Verkiesingshof sê oor NFP-aansoek

Zanele Magwaza-Msibi, NFP-leier en adjunkminister van wetenskap en tegnologie (Foto: NFP)

Zanele Magwaza-Msibi, NFP-leier en adjunkminister van wetenskap en tegnologie (Foto: NFP)

Die verkiesingshof het Vrydag uitspraak gelewer oor die National Freedom Party (NFP) se tweede aansoek om aan die munisipale verkiesing op 3 Augustus deel te neem.

Die hof het beslis dat die aansoek van die hand gewys word.

Daar is geen bevel gelewer wat kostes betref nie. Die verkiesingshof het aangedui dat hy later sy besluit sal kwalifiseer.
Maroela Media het vroeër berig die party het die verkiesingshof Vrydag vir ʼn tweede keer probeer oorreed dat dit aan volgende week se munisipale verkiesing mag deelneem.
Die party is vroeër gediskwalifiseer om aan die verkiesing deel te neem nadat hy nie teen 2 Junie die nodige registrasiegeld aan die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) betaal het nie. Die NFP het hierna die verkiesingshof genader maar sy aansoek is van die hand gewys.

Die NFP het gesê dit is voormalige werknemers se skuld dat die registrasiegeld nie betyds betaal is nie. “Ons is van mening dat die uitsluiting van die NFP van die munisipale verkiesing onregverdig sal wees, aangesien 1,2 miljoen ondersteuners van die party nie hul grondwetlike reg om te stem sal kan uitoefen nie,” het Bheki Gumbi, die party se waarnemende nasionale voorsitter, gesê.

Lees alle vorige berigte oor die NFP op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.