem nie is die wat die meeste kla. En as die bevolking nie saamstaan nie, hoe sal die land ooit reggeruk word deurom vir die regte party te stem…

Die swart mense registreer en stem, hoekom kan die ander mense nie ook nie, as die wittes ophou met hul arrogante houding en saamstaan as volk, dan sal die land ook a beter plek wees. Mense se stemme tel, en saam sal ons die land weer respekteerbaar maak.

Julius ·

Alle stemgeregtiges se stem tel al is jy nie gerigistreer nie. ‘n verlore stem vir die opposisie is een meer vir die regerende party en een minder vir die opposisie. Dit is maar net logika. Gaan registreer asseblief en stem vir die opposisie. Ons toekoms hang daarvan af.

Paul ·

Jy moet maar weer dink.
Hier is hoe dit werk:
As daar 100 mense is, waarvan 90 geregistreer is en 50 van hulle stem vir Party A en 30 van hulle stem vir Party B en 20 van hulle stem nie, dan is die persentasie wat Party A kry gelyk aan 50 gedeel deur 80 (d.w.s. 62,5%) en die persentasie wat Party B kry is 30 gedeel deur 80 (d.w.s. 37,5%).
Die 20 mense wat nie gestem het nie, se stemme “tel” nêrens nie, of hulle nou geregistreer is of nie.

Die opposisiepartye hou daarvan om te sê: “As jy nie stem nie, is dit ‘n stem vir die ANC!” maar dis snert.

vermeende ·

En hier klim al die DA mensies nou uit hulle kassies uit……..NEE BAAS EK STEM NIE.

Marous ·

Hoe stem jy vir ‘n party waarin jy nie glo nie ? Is dit nie mense se reg om buite stemming te bly eerder as om ‘n protes stem uit te bring bloot om opposisie te bevoordeel wie se beleid strydig is met jou beginsels nie? Die politici het al in die vorige bedeling mense naar gemaak met hulle leuens en vals beloftes. Dis nie net eie aan SA nie maar wereldwyd dat mense polities voos is. Die opvatting dat as ek nie stem nie , ek nie mag kla nie is verdraaid. Ek het geen aandeel gehad om die mense wat hierdie land vernietig het in hul posisies te kry nie. My belasting geld word aangewend om hulle lewenstyl te onderhou…en dit gee my die volste reg om te kla so hard ek wil.

john ·

Hierdie datum is baie “slim” gekies, almal gaan weg vir ‘n langnaweek, so die stemlokale gaan nie aftrek kry nie…

Caroline ·

Wat se lang naweek is daar in Aug? Die vakansie dag val op die 9de die volgende dinsdag eers?

Jourdan ·

As daar 10 mense is en 5 stem, 3 vir ANC en 2 vir die Opposisie , dan wen die ANC, as 2 van die draadsitters stem, Dan wen die opposite 4 teen 3, Nou regeer die opposisie, dit is login dat n geen stem die huidige meerderheid be voordele, ek het hierdie beginsel in Graag 2 geleer

M A ·

Ek dink persoonlik dat mens jou stemreg moet verdien. Hoekom moet misdadigers in tronke kan stem? Hoekom moet onopgevoedes wat nie n bydrae tot die land maak nie, kan stem? Vir my part, dink ek nie mense onder 30 weet genoeg van die lewe om n goed deurdagte stem-besluit te maak nie. Dis nou maar net my la-la-land. Die politici sal nooit so iets toelaat nie. Hahaha.

Esmarie Pretorius ·

Ek stem saam, net belasting betalers mag stem, niemand anders nie.

Johann Marx ·

‘n Beter stelsel sou gewees het “Een Man Een Stem”…..maar as jy R100 000 of meer per jaar aan belasting betaal “Een Man Twee Stemme”….en vir elke R50 000 meer…”Een Man Drie Stemme”….en so aan en so aan en so aan. Hoe harder jy werk en hoe meer belasting jy betaal, hoe meer gewig dra jou stem….

Francois ·

Vir elke nie stem, moet daar twee ekstra stemme gebruik word om dit te natruliseer. Dit is jou etiese plig om te stem

Oom Kalahari ·

Nou vir wie moet mens deesdae dan stem as alles so in ‘n chaos is en elkeen se beleid maar dieselfde is. Ek en ou wederhelf is al te oud en sieklik om vir so lank in daardie langere toue te gaan staan en die ou bene en hart wil mos maar nie meer nie. Ons is geregistreer, maar ai om so in die toue vir 4-5 ure te staan in daai warm son is nie meer vir die ouer garde nie.

