Verkiesingsuitslae amptelik aangekondig

Die verkiesingsuitslae is Saterdag (11 Mei 2019) amptelik deur die OVK by die uitslagsentrum in Pretoria aangekondig. (Foto: Twitter via @SAgovnews)

Ondanks eise dat die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) die aankondiging van die verkiesingsuitslae moet uitstel totdat ʼn onafhanklike oudit gedoen kan word, is die uitslae van die sesde nasionale demokratiese verkiesing Saterdagaand amptelik geproklameer.

Glen Mashinini, voorsitter van die OVK, het verklaar dat die verkiesing vry en regverdig was. Hy het daarna die uitslae van die verkiesing aangekondig.

Sy Mamabolo, die hoofverkiesingsbeampte, het aan die gehoor gesê die OVK is bewus daarvan dat daar die afgelope paar dae “’n negatiewe gesprek geheers het oor geïsoleerde voorvalle waar ons stelsels, prosesse en mense dalk nie perfek gewerk het nie”.

“Daar is egter ʼn storie wat minder oorvertel is. ʼn Storie van 18 miljoen kiesers wat doeltreffend, maklik en eerlik aan ʼn verkiesing deelgeneem het. ʼn Storie van verkiesingsbeamptes wat dag en nag gewerk het om ʼn vry en regverdige verkiesing te verseker, en seker te maak dat stembriewe vinnig getel is,” het hy gesê.

Mamabolo het verwys na die uitslae van ʼn peiling wat onder kiesers gedoen is en wat toon dat 96% van deelnemers meen die verkiesing was vry en regverdig, 97% meen die stemproses was maklik om te verstaan en 88% meen die stemlokale was maklik toeganklik vir gestremdes en bejaardes.

“Hierdie verkiesing was die mees komplekse, hoogs betwiste en logisties uitdagendste verkiesing in ons geskiedenis as ʼn land en ʼn instelling [OVK]. Dit is ons opregte vertroue dat ons uit hierdie verkiesing sterker tree– sterker as ʼn volk en sterker as ʼn land.”

Die uitslae is as volg aangekondig:

Die verkiesingsuitslae is Saterdag (11 Mei 2019) amptelik deur die OVK by die uitslagsentrum in Pretoria aangekondig. (Foto: Twitter via @SAgovnews)

Veertien politieke partye sal oor die volgende vyf jaar in die nasionale vergadering verteenwoordiging hê:

Aljama: 1 setel
PAC: 1 setel
African Independent Congress: 2 setels
African Transformation Movement: 2 setels
Cope: 2 setels
Good: 2 setels
UDM: 2 setels
National Freedom Party: 2 setels
ACDP: 4 setels
VF Plus: 10 setels
IVP: 14 setels
EFF: 44 setels
DA: 84 setels
ANC: 230 setels

Die volgende politieke partye sal vir die volgende vyf jaar in die onderskeie provinsiale wetgewers verteenwoordiging hê:

Oos-Kaap:

ATM: 1 setel
VF Plus: 1 setel
UDM: 2 setels
EFF: 5 setels
DA: 10 setels
ANC: 44 setels

Vrystaat:

VF Plus: 1 setel
EFF: 4 setels
DA: 6 setels
ANC: 19 setels

Gauteng:

ACDP: 1 setel
IVP: 1 setel
VF Plus: 3 setels
EFF: 11 setels
DA: 20 setels
ANC: 37 setels

KwaZulu-Natal:

ATM: 1 setel
ACDP: 1 setel
Minority Front: 1 setel
National Freedom Party: 1 setel
EFF: 8 setels
DA: 11 setels
IVP: 13 setels
ANC: 44 setels

Die verkiesingsuitslae is Saterdag (11 Mei 2019) amptelik deur die OVK by die uitslagsentrum in Pretoria aangekondig. (Foto: Twitter via @SAgovnews)

Limpopo:

VF Plus: 1 setel
DA: 3 setels
EFF: 7 setels
ANC: 38 setels

Mpumalanga:

VF Plus: 1 setel
DA: 3 setels
EFF: 4 setels
ANC: 22 setels

Noordwes:

VF Plus: 2 setels
DA: 4 setels
EFF: 6 setels
ANC: 21 setels

Noord-Kaap:

VF Plus: 1 setel
EFF: 3 setels
DA: 8 setels
ANC: 18 setels

Wes-Kaap:

