Verkiesingskoors eis tol onder politici

Argieffoto: isdei.blogspot.com

Spanning neem tans in alle politieke partye toe namate die finalisering van kandidaatlyste nader kom en politici algaande meer bekommerd raak oor of hulle plekke op hul partye se lyste hoog genoeg gaan wees om tot die volgende verkiesing vir hulle ’n inkomste te verskaf.

Die voorsitter van die DA se federale dagbestuur, die deurwinterde politikus James Selfe, noem dit “electionitis”, wat ons seker in Afrikaans as verkiesingskoors kan vertaal.

Simptome is verhoogde angs by politici, ’n skielike werkywer, behoefte aan mediadekking en verhoogde profiel by selfs die mees beteuterde openbare verteenwoordiger, die ontstaan van ’n duisternis nuwe partye en ’n geneigdheid by politieke partye om tot die laaste oomblik te wag voor hulle kandidaatlyste finaliseer.

Die rede daarvoor is baie menslik en verstaanbaar – die tyd het geleer dat politici se ywer om vir die party stemwerwery te doen, regstreeks afneem as hulle meen hulle is nie hoog genoeg op die kandidaatlys om suksesvol verkies te word en dus van ’n inkomste verseker te wees nie. Partye wag dus tot op die nippertjie om die maksimum aantal mense as werkers te behou en die minimum oorlopery te hê van aspirerende politici wat meen hul onverkiesbare posisies op kandidaatlyste beteken dat hulle nie na waarde geskat word deur hul politieke partye nie, en dus hul heil elders soek.

Elke politieke party het sy eie reëls oor hoe kandidaatlyste gefinaliseer en opgestel word. Gewoonlik is daar breedweg twee fases, naamlik om eerstens die lede op grondvlak ’n inset te gee en tweedens om dan aan die leierskap van die party die geleentheid te gee om die lyste aan te pas – wat in die praktyk beteken die grondvlak-inset word genegeer.

Kiesers sal teen hierdie tyd baie sinies ingestel wees teenoor “electionitis” of verkiesingskoors onder politici, en sal weet: die enigste genesing is die harde werklikheid van ’n verkiesingsuitslag wat diegene wat in eiewaan aan ’n ernstige aanval van verkiesingskoors ly, vinnig en hard aarde toe bring.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Botterblom ·

Dit die probleem waarmee onderwysers al jare sukkel by kinders…. berei voor sodat als nie op nr 99 moet geskiet nie…. Ek nie ‘n onderwyser nie, maar in my werk besef ek vooruitbeplanning, strategiese bewegings ens. is van kardinale belang. Ek moet sê ek glad nie ‘n EFF aanhanger nie, maar hulle het Malema gepoets en gebruik elke situasie, al wat die ander partye doen is verdedig en bontstaan. Hulle vat aan die slaap gevang. Toe Malema so eweskielik uit die kollig verdwyn, moes elke politieke kenner geweet het, hulle werk aan fyn beplanning… Dalk ons narsistiese lewenstyl wat ons laat twit, en fb en ons denkwyse inkort…. Begin buite die boks kyk met oop oë…. Die DA koukus, moet oorsese kundiges inkry, soos Trump. Almal kan hom afbreek, maar stategie is deel van sy ding…

Henry ·

As ek so oor die afgelope paar jaar na die parlement sittings gekyk het kan ek nie my self in dink dat sulke klomp electionitis in die beheer van ons land is nie. Maar dit maak die bevolking van die land net so onnosel om te dink dat ons hulle in beheer hou. As jy dom is sal jy sukkel. Ek dink dis tyd dat ons n plan moet uit werk om die land op die regte pad te kry . Maar hierdie politieke games en gemors kan nie so aan gaan nie.

Henry ·

Dit is baie skrikwekkend om te dink dat hierdie ” electionisist ” in beheer is van n land. Ons moet almal mal wees om toe te laat dat sulke krimmenele ons beheer en soveel mag oor ons het.

A Mac ·

Natuurlik sal verkiesingskoors sy tol eis. Almal, of moet ek (as kieser) eerder sê dat soveel kandidate as moontlik die resies wil wen om aan die nimmereindige pot van geleenthede, korrupsie en bittermin opregte eerlikheid en werksetiek te gaan eet.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.