Johann Marx ·

Oom Kalahari? Vat ‘n rystoel, kry ‘n kruk, stop die antie op dat sy pregnant lyk…..dan vat hulle jou in ‘n spesiale ry waar daar nie ‘n ry is nie….en in 5 minute is jy terug oppad huistoe. Ek verhuur rystoele en krukke vir daardie dag….waar bly oom?

Joann ·

My liewe mede afrikaners help my,vir wie moet mens stem as al die partye maar fishy is? Ek vertrou regtig nie een van hulle nie.

neelsie ·

Stem vir jou eie mense–VF+
Enigste wat mens kan vertrou

Ww ·

As jy nie stem nie is dit dat jy ‘n ANC ondersteuner is moenie skaam wees om dit te sê of te erken teenoor jou vriende of familie

BoereBikerBaby ·

Mense moet saamstaan en gaan stem. As ek so met my kliente gesels van die Kaap hoor ek net hoe mooi is als daar omdat die DA omsien na die paaie ens. Ek se nie julle moet vir hul stem nie, maar almal moet, want saam sal ons die land hopelik weer leefbaar kan maak vir almal. HOU OP ARROGANT WEES EN STAAN SAAM. GAAN STEM, DIT TEL!

hans brits ·

Steve baklei sy allie af en die draadsitters weier om te help, terwyl die bose magte ons mense op hul plase uitmoor.Die minste wat ek kan doen is om te stem en waar ek ookal gaan om mense te oorreed om te stem.Dis beter om deel te neem as om n toeskouer te wees.Ek moet se,ek is n gerehabiliteerde draadsitter.Komaan, mense maak n verskil deur te stem.

Groot Boer ·

Ek lees die kommentare dan sug ek!….
Wat is vout met julle?…. WIE en vir WAT stem???….
Wat leer Die Woord ons?, hoekom LUISTER julle nie?
Waarom dink julle nog aan n stem vir n verkrampte land waar die bose heers? ….. Waarom Stem julle nie vir n Almagtige Vader wat ons enigste Hoop is nie?
Kom ek raai?…. baie van julle, buig die knieg voor ons Aller Hoogste maar nou wil julle nie knieg gaan buig voor n stembus!
DIS WAAROM ONS VOLK GESTRAF WORD, BLY WEG VAN DIE BOSE AF.!
EN KEER TERUG NA VADER!

Tarina Marais ·

Ai… my hart gaan uit na jou!
Ons maak nie ‘n fout (nie v) deur te stem nie!
Dit is juis die gelowiges wat weet dat wanneer ons in gebed met God praat hy ons gebede verhoor, en daarom die verwikkelinge die afgelope tyd in die regering.
Dit bly egter my as Christen se plig om deur gebed, en my nugtere verstand te gebruik wat God my gegee het en WEL te gaan stem.
God is reeds besig , en ons moet ons deel bly doen!
Gaan lees gerus Sagaria 10:3 en Ps 88: 9,10.
Die magte wat ons stry is nie teen MENSE nie – maar as Christen behoort jy dit duidelik te weet!

Theuns ·

Ek is bly daar is ‘n datum aangekondig. Maar dit is n truuk van Zuma wat die Opposiesie as n weerlig afleier moet besig hou sodat hulle nie hulle aandag by die sake van die dag, soos om Zuma uit sy pos uit te kry nie bepaal nie. Ek twyfel egter of dit sal plaasvind vir die volgende redes en of dit vry en regverdig sal wees! 1)Die ANC wen nie verkiesings hulle bekook verkiesings A La Zimbabwe styl. Onthou die ANC stel die waarnemers, vrywilligers en amptenare wat die tel werk doen ens aan. Die OVK het ook 5 permanente Kommissarise wat deur die President aangestel word. Die Internasional Waarnemers is ook vriende van die ANC en Zuma. 2)Julle kan seker wees dat Des van Rooyen klaar sy instruksies van Zuma gekry het hoe om die verkiesings te bekook! 3) Die OVK het oor ‘n tydperk van 21 jaar nagelaat om die verkiesings rolle te onderhou en is in ‘n gemors. Die adresse is moedswillig uitgelaat sodat mense van ander gebiede aangery kan word en buitelanders ook kan stem! Die OVK het klaar gese dat dit jare gaan neem om dit reg temaak en as die stemmery ontaard in ‘n gemors en geweld kan die verkiesings altyd uitgestel word. Of ons nou stem of nie die ANC en Zuma bly in beheer. My aanbeveling is GAAN STEM!! Miskien gebeur daar ‘n WONDERWERK. Die HERE help ons.

Joann ·

Hier waar ek woon,kirkwood werk elke keer met registrasie en verkiesings net ander kleuriges by lokale. Hier is baie blankes wat ook die geld nodig het.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.