Aljama: 1 setel
VF Plus: 1 setel
ACDP: 1 setel
Good: 1 setel
EFF: 2 setels
ANC: 12 setels
DA: 24 setels

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

101 Kommentare

Cherokee ·

10 Setels!!! Hierop drink ek ‘n drankie! Dankie Maroela, dat julle dit op ‘n Saterdagaand afkondig. Hierop drink ek ‘n drankie… en vir die wat wil remark oor die vorige twee, dit was ‘n heildronk op die vorige uitslae. En.. wag laat ek weer kyk… dit is net in Natal wat ons bôggerol setels het. (ek woon hier) Ons is verteenwoordig is die hele land. Pieter Groenewald, mag God jou lei!

Archie ·

Wow, nou wat gaan hulle met 10 setels uitrig? Die land oorneem?

Derek ·

Nog n boer,wat nie kan feesvier sonder sy drank nie,hmmm…cherokee? Siestog…

Daleen ·

Mapstieks oom safari pak! Sommer gou stewige 10 drankies vir jou geweldige baie 10 setels jong!!!

Pieter du plessis ·

Cherokee,dit is jou reg en voorreg geniet dit ek stem ons word nou verteenwoordig en sal sterker word,cheers

Abe ·

Cherokee,
Mens kan maar net 100% saamstem met jou. Daar gaan hy! Cheers! Lekker!

Rina Strydom ·

Dankie tog die DA het die Wes-Kaap behou. Skoon state, skoon dorpe, geen riool in state, uitstekende vullis verwydering. Die binneland, veral Potchefstroom waar ons baie besoek, lyk die dorp elke keer slegter. Die strate lyk al hoe meer Derde werelds…

Weskusklong ·

Rina, ek is ook dankbaar ek woon in die Kaap. Die binneland sal my nooit weer sien nie.

Judge Dredd ·

Die ANC en EFF ondersteuners kom vir julle provinsie.
Julle moet asseblief onthou om samewerkend en versoenend teenoor hulle op te tree.
Veral nadat hulle die grondwet verander en ‘n paar eiendomme sonder vergoeding gevat het.

San ·

Het ń week terug deur Wolmeranstad gery. Absoluut skokkend. Wat eens ‘n pragtige plattelandse dorp was, is nou ‘n rommelbesaaide varkhok. Die hoofstraat het soveel slaggate dat hulle net sowel die teer kan verwyder en ‘n dit ń grondpad maak. Glo nie dit gaan veel verander, want ANC in Noordwes in beheer.

Karolis ·

Glen en Sy, stel dit dan dat die koerante en die radiostasies met leuens vorendag kom wat betref die ongerymdhede soos beweer.
Ek is absoluut verbaas en verstom.

Cobus ·

Karolis hulle bou huiie lewe op sensasie as daar nie is Dan ‘ create’ jy. dit

Gert van Wierdapark ·

Dis bakgat dat die OVK “dag en nag” gewerk het, maar dis sekerlik in skofte gedoen en hul word in elk geval baie goed vergoed vir die “onbaatsug-tige” diens. Dis nie as of hul die kiesers n guns bewys om dit te doen nie.

Cherokee ·

Kry ons pay en ‘n dankie of net pay? Beredeneerbaar nè.

Filipolis ·

Wat’n bakleiery onder ons Afrikaner volkie. Kommentaar eerder oor die berig as om mekaar aan te vat. Gaan ons ooit leer om saam te staan.

Annie Webb ·

Ek is steeds dankie-bly ek bly in die Wes-Kaap. Die DA het puik regeer tot nou toe en kan so voortgaan. Die res van die land moet maar aansukkel met die ANC, tot hulle eendag bykom en DA stem. Ek stem saam met die ontleder van UWK wat meen die DA is buitensporig gestraf vir onbenullige “oortredings” en ek kan byvoeg danksy die VF+ wat ‘n vete teen die DA gevoer het om Afrikanerstemme te wen. Dieselfde ontleder meen dis jammer die uiterstes, ver-links EFF en ver-regs VF+, het stemme afgerokkel van die meer gematigde partye, want dit dui op groter verdeling en radikalisering. Maar ons DA-ondersteuners hier in die Wes-Kaap kla niks, ons het gewen. Ten spyte van auntie Pat en die busvragte ANC-stemmers wat hoe lank al aangery word.

