[Verkiesingsuitslae] Só lyk sake in SA se agt metro’s

Foto: Maroela Media

Foto: Maroela Media

Dit is in veral vier van die land se agt metromunisipaliteite waar ʼn fel stryd tussen politieke partye woed ná die plaaslikeregeringsverkiesing op 3 Augustus.

Politieke ontleders het vroeër gesê die ANC kan sy meerderheid in vier metro’s – naamlik Tshwane, Johannesburg, Ekurhuleni en Nelson Mandelabaai – verloor.

In die Buffalo City-metromunisipaliteit (Oos-Londen) was 33% van die stemme teen 10:28 getel en het die ANC met 82 555 (52,41%) van die stemme en twee setels voorgeloop. Die DA was tweede met 53 092 (33,7%) van die stemme en een setel terwyl die EFF 10 408 (6,61%) van die stemme gehad het.

In Kaapstad was 57% van die stemme teen 10:29 getel met die DA wat reeds 921 128 (69,76%) van die stemme en 13 setels op hom gevestig het. Die ANC het 281 474 (21,32%) van die stemme en een setel gehad terwyl die EFF 40 591 (3,07%) van die stemme gekry het.

In Johannesburg was slegs 23% van die stemme teen 10:31 getel met die DA wat 190 249 (44,32%) van die stemme gekry het, die ANC 173 210 (40,35%) en die EFF het 41 033 (9,56%) van die stemme gehad.

In die Tshwane-metro (Pretoria) was 40% van die stemme teen 10:32 getel met die DA wat 278 864 (45,64%) van die stemme en sewe setels het. Die ANC het 248 908 (40,73%) van die stemme en agt setels op hom verenig en die EFF het reeds 58 102 (9,51%) van die stemme gekry.

In Ekurhuleni (Oos-Rand) was 41% van die stemme teen 10:34 getel met die ANC wat 318 186 (44,41%) van die stemme en drie setels gekry het, die DA het 299 608 (41,81%) van die stemme en ses setels ingewin terwyl die EFF 60 156 (8,4%) van die stemme gekry het.

In eThekweni (Durban) was daar teen 10:36 nog geen resultate beskikbaar nie.

In Mangaung (Bloemfontein) was 41% van die stemme teen 10:36 getel met die ANC wat reeds 92 019 (53,94%) stemme en een setel gekry het. Die DA het 51 817 (30,37%) van die stemme en een setel op hom gevestig terwyl die EFF 14 163 (8,3%) van die stemme gekry het.

In die Nelson Mandelabaai-metro (Port Elizabeth) was 57% van die stemme teen 10:38 reeds getel. Die DA het reeds 227 932 (54,89%) van die stemme en vier setels op hom gevestig terwyl die ANC 146 854 (35,36%) van die stemme en vyf setels gekry het. Die EFF het in dié stadium 17 611 (4,24%) van die stemme gehad.

Klik hier vir alle vorige uitslae.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

34 Kommentare

EBeste ·

Iemand sopas opgemerk dis n tragedie in die Weskaap…. en ek dink…. Jy het nog nie tragedie gesien nie ou maat!!!!!!

Joann ·

Ek maar toe met politiek,maar hoekom het ANC 5setels in Port Elizabeth gekry met n laer presentasie as die DA en die kry net 4setels?

ekook ·

Ekke ook toe, Joann…sien dieselfde diskrepansie by Pretoria?

Rupert Ashford ·

Ek moet se die DA verbaas my. Het gedink die EFF gaan hulle ore aansit.

DAAN ·

Is dit Tola wat gese het afrikaners stem DA uit selfverdediging ?

Cherokee ·

Net so Burger, net soos jy sê. Dan het die VF+ weggehol met setels en munisipaliteite.

M Fourie ·

Ek wil net weet ek hoor as jy kruisie die lyne raak is dit n bederfde stem. Is dit so?

Cherokee ·

Het dit ook al gehoor maar stemme word (waarskynlik) nie elektronies getel nie so mense sal lank sukkel om my van daai ene te oortuig! Dit is ‘n uitgedinkte een soos daai van ‘nie-stemmers wat default vir die regerende party tel’ en ‘Afrikaners wat nie kan saamstaan’ en ‘ek vra maar net’ en ‘ek sê maar net’ en al daai bog.

hans brits ·

Dis nou die geletterde party (D A)teen die ongeletterde party (anc).Die assegaaie gaan nog gegooi word teen mekaar.

Trudie ·

ek wil net weet – dis 2016 en met ons tegnologie en als – HOEKOM stem ons nog op papier? Hoekom kan dit nie elektronies gedoen word -nogsteeds by die stempunte- en die resultate dan meer akkuraat wees (in log met jou eie persoonlike password en so word korrupsie verminder en akkuraatheid van stemme verseker) en sommer maklik getel word nie??

Theresa ·

100%. Kan dink dit sal die regte stemgetalle weergee. Dalk is dit waarom dit nog nie gebruik word nie…

Frederik ·

Trudie, ek het dit ook al voorgestel, soos in Namibië. Die probleem hier is dat die oorgrote meerderheid ongeletterd is en geensins rekenaarvaardig nie. Die president kan dan nie eers behoorlik lees nie.

