Bantu Holomisa, leier van die UDM, sê opposisiepartye het Tlakula tot Maandag gegee om aan hul eis gehoor te gee en te bedank. Hy sê Tlakula het nog nie reageer nie en dit wys “hoe arrogant” sy is. Opposisiepartye het vroeër gesê hulle is bekommerd oor die geloofwaardigheid van 7 Mei se verkiesing waarna die partye met die bestuur van die OVK vergader het. Die partye wat eis dat Tlakula moet bedank is die UDM, ACDP, Cope, Agang SA en die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF).
ʼn Herrie het om Tlakula se kop losgebars nadat ʼn forensiese ouditverslag van PricewaterhouseCoopers (PwC) bevestig het dat sy betrokke was by ʼn gekonkelry om ’n nuwe kantoor vir die OVK te bekom. Die tesourie het PwC opdrag gegee om ʼn verslag op te stel nadat Thuli Madonsela, openbare beskemer, vroeër bevind het dat Tlakula verkeerdelik opgetree het.
Arrogant en dikvellig. Hoe kan sy dien as beleërde voorsitter, terwyl haar integriteit,ens. onder verdenking is.
SY MOET BEDANK ! Dis die regte ding om te doen.
Sy is seker so gebrein spoel deur die korupte beamptes dat sy net dollers sien te he’ll met die wat nie ANC wil stem sy sal seker maak alles sal reg verloop anders sit sy sonder werk want as jy nie n ANC is nie gaan jy nerens werk kry. So word daar gese alles gaan forhelle