Ania ·

Ag asseblief. VF+ is beslis nie ver regs nie. Mense wat dit beweer het geen idee wat ver regs is nie. Ons is nie ver regs net omdat ons lief is vir Afrikaans en eerder verkies om ‘n party wat Christelike waardes aanhang te ondersteun nie.

Leon ·

Annie, die VF+ het weereens bewys: Teer op mense se vrese, bekommernisse en frustasie, en dan het jy ‘n verkiesings strategie. Die VF+ het dit goed gedoen, maar daar is weinig wat hulle nou kan bied. Die oormag is net te groot en die VF+ sal stoom verloor.

Cherokee ·

Snaaks Anna Webb, dat jy tjoepstil bly oor Elana Barkhuizen. Dat jy haar naam nie eens noem nie.

Ruiklont ·

Leon & Anie.; die meeste van die wat VF gestem het is God vresend, dus glad nie bang vir mense of die bose nie. Verberg eerder intelegensie as om opmerkings van ver regs te maak.

Andreas ·

Cherokee, ek heyt nou aal ‘n dop op ellke sjetel van die VF+ gedrink, en dtoe net om seker te maak ek het reg getel herhaal ek dit, toe skink ek tien op ‘n onbekende paersoon met die naam Elana, want toe soek ek net erg rede om te vier, en ek sien toe daar is nog oor en toe skink ek nog tien op jou.

Andreas ·

Annie Webb, die DA het nou al vir jare die Afrikaner geleen, die Afrikaner het dit nou besef en is besig om terug huis toe te keer na die VF+ toe, hierdie jaar was die begin van die Nuwe Groot Trek, terug na waar hulle hoort. In die Wes-Kaap was die reaksie nog maar eina, maar daar wag groot ontnugtering vir die DA met die volgende verkiesing.

Dawid ·

Ja,Annie Webb,nou laat jy die spul straat kêffertjies weer vry op jouself..!!?

Johan ·

Mens moet altyd onthou dat nie almal soos jy dink en voel nie. Die linkse DA is nie vir almal aanvaarbaar nie en die linkse EFF en regse VF+ ook nie. My punt is, wees bietjie meer verdraagsaam teenoor kleiner partye. Ek is seker daarvan sou die VF+ die wes kaap kon kry met n meerderheid, hulle n baie beter werk sou verrig, maar weereens, dis maar net my opinie.

Hannetjie ·

Baie goeie nuus dat VFPlus 400,000 stemme kon kry.Dit is wel elke burger se reg om te stem vir wie hy wil en te hoop dat aan sy verwagtinge voldoen sal word. Daar is wel nog mense wat kwaak oor die afskuwelike manier van hoe die regering die land ten gronde bestuur..dan stem hulle steeds nie reg nie.Kom laat ons hande vat en saam ‘n verskil maak.

Dries du Toit ·

Cherokee. Annie Webb sal jou nie antwoord nie. EK SAl. Daardie selfde DA jeugleier wat vir Elana Barkhuizen so vervloek en verguis het is deur die DA vergoed en hoog op hulle kandidate lys gesit. Hy gaan nou in die parlement sit

Boerboel ·

@Cherokee ek het al so paar saam met braai vleisie gevat. Ek het geskat op 8 maar Tien. Dis baie goed. Hier by ons in die Oos Kaap het ons net een. Beter as niks .

Cherokee ·

En hier in Natal het ons bôggerol, maar Boerboel, ek juig saam met jou. En ek wil graag herhaal, ons stemme kom uit die enkele blanke Suid Afrikaners *wat nie liberaal gedraai het nie*, so ons het rede om trots te wees.

Cherokee ·

‘geskat op 8 maar 10!’ Setels Boerboel, nie drankies nie! .. :-)))

Rabes ·

Boerboel ja ons het net een maar ons is trots op die een en die hoop beskaam nie vir 2024 nie

CHAPPIES ·

Die dop-en-tjop generasie…wat verlore is sonder hul drank

jaco ·

Die nee-stem in 1992 se referendum was iets soos 900 000 stemme. Maar net 2 jaar later het die Vryheidsfront in 1994 se verkiesing maar 424 555 stemme gekry. In net 2 jaar se tyd is 500 000 mense dus of dood of landuit of almal het vir ander partye gestem. Ek dink nie so nie. BAIE stoere regses sê van toe af vir my “ons stem nie want ons het ons kans gehad. Dis nou ‘hulle’ kans. En so het die VF-Plus se steun met elke verkiesing afgeneem, behalwe nou. Dis ‘n stap in die regte rigting, maar dink net waar kon ons in daardie eerste crucial 5 jaar na 1994 gekom het as 500 000 van ons eie mense ons nie ge-drop het nie.
So al die blaam vir vandag se nonsens in SA is nie net FW en Roelf en die ja-stemmers se skuld nie. Die 500 000 nee-stemmers wat vanaf 1994 wegbly, asook hulle leiers soos Ferdi Hartzenberg en Jaap Marais is maar net so skuldig.