Trudie ·

Dit is waar wat jy sê, Frederik. Ek dink tog met hulp by die stempunte kan dit werk selfs al is mense ongeletterd of nie rekenaarvaardig nie. Dit is net een “click” by die korrekte “prentjie” as mense nou nie kan lees nie. Klink vir my baie meer prakties as die papier storie en manually stemme tel.

gatiep ·

Trudie het jy gedink hoe gaan mense brandgesteek word op daai stelsel want dan weet almal vir wie jy gestem het.

Cherokee ·

Trudie, dan sou ons lankal ‘n warezprogram geprogrammeer het waarmee ons die VF+ met meer stemme ingestem het as wat daar blanke kiesers is in die land.

Trudie ·

maar net ‘n voorstel, gatiep. Laat ek dan vir jou “rephrase” – Wat as NET die ongeletterdes en die wat nie rekenaarvaardig is nie deur ‘n BETROUBARE stempunt beampte (*wat ‘n vertroulikheids kontrak geteken het) die mense help. Dan is dit net die beampte wat moontlik weet vir wie die spesifieke persoon stem (as hy nou moet by staan) – en nie die hele wereld soos jy dit stel nie.

Rudi ·

Cherokee, dit klink vir my soos ANC streke wat jy voorstel. Dis juis wat Trudie sê ons moontlik kan vermy met so ‘n stelsel.

cr ·

Die ANC het baie veld verloor teenoor ander jare. Miskien sal dit nou beter gaan in SA met minder moorde, minder korrupsie en diskrimrnasie teenoor die blankes. Nou moet daar net ‘n manier gevind word om baie werk te skep.

m ·

Hulle sal dit nooit elektronies maak nie Trudie want dan kan die stemme nie so gekook word nie. Hoe akkuraat is hierdie stemme regtig, kan die mense wat dit moet tel ooit akkuraat tel, dis die groot vraag….

stem saam Trudie ·

ek stem saam jou, m. Die groot rede is om die stemme te kan dokter – nie omdat mense ongeletterd of nie computer literate is ens ens nie. En nes jy sê – die mense wat tel tel dalk nes onse president.

Dan ·

Lyk vir my of die kokery met die stemme al met die ’92 referendum beslag gekry het, want die amptelike uitslag was dat byna twee derdes van die blankes destyds “ja” gestem het. Sedert ’94 kry mens egter net 0.0000001% van blankes wat bereid is om te erken dat hulle ja gestem het. Dus moet die res van daardie spul ja-stemmers of land-uit wees, of oorlede, en dit kan tog nie wees nie … die stemme moes gevolglik “gekook” wees?

Pieter ·

Demokrasie in Suid Afrika – se agterend, ja. Hoe de duiwel stem mense nog vir die ANC met al die bedrog en false beloftes?? Die stemme is verseker “gekook”!

Maarnet ·

Die belangrikste is dat die mense van SA met minder met hulle harte gestem het en meer met logiese denke. Dis n geweldige kopskuif en net dalk kan mens by n volgende verkiesing sien die sogenaamde vryheids vegters nie meer die prentjie oorheers nie. Baie geluk aan al die oposie partye wat n groot stap vorentoe geneem het.

Johan duP ·

@Maarnet daar is nie so iets soos n hart of logiese stem nie. Hierdie hart en logiese stem konsep is deur sekere partye geskep om mense te vewar. Dit is veral die afrikaans sprekende kiesers wat in die struk trap. As mense soos dit moet volgens hulle beginsels stem sal die uitkoms heel anders lyk. Die probleem is baie mense stem nou vir n party wie se beginsels hulle nie ken nie. So sal Christene nie vir n party soos die DA, ANC of EFF stem as dit oor beginsels gaan nie. Hoe mense teen hul eie beginsels stem sal ek seker nooit verstaan nie…..

SkarrelKind ·

Johan duP, Godsdiens en politiek moet nie noodwendig hand aan hand loop nie. Ek het gister gelees oor die Bybel en goeie leiers en die noodsaaklikheid daarvan. Maar Skandinawiese lande, wat sekulêr is, handtaaf ‘n veel beter lewensstandaard as baie sogenaamde godsdienstige lande. Ek probeer nie jou geloof kritiseer nie, maar as mens na die feite kyk en hoe die Swede en die Dene van die vooruitstrewendste en gelukkigste nasies op aarde is, dan moet besin word of geloofsoortuiging ‘n vereiste is vir die party waarvoor mens stem. Kyk dan eerder na die dienste wat hulle lewer en die verskil wat hulle in jou area tot gevolg het en beoefen jou geloof onafhanklik daarvan.

Waarheid ·

Stem saam enige mens word aan sy VRUG/werke geken en Dan kan die geloofs beginsel daai Werke bevestig…. of nie.!SO word die egtheid van daai persoon/ Geloof geopenbaar.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.