[Verkiesingsuitslae] Só lyk Gauteng sover

So lyk die onderskeie partye se steun met 33% van die stemme in Gauteng wat reeds getel is. Bron: OVK

So lyk die onderskeie partye se steun met 33% van die stemme in Gauteng wat reeds getel is. Bron: OVK

In die munisipale verkiesing was 33% van die stemme in Gauteng teen 09:00 getel.

Die DA het reeds 828 577 (43,24%) van die stemme en 32 setels gehad. Die ANC het 811 353 (42,34%) van die stemme en 46 setels tot dusver ingewin terwyl die EFF 174 648 (9,11%) van die stemme en drie setels kon verseker. Die VF Plus het 35 060 (1,87%) van die stemme tot dusver gekry.

In die Tshwane-metro was 32% van die stemme teen 08:51 getel. Die DA het reeds 233 596 (47,63%) van die stemme en vyf setels ingewin. Die ANC het 191 841 (39,12%) van die stemme en ses setels verseker en die EFF het 44 417 (9,06%) van die stemme verwerf. Die VF Plus het 11 523 (2,35%) van die stemme gekry.

In die Johannesburg-metro was 20% van die stemme teen 08:54 getel. Die DA het in daardie stadium 166 467 (45,06%) van die stemme gehad, die ANC 147 003 (39,79%) van die stemme en die EFF 35 138 (9,51%). Die IVP het 6 234 (1,69%) van die stemme verseker.

In die Ekurhuleni-metro was 35% van die stemme teen 08:56 getel. Die DA het reeds 259 153 (44,36%) van die stemme en vier setels verseker, die ANC het 248 147 (42,47%) van die stemme en twee setels gehad en die EFF het 46 657 (7,99%) van die stemme gehad.

In die Midvaal-munisipaliteit was 94% van die stemme teen 08:40 reeds getel. Die DA het toe reeds 40 943 (59,59%) van die stemme en 10 setels op hom gevestig. Die ANC het 22 001 (32,02%) en drie setels ontvang terwyl die EFF 3 340 (4,86%) van die stemme gekry het. Die VF Plus het 2 123 (3,09%) van die stemme op hom gevestig teen die tyd.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

38 Kommentare

mel ·

Mooi man!
Slaan die ANC by die stembus – hulle eie mense stem teen hulle!!

JennnyNel ·

Die groot vraag is hier in Gauteng kan nie lees of spel nie….my vraag is kan hulle tel..?????

neelsie ·

Hoe lank het Zuma gese sal die Anc regeer……..?
So, wees gereed!

Wern ·

My bekommernis is dat dit meestal die township en landelike stemlokale is wat nog moet inkom, en dat die wit areas meestal klaar getel is, met ander woorde die situasie gaan al slegter raak soos die dag en aand loop. Is my bekommernis geldig?

Lodewyk ·

Stem 100% saam met Wern. Die tradisionele wit areas se stemlokale het klaar getel, want daar is orde en dissipline.
So dit wat nou nog moet inkom sal maar weer net so na die ANC/EFF gaan. Hulle sal buitendien regeer, al is dit ook gesamentlik deur ‘n koalisie te vorm. Ons weet mos, hulle kla heeldag oor swak dienste, maar as hulle die kruisie moet gaan trek, vergeet hulle alles en stem almal saam.

M ·

DA doen goed. Hulle het egter baie werk om te doen tot die volgende groot verkiesing. Hoop net hulle kan produce…………. Hulle kan as hulle wil..

Anoniem ·

Ons probleem le juis by die townships en die arm gebiede…Hulle stem ANC….Hulle weet nie van beter en vreet enige iets soos soetkoek op……

Wern ·

Nou waarom doen alle partye dit nie ook nie? Ek dink die beste sal wees om vir hierdie mense maar enige beloftes te maak.

Dirk ·

Die steun vir die ANC is nie net vanweë lojaliteit nie, maar blyk ook afhanklik van opleiding. In die township is dit steeds swak, en dit hou mense onkrities. Sodra opleidingsvlakke opgaan, begin mense krities dink. Dit het ook gevolge vir hulle stemgedrag.

Om die opleidingsvlakke te verander, gaan nie oornag gebeur nie, en moet deur die departement aangespreek, wat tans nog in hande is van die ANC. Hulle baat daarby wanneer mense nie dink maar net vir die ANC stem.