Cherokee ·

Jy kan nie Jaap Marais en ferdi hartzenberg se name in dieselfde asem noem nie. Oom Jaap was ‘n Patriot wat vir die Suid Afrikaner geveg het.

Dries du Toit ·

DAAR GAAN DIE LIBS ALWEER MET DIE 3% PARTY. 3% VAN WAT ???? 3 % VAN MILJOENE VYANDIGGESINDE MENSE. DIT IS NIE ONS MIKPUNT NIE. Ons mikpunt is 75% van die minderheid wat tans onderdruk word. Ons het nou 40%. Behaal My berekening is die volgende
Daar is met die vorige statistieke bepaal daar is 4,5 miljoen blankes in SA. Minstens 500 000 het al geimmigreer. So daar is +- net 4 miljoen blankes in SA.
1.6 milj minderjarige kinders
2.4 milj. Volwasse blankestemgeregtiges
25% het nie geregistreer nie(600 000)
Dit gee jou 1.8 milj wat kan stem. Dan is daar 30% wat ongeag of hulle geregistreer is nie gaan stem het nie(540 000)
Dit gee jou 1.28 milj denkende blankes wat weet dat dit hulle toekoms bepaal om te stem. Hierdie 1.28 miljoen blankes is die enigste deel van die blanke kiesers waarop ons uiteindelik kan staatmaak in die toekoms.( buiten die minderjarige kinders)
Dan kan jy nog die liberale denkers wat vere voel vir sy eie mense en tevrede is om as n minderwaardige burger tussen die massas te verdwyn, aftrek.
Dit gee ons om en by 1miljoen regte afrikaners wat as n volk mag bestaan in die wereld.
41% van hierdie 1milj blankes word nou saamgesnoer onder die VF+,Afriforum,Solidariteit en Helpende hand. Ek wil glo in my beskeie mening dat die blanke besig is om op te staan as n volk

Gert ·

Dankie Dries vir die netjiese som. Ek het ook ‘n soortgelyke een hier gedoen. Wat ek dink nog 2 faktore is om te noem: Eerstens is daar die reuse groep van die 900000 nee-stemmers wat steeds die verkiesings boikot, so mens moet hulle uit die som uithaal, dan styg die VF+ se deel van Afrikaners wat wel gestem het, heelwat. Tweedens lyk dit my bitter min Afrikaners in die Weskaap het vir die VF+ gestem. Dit beteken baie meer binnelandse Afrikaners moes VF+ gestem het om op te maak daarvoor.
Ek bly net sprakeloos oor hoe hatig die DA ondersteuners is op die VF+, hulle het mos hulle Weskaap behou, hoekom gun hulle nie die res van ons om bly te wees oor ons krummels nie?

Anoniem ·

Dries, daar is ‘n fout in jou syfers: die Engels sprekende Blankes stem nie VF+ nie. Jy kan hulle maar uit jou berekening uitlaat. Ongelukkig sal VF+ nooit genoeg stemme kry om ‘n baie groot verandering vir Afrikaans sprekende blankes te bring nie. Self beskikking is ‘n droom- ek kan my nie voorstel dat die regering dit gaan goedkeur en die go-ahead sal gee nie. Oorlog?! Dis malligheid- hoe sal ‘n klein minderheid nou miljoene kan oor win?

Boerboel ·

@Annie Web kry jou feite reg. Wie Vertel jou dat VF + is ver Regs. Tipiese DA . Vat jou onderrok dat Hellen dit vir jou kan stryk. Gee feite . Staaf jou aanmerkings.

CHAPPIES ·

Tipies vf+ kommentaar wat almal hap en byt wat anders dink,ai tog, sal ook nooit grootword nie

Anna ·

Gaan kou n been boerboel en hou op hap en knor vir mense wat verskil van jou,toe!

