Die ANC het teen 4:30 reeds 1 100 891 stemme gehad, die DA het 632 234 stemme gehad, die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) het 73 723 stemme gehad en die UDM het 19 883 stemme gehad.
Verteenwoordigers van die onderskeie politieke partye het intussen by die verkiesingsentrum in Pretoria bymekaargekom om ‘n ogie te hou oor die resultate soos dit beskikbaar raak.
Die Vryheidsfront Plus het teen 4:30 26 271 stemme op hom gevestig, Cope het 14 150 stemme gehad, die IVP het 39 046 stemme gehad, AgangSA het 4 437 stemme gehad en die NFP het 26 608 stemme gehad.
Die ACDP het intussen reeds 13 721 stemme op hom gevestig terwyl die African Independent Congress 11,244 stemme gehad het.
Teen 4:30 vanoggend is meer as 1,8 miljoen stemme reeds getel. Meer as 24 000 hiervan was bedorwe stemme.