Ek dink daar kan egter wel iets gedoen word voordat die landelike verkiesings op ons is.
Die DA en ander partye moet hard werk om die mense in die townships in die eerste plek voor te lig oor wat demokrasie beteken. Mense moet leer om op te hou om hulle ontevredenheid te wys deur opstande, verbranding en beskadiging van eiendomme en selfs moorde; pleks daarvan moet hulle leer verstaan dat hulle mag lê by die verkiesings.
Daarby kan ook

Pierre ·

Help my asb. Ek lees nou die detail van stemme verwerf en setels dan maak my somme nie sin nie. Hoe kan dit wees dat die DA meer stemme verwerf het as die ANC maar die ANC kry meer setels, verduidelik asb hoe dit werk.

Loeis ·

Een moontlikheid is dat dit die stelsel is, Pierre. Daar is beide proporsionele setels en ‘n setel vir elke wyk. As ‘n party bv 10% van die proporsionle stemme in ‘n raad kry, het daardie party 10% van die proporsionele setels. Dan is daar die wyke. Of ‘n kandidaat nou 95% van alle stemme in ‘n wyk kry, en of hy/sy 51% van die stemme daar kry, die wyk is gewen. Enigiets bo 51% wen nie nog ‘n wyk nie. Dus kan ‘n party met meer stemme met minder setels eindig.

Terloops, hierdie gebeur nie in ‘n nasionale verkiesing nie want lg is suiwer proporsioneel. Mense wie vertel dat jy jou stem mors deur nie vir party X te stem nie, lieg, want selfs relatief klein getalle kan ‘n setel vir hul party wen wat dan tot opposisie bydra en ‘n stem vir hul kiessers in die parlement is.

Charlotte Barnard ·

Ek beaam Pierre se boodskap, hoe kan die ANC 46 setels teenoor die DA met 32 setels he, maar die DA loop voor met die aantal stemme?

Johan ·

Ons het `n vrou wat by ons in die huis werk. Sy bly in Hammanskraal en moes by `n skool met die naam Kekkana stem. Sy sê egter hulle kon nie stem nie want di skool se hekke was gesluit en alhoewel hulle die hele dag daar gestaan het kon hulle nie stem nie. Hoe op aarde werk dit?

Nico K ·

Ja Wern, jou bekommernis is reg. Dit gaan slegter gaan vir die DA. Ek dink die ANC gaan Tswane en Jhb. wen. Veral as jy in agneem dat die ANC reeds meer setels in Pta gewen het as die DA. Dit gaan nie net oor aantal stemme nie, maar aantal stemme in ‘n afdeling.

Nico K ·

Pierre, het jy gelees wat ek hier bo geskryf het. ‘n Afdeling word met die meerderheid van 1 stem gewen. Dus in een afdeling kan ‘n party ‘n setel met 5 000 stemme wen, maar kry steeds net 1 setel. Dieselfde as ‘n ander afdeling waar ‘n party sy setel met net 1 stem gewen het.

Louis ·

Die vorming van Kwalisies gaan belangrik wees.
As ANC kwalisie met EFF vorm gaan die ANC EFF later heeltemal oorheers en tot niet maak.

Ek wonder of die ANC sy uitslae gaan bekyk en die skuld vir swak uitslae op Zuma gaan pak. Daar is alreeds twee groepe en die groep wat teen Zuma is sal hom kruisig oor swak uitslae

Loeis ·

Ek is die ander Loeis wie gewoonlik hier skryf.

Die ding met koalisies is dat partye voorwaardes stel voor hulle ‘n koalisie betree. Die ANC gaan nie noodwendig die EFF sal domineer nie.

In Kaapstad na 2006 was daar ‘n koalisie tussen die DA, VF+ en die ACDP. Die DA was die grootste party in die koalisie en wou ‘n aantal Afrikaanse straatname verander. VF+ het dadelik daarteen geskreeu en die straatname is toe (vir eers) behou. ‘n Kleiner party kan ‘n groot verskil in ‘n koalisie maak.

Wat Zuma aanbetref kan jy maar seker wees dat talle ANC raadslede wie hul setels gaan verloor hom gaan blammeer. As hy egter binnekort sou uittree (wat onwaarskynlik is), het Malema aangedui dat hy sal terug gaan ANC toe. Dit spel ‘n ramp, want saam het die ANC en die EFF meer ‘n tweederde meerderheid in die parlement, en wanneer die EFF sy voorwaardes stel, voorspel dit niks goeds vir die grondwet nie.