Adam ·

Annie Webb, jy maak ‘n paar interessante opmerkings. Die verkiesing het ons heelwat geleer. Die ANC sal nooit weer die krag word watdit was nie en as CR nie dar was nie sou hulle veel swakker gevaar het. Tweedens is dit duidelik dat die VF+ nooit meer as 3% van die stemme sal kry nie, tensy hulle meer na die middel beweeg. Die EFF is duidelik nog aan die groei, veral onder die jongspan en die DA se onbeholpe leier (danksy ‘n swak besluit van Zille) beperk hulle groei. Die antwoord is waarskynlik gesetel in ‘n tipe alliansie tussen partye soos die DA, VF+, ACDP ens om ‘n beter politieke aanbod vir gematigde kiesers op die tafel te kry. Intussen sal dit interresant wees om te sien hoe die VF+ se 10 “boksers” in die “kryt” vaar.

Judge Dredd ·

Ek wonder wat ‘n moesie gaan regkry?
O Gaats – nog DA steun verloor.

Adam ·

Judge, ek dink nie met emosie nie. Lees gerus weer en jy sal sien ek is nie ‘n Maimane bewonderaar nie en bepleit juis ‘n sterker opposissie groepering met ‘n beter politieke aanbod, Vir die rekord kan jy gerus gaan kyk wat die DP se steun in 1994 was. Waaroor die VF+ so tekere gaan oor ‘n paar stemme weet nugter. Angus Buchan trek gehore wat meer as dubbeld die totale VF+se steun verteenwoordig en die VF+ het in sy totale bestaan bykans niks vir blankes beteken anders as om nou en dan bietjie geraas te maak nie. Bid jou dit aan; hulle sleep ‘n totaal irrelevante BLF hof toe wat blote swak oordeel ten toon stel.

Gerta ·

Adam, jy verstaan steeds nie die konsep van koalisiepolitiek nie. Ons toekoms is juis in ‘n stelsel met klomp klein partytjies wat koalisies vorm, dit sal die vergrype en magsmisbruik keer soos ons daagliks sien met die DA in die Weskaap en die ANC elders.

Gemaskerde Sopbeen ·

Uiteindelik. Nog ‘n ANC oorwinning….en dit is absoluut fantasties vir Blanke Suid Afrikaners. Ek, vir een, het met hierdie uitslae uiteindelik ontslae geraak van enige emosies of skuldgevoelens oor “apartheid”, en is emosioneel vry. As ek van nou af ‘n swart Suid Afrikaner raakloop wat honger is, werkloos, wat lewe in ‘n boks of in ‘n boom, wat geen opvoeding of opleiding kry nie, wat geen bed in ‘n staatshospitaal kan kry nie, of geen “gratis” huis nie, wat ure moet wag vir ‘n trein, bus of taxi, en moet probeer verstaan hoe die elite politici in weelde leef terwyl hy of sy krepeer…..kan ek met alle eerlikheid besef en weet…DIT IS WAT DIE MEERDERHEID WOU GEHAD HET!! Dit is waarvoor hulle drie dae terug gestem het….en dit is wat hulle vir die volgende 5 jaar gaan ervaar. Ek is uiteindelik vry…..en dis ‘n salige gevoel.

Mariné Lourens ·

Dagsê Rooi

Dankie vir jou kommentaar. Ons vra om verskoning vir die oorsig. Die onderskrif by die foto is gewysig.

Groete
Mariné
nms Maroela Media

Jo B ·

Ek ondersteun ook die VF+ maar die tyd het gekom dat ons na die amptelike opposisie moet kyk en hulle sterk ondersteun…. al is dit die DA. Die ANC het ‘n party nodig om hulle in die bek te ruk as dit nodig is. Die VF+ het nie genoeg ondersteuners om daardie taak te verrig nie. Na my mening moet hulle nou saamspan met die DA, ACDP, COPE en UDM om ‘n sterker opposisie te verseker. Almal wil net sy eie dink doen en dit gaan ons as minderheids partye nog duur te staan kom. Die ANC staan saam al is hulle korrup…. die minderheids partye sit en blaf op die stoep…. word wakker, hulle lag lekker vir ons almal wat minderheids partye ondersteun. Amper vloek ek.

Cherokee ·

Moet nie net jouself verwyt nie. Ons is verraai oor ‘n baie wyer spektrum.

Judge Dredd ·

Saamstaan met wie?
En hoe gaan die saamstaan die ANC/EFF steun enigsins verminder?

