Verkiesingsuitslae: ANC reeds meer as 5 miljoen stemme

anc-logoDie ANC het teen 12:30 reeds meer as 5 miljoen stemme op hom verenig.

Die ANC het 5 068 836 of 63,03% stemme op hom verenig van die 8 159 517 stemme wat reeds getel is. Die DA het 1 821 452 of 22,65% van die stemme gekry.

Die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) het 385 381 of 4,79% van die stemme gekry terwyl die IVP 185 681 of 2,31% van die stemme gehad het.

Die NFP het 123 928 of 1,54% van die stemme gekry, die Vryheidsfront Plus het 78 791 of 0,98% van die stemme gekry terwyl Cope met 63 057 of 0,78% van die stemme tevrede moes wees.

Die African Independent Congress (AIC) verras met 46 468 of 0,58% van die stemme. Dié party is van Matatiele in die Oos-Kaap. Die ACDP is kort op die AIC se hakke met 44 661 of 0,56% van die stemme. AgangSA het sover 16 6161 of 0,2% van die stemme gekry.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.