Wern ·

John en medepligtiges moet nie waag kla oor die regering van nou af nie. Hulle moet nou vat wat hulle kry en die gevolge van hulle redenasies dra.

Eugene ·

Theuns al het John en sy vriende gaan stem sou dit geen verskil gemaak het nie! Die VF+ is so klein en is geen faktor nie. Hulle ondersteuners op die platform hou daarvan om ander partye hier sleg te maak, ons vat in elkgeval nie notusie van hulle nie.

David ·

Moet nie bekomerd wees nie . Almal het gestem vir swaker dienslewering en meer strikes en groter werkloosheid.

Johannes ·

Leon, eendag gaan jy en ander DA ondersteuners voor die Lewende God moet staan en verduidelik waarom julle vir ‘n anti-Christelike party gestem het wat afgode erken en on-Christelike normes bevorder. Julle het Christus gister verloen.

Johannes ·

Ek skaar my eerder by die VF plus en sy handjie ondersteuners wat Christelike waardes het as by die duisende wat God verloen het deur vir ‘n party met humanistiese waardes te stem.

jaco ·

Dis aan n soortgelijke kiesafdelingstelsel te wyte dat apartheid in 1948 begin het. Die NP het 100000 stemme minder gehad as die meer liberale VP, maar 5 meer setels. Die ANC het hierdie stelsel mooi by ons wit mense wat hulle so beveg het geleer en gebruik dit nou tot hulle voordeel met plaaslike regering

Anti DA ·

Maak nie saak hoe hard jy probeer verduidelik party mense het nie die vermoë om te verstaan my seun is agt jaar en verstaan hoe die proses werk maar party groot mense kan net nie en sal altyd slawe van ‘n stelsel wees oor die tekort aan begrip.

Kleintjie ·

Ja Jaco, ons blankes is seker die mees gehate groep, en tog het ons dan iets goed gedoen wat hulle kon steel.

Eugene ·

Kleintjie sodra mense soos jy sal ophou om die woorde “ons blankes” en “hulle” uit jul woordeskat sal kry sal dit baie beter met ons land gaan. Dit is n veralgemening en miskien moet jy meer spesifiek wees. Ek wil bv.nie deel wees van jou “ons” nie.

Koos ·

Eugene moet nie naief wees nie, dit is die regering en hulle rassistiese beleid en verkiesings haatpraatjies wat so oor ons veralgemeen. Hulle plaas die etikette, ons moet net verdedig.

Magda ·

Soos die engelsman se: “Life is like a blanket of snow. Becareful how you step on it.”
DA stadig maar seker besig om te wys waar toe die party in staat is. Hoop hulle bly by hulle beloftes om sodoende die volgende verkiesing met oorgawe te wen.

M ·

Wel hierdie was een groot “eye opener” vir die ANC. Hulle mense is redelik moeg vir hulle. Die DA moet nou net hard werk vir die volgende verkiesing om nog meer stemme te werf. Solank die ANC net nie n twee derde meerderheid kry nie. Maar ek is seker hierdie ANC is benoud want DA het baie beter gevaar…..

daneen diozeggi ·

My e-pos werk nie lekker op hierdie stadium nie. Maar ek is bly om by hierdie groep aan te sluit. Dit gee my meer helderheid en insig en beantwoord die vrae wat ek het.

Lodewyk ·

Johannes, ek stem saam. Ek sal vir die Vryheidsfront Plus stem, al is ek die laaste een. Met die DA in beheer sal swartbemagtiging en regstellende aksie nooit tot ‘n end kom nie. Die DA voel ook ‘n veer vir Afrikaans as taal. Die DA sal in elk geval nooit so sterk word dat hulle die land sal regeer nie. Die ANC/EFF is hier om te bly en die land soos die res van die Afrika vasteland in die afgrond in te trek.

Cobus ·

Ek bewonder DA se Helen Zilla,haar skaakbord skuif was deurslagewend

NICKEY VAN NIEKERK ·

Mense, as die swart kiesers van die ANC dan nog glo dat as hulle DA stem, die dae van die “groot” onderdrukking weer sal kom, is dit baie maklik om snert in hul koppe te praat.. Dankie hemel, daar is darem die ander swart kiesers wat verstand het.

NICKEY VAN NIEKERK ·

Solank die “leiers” na sangomas gaan vir raad……… sit die land in “jam” straat..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.