Cobus ·

JoBe stem saam VF+ sal dit nooit alleen Kan doen moet saam met DA en COPE een party word see hulle Kan ooreenkoms bereik Dan Kan jy begin jou belange beskerm

anton ·

jaco, dit is ongelukkig duidelik dat jy nie so baie van die politiek af weet as ek so na jou kommentaar kyk nie!!!
Geen wonder ons is waar ons is nie!!!
So hartseer dat baie mense van politiek praat maar eintelik niks daarvan weet nie.

Jerry ·

Opposisie partye moes reeds saam gestaan het. Die ANC en EFF het saam n twee derde meerderheid om die grondwet te verander en die onafhanklike oudit wat dit moontlik sou kon stop gaan nie gebeur nie. Dit sal interresant wees om te sien of opposisie partye nou gaan saam staan of nog steeds nie!

Andreas ·

Hierdie een is vir Annie:

Kyk na die uitslae, om vir die ANC of DA te stem, maak die Afrikaner die agterdeur vir die EFF oop, as julle almal VF Plus gestem het, waar sou hy nie vandag gestaan het nie? Maar genadiglik is daar oor paar jaar weer ‘n verkiesing.

Let wel, ‘n ‘Nuwe Groot Trek’ het sopas vir die Afrikaner begin, weg van die DA af, die VF Plus het sy steun verdubbel, hierdie was nou maar net die begin, terugkyk is daar nie, die DA gaan nog baie van die Afrikaner-stem met die volgende verkiesing verloor.

Rom, rom, rom, die VF Plus kom!

Bianca ·

Voel ook soos julle Adam,Cobus en Jo B!
Dit gaan oor HANDE VAT EN SAAMWERK EN SAAMSTAAN as EEN teen die meerderheid en nié klein verswakte ou keffertjies wat niks op hul eie ooit gaan kan regkry nie!

Therese van Schalkwyk ·

VEELS GELUK aan die VF Plus met die puik prestasie!
‘n Welverdiende 10 setels is die beloning vir deurlopende harde werk en ‘n duidelike, konstante beleid wat vir vergete minderheidsgroepe ‘n stem is in die Parlement.
Minderheidsgroepe wat deur die ANC, sowél as die DA, ignoreer word.
Mag die groter groep stemme nog méér uitrig!

Die Annie Webbs van die lewe se oordrewe venyn teenoor die Vryheidsfront verstom.
As die grootste opposisieparty (DA) se welsyn en groei afhang van ‘n minderheidsgroep se demokratiese ‘swaaistemme’, dan is daardie party in elk geval op wankelende bene.
Die DA het géén groei getoon in dié tyd van absolute waansin onder die ANC nie.
Dis eenvoudig suur druiwe om hulle uiters teleurstellende vertoning op die VF se brood te smeer, en herinner werklikwaar sterk aan ‘Hillary en haar Demokrate’.
Geen tekort aan arrogansie en kortsigtigheid daar nie.

En laastens, die demografie van die Wes-Kaap het meer met die sukses van daardie provinsie te doen as wat altyd erkenning voor gegee word. Go figure …

Therese van Schalkwyk ·

Met verwysing na die DA se geteem oor stem-afrokkeling:
Daar is rede tot wanhoop wanneer eenvoudige konsepte soos ‘eie’ sake en ‘gemeenskaplike’ sake en ‘koalisie-politiek’ nie onder die knie gekry word in ‘n demokrasie nie.
DA 84 setels plus VF 10 is 94 setels.
ANC 230 setels.
Goeiste, met wie raas ons nou, ‘Annie Webb’?

Wanneer ‘n samelewing ook nie kan onderskei tussen ‘letterlik’ en ‘figuurlik’ nie, is daar bitter min salf te smeer. Belese, berese mense se létterlike verstaan van die “Slaan Terug”- veldtog het reeds gewys die wanhoop sit wit aan die walle.

Liewe Genade ·

Mag ons GENADE van BO Ontvang, om vas te staan en te oorleef,teen n sterk twee derde meerderheid,in ons geïsoleerde swak “tarentaal kolletjie mentaliteit” as opisisie…waar ons kolletjie, vir kolletjie gaan “terugveg” en blaf

Gerda ·

Baie amusant dat die binnekring bekgevegte voortduur en cherokee, boerboel en judge dredd is altyd betrokke met dieselfde ou stories en skryfstyl, wat almal aanvat,wat durf verskil v hom/hulle?

