[Verkiesingsuitslae] ANC steeds voor met 50% van stemme nasionaal getel

So lyk die onderskeie partye se steun met 50% van die stemme wat nasionaal reeds getel is. Bron: OVK

So lyk die onderskeie partye se steun met 50% van die stemme wat nasionaal reeds getel is. Bron: OVK

Die ANC loop steeds voor met 50% van die stemme wat nasionaal reeds getel is.

Nasionaal:
Die ANC het met net meer as 50% van die stemme wat getel is, 6 219 072 (51,97%) van die stemme en 933 setels nasionaal ontvang.

Die DA het tot dusver 3 628 594 (30,32%) van die stemme en 376 setels nasionaal ingewin terwyl die EFF 829 050 (6,93%) stemme en 20 setels gekry het.

Die IVP het 521 152 stemme (4,3%) en 32 setels tot dusver ontvang terwyl die VF Plus 120 939 stemme (1%) en twee setels sover op homself gevestig.

Limpopo:
In Limpopo is 35% van die stemme getel met die ANC wat meer as 65% van die stemme op hom gevestig het, die EFF 16,51% en die DA 11,63%.

Noordwes:
In Noordwes is 43% van die stemme reeds getel met die ANC wat voorloop op 61,78%, gevolg deur die DA met 13,92% en die EFF met 13,85%.

Mpumalanga:
In Mpumalanga is 50% van die stemme reeds getel met die ANC wat gemaklik voorloop met 67,34% gevolg deur die DA met 17,59% en die EFF met 9,57%.

Vrystaat:
In die Vrystaat is 59% van die stemme reeds getel met die ANC wat 61,47% stemme verwerf het, die DA 21,88% en die EFF 8,96%.

KwaZulu-Natal:
In KwaZulu-Natal is 38% van die stemme getel met die ANC wat 56% van die steun geniet, die IVP 28,65% en die DA het 9,7% van die stemme tot dusver ingewin.

Noord-Kaap:
In die Noord-Kaap is 96% van die stemme reeds getel met die ANC wat 57,66% van die stemme het gevolg deur die DA met 25,25% en die EFF met 8,64%.

Oos-Kaap:
In die Oos-Kaap is 66% van die stemme reeds getel met die ANC wat 66,68% van die stemme verwerf het, die DA het 20,35% van die stemme tot dusver bekom en die EFF het 4,8% van die stemme gekry.

Kyk hier hoe lyk Gauteng se resultate.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Chris Ws ·

Die voorlopige uitslae is maar weer net ‘n bewys van die anc lede se breinlose denke.Hul leiers beroof hulle oop en bloot elke dag maar hulle gee nie om nie!As jy nie WIL sien nie gaan niemand jou oe vir jou kan oopmaak nie!

James ·

Chris, Wat van die wit DA stemmers se breinlose denke? Hul stem vir ‘n party wat té skaam is vir hul velkleur en wat niks doen oor plaasmoorde nie. Dít is erger as wat die ANC aan hul lede doen!

Richard ·

Dis goed dat die DA so goed doen. Wyd en syd was daar verkondig dat wittes en veral Afrikaners nie vir die DA sal stem nie. Die teendeel is weereens bewys dat die DA wat ‘n veelrassige party is en waar almal hande vat om ons land ‘n beter plek te maak groot duike in die Anc se kiesafdelings maak.

Rita schoeman ·

Ek hoop dis reg so baie dankie vir hierdie welkome inligting

elsje ·

Kan vandag met trots se dat ek ooit vir ander party as die DA sal stem nie.jul gee ons hoop en geloof vir ons kinders en kleinkinders se toekoms,die land sal met die DA aan bewind net beter en beter raak om in te leef

Loeis ·

Is jy bekend met hulle beleid, elsje? Het jy geweet hulle steun swart bemagtiging wat maak dat kinders soos joune nie werk kry nie? Gaan vergewis jouself gerus van die feite.

Cherokee ·

Vandag kan ek met trots sê dat ek nooit vir die DA gestem het of vir hulle sal stem nie. Vandag kan ek ook met trots sê dat ek die grondbeginsels van ‘n politieke party bestudeer eer ek vir hulle stem. Dat ek weet waarvoor ek stem wanneer ek stem en nie net vir die kleurvolste plakaat op die telefoonpale stem nie.

Ryno ·

Die DA sal mos natuurlik betee wees as die ANC. so hoekom stem jy vir n ander party wat geen verskil gaan maak ni? Al ondersteun hul swart bemagtiging, dink jy nie hul sal dalk minder steel as die ANC nie? Dink jy nie die land se ekonomie sal verbetet onder DA nie? Mense met tonnelvissie…….

Cherokee ·

Ek is bly jy bevestig dat mense met tonnelvisie vir die DA se regstellende aksie en grondhervorming stem. Indien Penny Sparrow tonnelvisie gehad het is dit waarskynlik nie meer die geval nie. Die DA-stemmers klap hande vir die leiers van hul party wat die kleuterskool probeer verinneweer het waar ‘n swart dogtertjie eenkant gesit het en nou dat hulle die geveg verloor het is hulle tjoepstil. Tonnelvisie het jy dit genoem.

Elize ·

Ek het gister as “party agent”vir die DA gewerk. Weet julle wat is vir my skokkend gewees van die hele verkiesing.nie die uitslae nie.jie die beloftes van elke leier nie.maar die swak stemmery deur ons blankes. En as die verkiesing verby is.dan is dit diegene wat nie hul kruisie gaan trek het.wat die meeste eiers wil le. Kom staan saam ons ander en ons probeer ons land terugvat van die ANC wat hom so vernietig.en as jy nie wil stem nie .hou dan jou mond as dinge nie volgens jou idees loop nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.