Verkiesingsuitslae: Só lyk die jongste uitslae

Foto: Maroela Media

Foto: Maroela Media

Die ANC het teen 9:30 vanoggend reeds meer as 3 miljoen stemme op hom gevestig.

Die ANC het 3 429 075 of 60,93% van die stemme gehad teen 9:00 vanoggend. Die DA het 1 414 490 stemme of 25,13% van die stemme gehad.

Die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) het 246 770 of 4,38% van die stemme op hom gevestig terwyl die IVP 125 611 of 2,23% persent stemme gehad het. Die NFP het 85 430 of 1,52% van die stemme gehad.

Die Vryheidsfront Plus het 61 464 stemme of 1,09% van die stemme op hom gevestig terwyl Cope 45 923 of 0,82% van die stemme gehad het. Die ACDP het 33 178 of 0,59% van die stemme op hom gevestig terwyl die AIC 32 567 of 0,58% van die stemme gehad het.

AgangSA het 11 441 of 0,20% van die stemme op hom gevestig.

Die bogenoemde resultate is bekend gemaak nadat 5 710 506 stemme getel is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.