Johan ·

Dit is baie lelik van jou om so te sê. Almal het mos n sê, of verwag jy almal moet soos Annie en jy dink? Dit maak nie sin nie.

Connie ·

Vir ingeval jul nie weet nie die D A is nie ‘n christen party nie. Hul is ook voorstaanders van aborsie. Wat van jou gewete as jy vir hul stem.

Sarel ·

SA is ook nie ‘n eksklusiewe Christen land nie, lees die grondwet. Tog bly jy nog hier,

TN ·

Ek neem aan dat jy oorbevolking onder die uiterste armoede voorstaan !?

Jerry ·

Of jy 10 stemme of 84 stemme het, die ANC en EFF het saam n twee derde meerderheid in die parlement en kan dus die grondwet verander. Die realiteit is dat selfs al gaan die VF + DA konstitusionele hof en internasionale hof toe, kan verandering van kolonialisme na sosialisme nie meer gestop word nie. Dit is n jammerte, maar ongelukkig is die realiteit dat die vreugde vure wat brand aan die “slaan terug” en “slaan eerste” kant neerkom op naiewe wensdenkery en gaan dit van korte duur wees! 10 + 84 gaan inderwaarheid in die parlement sit en kyk hoe die ANC en EFF verandering implementeer terwyl “slaan terug” en “slaan eerste” se weerstand verkrummel! Dit sal dus heel gepas wees om te se dat “die skrif is aan die muur” en gedwonge versoening le op die tafel en wag!

Eunice ·

Ek dink nie,die afrikaner is versoenbaar of enigsins uitreikbaar nie, Jerry.
Die eie,kleine haan-op-eie-mishoop is veel belangriker…

Basjan ·

Jy is reg Jerry. ‘n Sosialistiese republiek is ons voorland.

Antoinette ·

18 Miljoen kiesers wat eerlik hulle kruisies getrek het kondoneer nie ‘n “paar” gevalle van oneerlike optrede nie. Die feit is dat daar gapings was wat nie daar moes gewees het nie. Dis was van die begin af tog duidelik dat sulke gebeure kon plaasvind – en dit het. En laat ons tog ons eie unieke VVF+ ondersteun. Ek verstaan daar was Engelssprekendes ook wat vir hulle gestem het. En ons moet tog ook nie fatalisties wees nie. Ja, daar is lelike dinge wat in ons mooi land gebeur, maar daar is ook veel om voor dankbaar te wees. Veel meer as in baie ander lande. Ek is net bly daardie atavistiese BLF leier wat so oortuig was dat hulle parlement toe gaan het nou nerens op heen te gaan nie.

Boerboel ·

Theresa en Johan. Baie dankie . Dit is eintlik hartseer dat daar nog steeds mense is wat dink die VF is ver regs. Ons behoort aan geen organisasie nie. Gerda ons moet verskil as ons party aangeval word en niemand kan feite staaf nie. n’ paar dae terug verwys iemand na die party dit het walglikke rassime. Daai persoon kon ook nie sy feite staaf nie. So ?

Johanna Botha ·

Almal moet net opstaan vir wat reg is en wegkom van die faksie politiek …veral die anc mense wat so maklk omkoopbaar is en net hulle eie sakke vol gelg wil stop ! Die wat dit fedoen het moet nou tronktoe asp …daar MOET n voorbeeld genaak word van die skelms !

Jr ·

Ek dink rerig nie die cANCer party het nie iets om te brag of bly oor te voel want as u al die miljoene mense wat nie gestem het nie en die ” spoilt votes ” wegvat. Dan streng gesproke het hulle net 57% van 65% van die land se mense gekry ( in theorie nie so wonderlik nie.

Lerato ·

Die VF het nou 10 setels in die parlement.
Wat nou?
Gaan hulle nou iets konstruktief doen?
Wat het hulle anders gedoen as om net te praat en te praat in die parlement?
Ek hoor graag van die VF ondersteuners!

Kerneels ·

Lerato, die VF+ was enigste mense wat opgestaan het om die blf in die bek te ruk. Die ander almal te bang.
Ek is baie trots en dankbaar om van 4 na 10 te groeie. As ‘n klein minderheid word my stem nou nog harder gehoor in die parlement.

