Verkiesingsuitslae: Só lyk voorlopige uitslae in Wes-Kaap

WKaapDie DA het teen 5:00 vanoggend reeds meer as 450 000 stemme op hom gevestig in die Wes-Kaap.

Die DA het reeds 453 461 stemme gehad teen 5:00 Donderdagoggend. Die ANC het 162 036 stemme gehad, die Ekonomiese Vryheidsvegters het 8 454 stemme gehad en die ACDP het 7 982 stemme gehad.

Die Vryheidsfront Plus het reeds 4 404 stemme op hom gevestig terwyl Al Jama-Ah 5 369 stemme gekry het. Cope het teen 5:00 3 371 stemme gehad, die African Independent Congress het 2 176 stemme gehad en AgangSA het 2 076 stemme op hom gevestig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.