Verkiesingsuitslae: ANC het meer as 10 miljoen stemme

Argieffoto

Argieffoto

Die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) het Vrydagoggend om 6:30 reeds meer as 94% van die stemtellery afgehandel.

Volgens die voorlopige uitslae op die OVK se webwerf, loop die ANC voor met 10 281 700 of 62,5% van die stemme. Die DA is in die tweede plek met 3 617 117 of 21,99% van die stemme terwyl die EFF 993 622 of 6,04% van die stemme gekry het.

Mpumalanga:
Die tellery in Mpumalanga is 100% afgehandel. Die ANC het dié provinsie gewen met 1 045 409 of 78,23% van die stemme. Die DA is tweede met 138 990 of 10,40% van die stemme en die EFF in die derde plek met 83 589 of 6,26% van die stemme.

Noord-Kaap:
Die tellery in die Noord-Kaap is ook 100% afgehandel. Die ANC het dié provinsie met 272 053 of 64,40% van die stemme gewen. Die DA is in die tweede plek met 100 916 of 23,89% van die stemme en die EFF het 20 951 of 4,96% van die stemme gewerf.

Wes-Kaap:
In die Wes-Kaap is byna 94% van die stemme reeds getel. Die DA loop in dié provinsie voor met 1 142 493 of 58,94% van die stemme. Die ANC is in die tweede plek met 645 775 of 33,31% van die stemme en die EFF het 40 079 of 2,07% van die stemme gewerf.

Oos-Kaap:
Die tellery in die Oos-Kaap is ongeveer 97% afgehandel en die ANC is tans eerste met 1 484 305 of 70,06% van die stemme. Die DA is in die tweede plek met 346 783 of 16,37% en UDM derde met 128 648 of 6,07% van die stemme.

Noordwes:
Die Noordwes is ongeveer 99% afgehandel en die ANC het tot dusver 733 011 of 67,40% van die stemme gewerf. Die EFF is in die tweede plek met 143 477 of 13,19% van die stemme en die DA het 137 013 of 12,60% van die stemme gewerf.

Limpopo:
In Limpopo is 98% van die stemme reeds getel. Die ANC het tot dusver 1 125 288 of 78,89% van die stemme gewerf, die EFF het 149 719 of 10,5% van die stemme gewerf en die DA het 91 894 of 6,44% van die stemme gewerf.

KwaZulu-Natal:
In KwaZulu-Natal is 95% van die stemme getel. Die ANC loop tot dusver voor met 2 246 487 of 64,48% van die stemme. Die DA is in die tweede plek met 423 608 of 12,16% van die stemme terwyl die Inkatha Vryheidsparty (IVP) in die derde plek met 391 679 of 11,24% van die stemme is.

Vrystaat:
Die Vrystaat is 90% afgehandel en die ANC loop tans voor met 625 486 of 69,73% van die stemme. Die DA is in die tweede plek met 147 440 of 16,44% van die stemme en EFF derde met 71 341 of 7,95% van die stemme.

Gauteng:
In Gauteng is 69% van die stemme reeds getel. Die ANC het tot dusver 1 561 051 of 53,51% van die stemme, die DA 909 656 of 31,18% van die stemme en die EFF 290 805 of 9,97% van die stemme.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

petra van vuuren ·

soos ek voorheen gese het. Hitler was ‘n klein mannetjie wat twee wereldoorlogte veroorsaak het.
Malemmer is so mannetjie. Pasop vir hierdie nar!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.