TN ·

Wat het die VF+ plus teen die BLF reggekry ? Presies niks ! Hulle het tyd en geld gemors vir ‘n geveg met ‘n dooie opponent ___ as dit nie die kortsigtigheid en belaglikheid van die VF+ duidelik uitwys nie , weet ek nie meer so mooi nie . Politici MET insig en verstand het bereken dat die BLF geen setels sou wen nie . Hoeveel het hulle gewen ? Presies reg bereken ___ NUL !!!

Jerry ·

Die probleem vir SA is dat die weerstand en groei van die VF en die se burgerregte organisasies, ook groei aanwakker van die radikale populistiese EFF wie saam met die ANC n twee derde meerderheid in die parlement het. Die waarskuwings het egter op dowe ore geval en nou sit alle regdenkende Suid Afrikaners met die gebakte pere! Die VF moet nou se waarheen van hier af vorentoe, want vorentoe is nou n doodloopstraat!

Archie ·

Jerry, ons kan net vetrou dat daar ‘n sterk sentraal, middel beweging gaan groei om politieke chaos te verhoed.

Kerneels ·

Stom geslaan ?
Maw jy reken ons moes maar liewers net tjoep stil sit en al die agteruitgang stil swyend aanvaar, want ons gaan die eff dalk net per ongeluk ontstig as ons durf waag om saggies iets te mompel????

Nie Polities Nie ·

Ek is bly die stemmery is verby. Nou om te sien wie het óns op die sous-trein ingestem…

ZAR ·

Ek het vir jare DA gestem, hulle laaste bemarking strategie het dit vir my duidelik gemaak dat hulle vir almal is behalwe die wit Afrikaner. Dit het dit dus maklik vir my gemaak om te stem vir die party wat my waardes verteenwoordig. Ek is dankbaar vir die VF+ wat vir my en my kinders se behoeftes voorsiening maak. Enige iemand wat iets weet van politiek weet dat VF+ pro Afrikaners is maar verseker nie anti swart nie. Die DA is pro-swart en wit maar nie gevoelig vir wit Afrikaners nie. Die ANC is pro-swart, nie gevoelig vir wit en anti-Afrikaner. Die EFF is pro-swart en anti-wit
Dit was nie moeilik vir my om my stem te verander nie.
Wat my egter bekommer is hoe die EFF se steun gestyg het. Ek is pro-VF+ maar definitief nie anti-swart nie, nes die VF+. Maar amper 2miljoen stemmers is anti-wit. Dis kommerwekkend.

Lerato ·

Kerneels
As die in die bek ruk van die BLF vir jou ‘n motivering is om VF te stem is ek jammer vir jou.
Behalwe praat in die parlement (wat niks uitrig nie) doen hulle niks.
Help asb en sê vir my wat hulle bereik het.

Kerneels ·

Liewe Lerato en boesman,
Bloot die feit dat ek as lid van ‘n minderheidsgroep nou verteenwoordiging in die parlement het, is vir my reg. Dr. Groenewaldt & kie het al reeds opgestaan en sterk standpunt ingeneem teen regstellende aksies, sportkwotas en grondonteiening sonder vergoeding. Die stryd begin nou eers, maar nou is ons al daem al 10 en nie meer net 4 nie.

Antoinette ·

Liewe Lerato,
En mag ek vra wat die EFF en BLF tot dusver gedoen het behalwe gil en skree en beloftes te maak wat op geen wyse op hierdie aarde kan realiseer nie – en die armes eet dit vir soetkoek op asof hulle nie hulle les met die ANC se lee beloftes geleer het nie. Malema verguis bv die Indier-gemeenskap. Hulle is aan die voorpunt van instansies soos Dokters Sonder Grense en Gift of the Givers. Wat het hy en die BLF en hulle trawante nog gedoen om ander te help? WAT? Ek sal jou se -niks nie. Weet jy hoeveel Afrikaanse kerke (soos ander kerke) het Reenboogprojekte waarvan die bevoordeeldes hoofsaaklik swart gemeenskappe is? Die VVF+ is nie net daar vir die blanke Afrikaners nie. Hulle is daar vir almal. Selfs ‘n swart grondeienaar wie se grond deur grondgrypers ingeneem was. Niemand anders wou help nie. Se maar net sodat jy weet .

riaan ·

Lerato

Behalwe die CancER te lek, e-tol rekeninge te verbrand en boeie en oorpakke af te lewer, wat het die DA met al hulle “BAIE” verteenwoordigers in die Parlement gedoen???

Stiks ·

Wees eerder bekommerd daaroor dat sakelui in Suid -Afrika bly is oor die Anc se oorwinning

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.