Verkiesingsuitslae: ANC, DA en EFF oorheers in provinsies

Die ANC, DA en Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) oorheers tot dusver die top-drie posisies in meeste van die provinsies.

LimpopoLimpopo:
Die EFF kan moontlik die amptelike opposisie in Limpopo word nadat hy 68 401 of 9,35% van die stemme wat reeds getel is op hom verenig het. Die ANC oorheers in die provinsie met 577 937 of 79,2% van die stemme terwyl die DA met 53 777 of 7,35% van die stemme in die derde plek is.

VrystaatVrystaat:
In die Vrystaat het die ANC reeds 316 902 of 71,53% van die stemme op hom verenig terwyl die DA 65 921 of 14,57% van die stemme gekry het. Die EFF is in die derde plek met 36 597 of 8,09% van die stemme.

WKaapWes-Kaap:
Die ANC loop voor in al die provinsies behalwe die Wes-Kaap waar die DA 1 055 195 of 59,75% van die stemme wat reeds getel is op hom verenig het. Die ANC is in die twee plek met 572 361 of 32,41% van die stemme terwyl die EFF met 35 099 of 1,99% van die stemme tot dusver, met die derde plek tevrede moet wees.

GautengGauteng:
In Gauteng vorder die stemtellery maar traag. Die ANC het tot dusver 473 855 of 58,96% van die stemme op hom verenig. Die DA het 215 421 of 26,8% van die stemme gekry terwyl die EFF 69 303 of 8,62% van die stemme gekry het.

NoordwesNoordwes:
Die ANC loop intussen ver voor in Noordwes. Die ANC het 407 328 of 70,58% van die stemme op hom verenig terwyl die DA in tweede plek is nadat hy 66 920 of 11,59% van die stemme gekry het. Die EFF is kort op die DA se hakke met 65 920 of 11,3% van die stemme tot dusver.

Noord-KaapNoord-Kaap:
In die Noord-Kaap het die ANC tot dusver 259 921 of 63,88% van die stemme op hom verenig terwyl die DA 99 584 of 24,47% van die stemme gekry het. Ook hier moet die EFF met die derde plek tevrede wees nadat hy tot dusver 19 716 of 4,85% van die stemme gekry het.

Oos-KaapOos-Kaap:
Die ANC is ook ver voor in die Oos-Kaap. Die ANC het 1 065 849 of 73,23% van die stemme op hom verenig. Die DA het 201 489 of 13,84% van die stemme gekry terwyl die UDM tans in die derde plek is in die provinsie met 82 914 of 5,7% van die stemme.

MpumaMpumalanga:
In Mpumalanga het die ANC tot dusver 983 383 of 78,18% van die stemme gekry. Die DA het 132 046 of 10,49% van die stemme gekry terwyl die EFF 78 115 of 6,21% van die stemme op hom verenig het.

KwaZulu-NatalKwaZulu-Natal:
Dit is slegs in KwaZulu-Natal waar die DA en die EFF tans agterbly. Die ANC het tot dusver 1 068 924 of 64,64% van die stemme op hom verenig. Die IVP en NFP is in die tweede en derde plekke. Die IVP het 227 462 of 13,76% van die stemme gekry terwyl die NFP 152 375 of 9,21% van die stemme gekry het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Flash ·

Ek verloor moed vir Suid Afrika!
Is dit werklik moontlik dat die ANC steeds so groot meerderheid het? Alle aanduidings was dat almal dik is vir hulle, siek en sat vir lee beloftes, korrupsie, leuens en gebrek aan dienslewering.
Nou kom hierdie uitslae en ons regdenkendes is totaal gemarginaliseer met geen maar geen verteenwoordiging in die land wat ons opgebou en gedien het vir soveel jare nie?

Nou is my vraag: Met die korrupte baanrekord van die ANC, het hulle die uitslae gekook?
Is daar honderde duisende stembriewe voor die tyd ingevul en by sekere stempunte, waar daar nie toesig deur ander partye was nie, ingesmokkel? Is so iets moontlik?
Wat van die sakke vol ingevulde stembriewe wat in Pta park gevind is. Het hulle ‘n manier gevind om teenstemme te laat verdwyn of was dit die DA wat probeer kroek het?
As die verkiesingsuitlag die ware toedrag van sake is moet ons paar maar tasse pak en elders ‘n toekoms gaan soek, want ons haters se hande is nou behoorlik gesterk.

Joffre Papenfus ·

Die resultate toon ‘n interessante tendens as ons vir ‘n oomblik by politieke beleidstukke van partye verby kyk, en hulle kulturele voetspoor probeer omskryf:

Die ANC behou sy sterk steun ten spyte van probleme, want nie net blameer die party die sogenaamde “ongeregtighede van apartheid” (valslik!) nie, maar toenemend word reg en geregtigheid eenkant toe geskuif en word meer radikale optrede teen oa. privaatbesit beoog.

‘n Rampokker-party soos die EFF wen veld, spesifiek op ‘n drasties-radikale platvorm van openbare boewery en dreigemente van volksmoord en nasionalisering.

Ander (oorwegend swart) partye wat ‘n meer gematigde standpunt inneem (politieke ambisie ter syde) presteer bepaald swak.

Dit spreek mos boekdele van die inherente karakter en diepste strewes van die meerderheid in die kiesers-publiek: korrupsie, boewery en onteiening van ander se hard-verdiende eiendom word verkies bo ander alternatiewe !

Flash ·

Presies Joffre, dit is wat my pla. Is daar dan niks goed onder die swart mense nie? Is hulle almal so waansinnig of in die valse leuens verstrengel? Eintlik gee jy die antwoord: Ja.

Daarom ek so bietjie moedverlore is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.