Verkiesingsuitslae: Dié partye gaan sover parlement toe

Parlementsgebou in Kaapstad

Parlementsgebou in Kaapstad

Die huidige kiesstelsel vir Suid-Afrika se nasionale parlement en provinsiale wetgewers is ‘n stelsel van regstreekse proporsionele verteenwoordiging.

Die stelsel behels dat die getal stemme wat ‘n party kry bepaal hoeveel setels hy in die parlement kry. Partye met meer as 0,25%-steun is byna verseker van verteenwoordiging in die parlement. Indien daar byvoorbeeld in die afgelope verkiesing 19 miljoen mense gestem het, beteken dit ‘n party moet nagenoeg 47 000 stemme kry om ‘n setel in die parlement te verseker.

Na die verkiesing in 2009 het verteenwoordiging in die parlement as volg gelyk:

Capture

Volgens die huidige uitslae is daar reeds ‘n paar partye wat setels in die nuwe parlement gewaarborg is. Die ANC is reeds van minstens 97 setels gewaarborg terwyl die DA reeds 36 setels in sy sak het.

Die Ekonomiese Vryheidsvegters sal ook in die nuwe parlement verteenwoordig wees met die party wat reeds minstens sewe setels agter sy naam het. Die IVP is reeds van drie setels verseker terwyl die NFP ook ‘n nuwe party in die parlement sal wees met minstens 2 setels.

Die UDM, Vryheidsfront Plus en Cope is almal ook reeds van minstens een setel verseker.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.