Verkiesingshof sê Tlakula moet gaan

Pansy Tlakula. Foto: eNCA

Pansy Tlakula. Foto: eNCA

Die verkiesingshof het Woensdag aanbeveel dat Pansy Tlakula, voorsitter van die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK), uit haar amp verwyder moet word.

Regter Lotter Wepener het in ʼn geskrewe uitspraak gesê die hof beveel aan dat ʼn komitee van die Nasionale Vergadering die feite, mening en gevolgtrekkings van die hof moet aanvaar. Hy het gesê die hof het bevind Tlakula is skuldig aan wangedrag wat haar ontslag uit haar amp regverdig.

Die hof het Tlakula ondersoek nadat verskeie opposisiepartye ʼn aansoek ingedien het en waarin haar bedanking voor die verkiesing geëis is. Die ondersoek is tot ná die verkiesing uitgestel.

Die partye het geëis dat Tlakula bedank, aangesien haar integriteit bevraagteken word. Die Nasionale Tesourie het ʼn forensiese ondersoek van stapel gestuur oor die aanskaffing van die OVK se Riverside-kantoorparkgebou in Centurion, Pretoria. Die ondersoek het bevind die proses was nie regverdig, deursigtig of koste-doeltreffend nie. Die ondersoek het ook bevind dat Tlakula nie leiding gegee het of verskeie persone formeel in kennis gestel het wat van hulle in die proses verwag word nie.

Tlakula het volgehou dat sy nie in die verslag van korrupsie beskuldig is nie.

Die Tesourie het die ondersoek versoek ná ʼn aanbeveling deur die Openbare Beskermer in haar eie verslag oor die kwessie wat in Augustus 2013 vrygestel is. – SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Conrad ·

Ja, dit is so tipies. Dank die af wat hulle werk reg doen. Dit is die mentaliteit van die huidige regering. Hoekom die daar hou wat die wat wil akkies aanvang, wil uitvang.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.