Verkiesingsuitslae amptelik aangekondig

Die verkiesingsuitslae is Saterdag (11 Mei 2019) amptelik deur die OVK by die uitslagsentrum in Pretoria aangekondig. (Foto: Twitter via @SAgovnews)

Ondanks eise dat die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) die aankondiging van die verkiesingsuitslae moet uitstel totdat ʼn onafhanklike oudit gedoen kan word, is die uitslae van die sesde nasionale demokratiese verkiesing Saterdagaand amptelik geproklameer.

Glen Mashinini, voorsitter van die OVK, het verklaar dat die verkiesing vry en regverdig was. Hy het daarna die uitslae van die verkiesing aangekondig.

Sy Mamabolo, die hoofverkiesingsbeampte, het aan die gehoor gesê die OVK is bewus daarvan dat daar die afgelope paar dae “’n negatiewe gesprek geheers het oor geïsoleerde voorvalle waar ons stelsels, prosesse en mense dalk nie perfek gewerk het nie”.

“Daar is egter ʼn storie wat minder oorvertel is. ʼn Storie van 18 miljoen kiesers wat doeltreffend, maklik en eerlik aan ʼn verkiesing deelgeneem het. ʼn Storie van verkiesingsbeamptes wat dag en nag gewerk het om ʼn vry en regverdige verkiesing te verseker, en seker te maak dat stembriewe vinnig getel is,” het hy gesê.

Mamabolo het verwys na die uitslae van ʼn peiling wat onder kiesers gedoen is en wat toon dat 96% van deelnemers meen die verkiesing was vry en regverdig, 97% meen die stemproses was maklik om te verstaan en 88% meen die stemlokale was maklik toeganklik vir gestremdes en bejaardes.

“Hierdie verkiesing was die mees komplekse, hoogs betwiste en logisties uitdagendste verkiesing in ons geskiedenis as ʼn land en ʼn instelling [OVK]. Dit is ons opregte vertroue dat ons uit hierdie verkiesing sterker tree– sterker as ʼn volk en sterker as ʼn land.”

Die uitslae is as volg aangekondig:

Die verkiesingsuitslae is Saterdag (11 Mei 2019) amptelik deur die OVK by die uitslagsentrum in Pretoria aangekondig. (Foto: Twitter via @SAgovnews)

Veertien politieke partye sal oor die volgende vyf jaar in die nasionale vergadering verteenwoordiging hê:

Aljama: 1 setel
PAC: 1 setel
African Independent Congress: 2 setels
African Transformation Movement: 2 setels
Cope: 2 setels
Good: 2 setels
UDM: 2 setels
National Freedom Party: 2 setels
ACDP: 4 setels
VF Plus: 10 setels
IVP: 14 setels
EFF: 44 setels
DA: 84 setels
ANC: 230 setels

Die volgende politieke partye sal vir die volgende vyf jaar in die onderskeie provinsiale wetgewers verteenwoordiging hê:

Oos-Kaap:

ATM: 1 setel
VF Plus: 1 setel
UDM: 2 setels
EFF: 5 setels
DA: 10 setels
ANC: 44 setels

Vrystaat:

VF Plus: 1 setel
EFF: 4 setels
DA: 6 setels
ANC: 19 setels

Gauteng:

ACDP: 1 setel
IVP: 1 setel
VF Plus: 3 setels
EFF: 11 setels
DA: 20 setels
ANC: 37 setels

KwaZulu-Natal:

ATM: 1 setel
ACDP: 1 setel
Minority Front: 1 setel
National Freedom Party: 1 setel
EFF: 8 setels
DA: 11 setels
IVP: 13 setels
ANC: 44 setels

Die verkiesingsuitslae is Saterdag (11 Mei 2019) amptelik deur die OVK by die uitslagsentrum in Pretoria aangekondig. (Foto: Twitter via @SAgovnews)

Limpopo:

VF Plus: 1 setel
DA: 3 setels
EFF: 7 setels
ANC: 38 setels

Mpumalanga:

VF Plus: 1 setel
DA: 3 setels
EFF: 4 setels
ANC: 22 setels

Noordwes:

VF Plus: 2 setels
DA: 4 setels
EFF: 6 setels
ANC: 21 setels

Noord-Kaap:

VF Plus: 1 setel
EFF: 3 setels
DA: 8 setels
ANC: 18 setels

Wes-Kaap:

Aljama: 1 setel
VF Plus: 1 setel
ACDP: 1 setel
Good: 1 setel
EFF: 2 setels
ANC: 12 setels
DA: 24 setels

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

101 Kommentare

jongste oudste gewildste
Cherokee

10 Setels!!! Hierop drink ek ‘n drankie! Dankie Maroela, dat julle dit op ‘n Saterdagaand afkondig. Hierop drink ek ‘n drankie… en vir die wat wil remark oor die vorige twee, dit was ‘n heildronk op die vorige uitslae. En.. wag laat ek weer kyk… dit is net in Natal wat ons bôggerol setels het. (ek woon hier) Ons is verteenwoordig is die hele land. Pieter Groenewald, mag God jou lei!

Rina Strydom

Dankie tog die DA het die Wes-Kaap behou. Skoon state, skoon dorpe, geen riool in state, uitstekende vullis verwydering. Die binneland, veral Potchefstroom waar ons baie besoek, lyk die dorp elke keer slegter. Die strate lyk al hoe meer Derde werelds…

Karolis

Glen en Sy, stel dit dan dat die koerante en die radiostasies met leuens vorendag kom wat betref die ongerymdhede soos beweer.
Ek is absoluut verbaas en verstom.

Gert van Wierdapark

Dis bakgat dat die OVK “dag en nag” gewerk het, maar dis sekerlik in skofte gedoen en hul word in elk geval baie goed vergoed vir die “onbaatsug-tige” diens. Dis nie as of hul die kiesers n guns bewys om dit te doen nie.

Annie Webb

Ek is steeds dankie-bly ek bly in die Wes-Kaap. Die DA het puik regeer tot nou toe en kan so voortgaan. Die res van die land moet maar aansukkel met die ANC, tot hulle eendag bykom en DA stem. Ek stem saam met die ontleder van UWK wat meen die DA is buitensporig gestraf vir onbenullige “oortredings” en ek kan byvoeg danksy die VF+ wat ‘n vete teen die DA gevoer het om Afrikanerstemme te wen. Dieselfde ontleder meen dis jammer die uiterstes, ver-links EFF en ver-regs VF+, het stemme afgerokkel van die meer gematigde partye, want dit dui op… Lees meer »