[Verkiesingsuitslae] Só lyk Wes-Kaap sover

So lyk die onderskeie partye se steun met 72% van die stemme in die Wes-Kaap wat reeds getel is. Bron: OVK

So lyk die onderskeie partye se steun met 72% van die stemme in die Wes-Kaap wat reeds getel is. Bron: OVK

In die munisipale verkiesing was 72% van die stemme in Wes-Kaap teen 09:57 getel.

Die DA het reeds 1 575 008 (64,23%) van die stemme en 197 setels gehad. Die ANC het 609 656 (24,86%) van die stemme en 80 setels tot dusver ingewin terwyl die EFF 62 417 (2,55%) van die stemme en twee setels kon verseker.

In die Beaufort-Wes-munisipaliteit, wat voor die verkiesing onder ANC-beheer was, loop die DA tans voor met 96% van die stemme wat teen 09:41 getel was. Die DA het reeds 14 448 (49,25%) van die stemme en vier setels gehad gevolg deur die ANC met 12 390 (42,23%) van die stemme en twee setels. Die KDF het 1 410 (4,81%) van die stemme in daardie stadium gehad.

Ook in die Oudtshoorn-munisipaliteit was die DA voor met 92% van die stemme wat getel is. Die DA het 29 509 (59,14%) van die stemme en 10 setels gekry gevolg deur die ANC met 11 549 (23,15%) van die stemme en Icosa 3 456 (6,93%).

Klik hier vir vorige uitslae.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Louis ·

Ek is so bly dat Beaufort-Wes na DA toe is sodat daardie ANC bugermeester wat so ligtelik oor Godsdiens die spot gedryf het maar sy dag gaan kry

SkarrelKind ·

Louis, Godsdiens en politiek behoort niks net mekaar te doen te hê nie. Dis waarom die Skandinawiese lande, wat sekulêr is, van die vooruitstrewendste lande in die wêreld is. Ek bekommer my eerder oor die uitslae, want dit sal bepaal of my vuilgoed verwyder word, of gate in die pad gevul sal word, ens.

Jan ·

Ek stem volkome saam met jou Louis. Elke hond sal sy dag kry.!!!

Louw Wolhuter ·

Skarrelkind, BAIE wyse woorde. Godsdiens en politiek is soos water en olie, meng glad nie.

Cherokee ·

Skarrel, jy kan nìks, absoluut niks wat jy doen van Godsdiens skei nie. As jy ‘n land wil lei en jy wil politiek en Godsdiens op verskillende tafels hê, hoe kan jy vanaand op jou knieë gaan en leiding vra vir môre? Somtyds stem ek absoluut saam met wat jy sê Skarrelkind en somtyds verskil ons. Hierdie is een van die kere wat ek nie met jou saamstem nie.

mosselbos ·

En Oudtshoorn waar alles uitmekaar uit val insluitend die Kango Grotte. Hoop die DA kan nog die dorpie red

Koos1 ·

SkarrelKind, ek dink jy is heeltemal verkeerd. Die twee loop hand aan hand. Wat dink jy sal gebeur met hierdie land as niemand meet God vrees nie. ‘n “Leier” wat God minag, sal ook geminag word. Die Bybel is vol van sulke voorbeelde.

SkarrelKind ·

Koos1, gaan lees oor sekulêre lande, soos wat ek reeds gesê het. Dit is veilig, dis skoon, dis vooruitsrewend, geweldloos, ens. Dan is daar baie ander lande waar die regering “Christelike waardes” volg, waar alles uitmekaar val. Ek weet wat die Bybel oor goeie leiers sê, maar die konkrete bewyse bewys dit ongelukkig verkeerd. Sekulêre lande vaar op alle vlakke beter. Gaan google dit asb. Ek kan nie net eenvoudig saam stem met die “Bybel sê so” as die bewyse dit weerspreek nie. Dis mos nie slim nie.

Kaapseklong ·

Goeie nuus want Truman en fransman is van die walglikste tweegesigjakkalse wat bestaan en dis goed om hulle te sien sukkel.

gatiep ·

Praat jy Kaapseklong hulle verkoop hulle eie mense vir geld.

Dan ·

SkarrelKind, jy praat bog. Die Skandinawiese lande wat so vooruitstrewend is het min of geen van die faktore wat in SA ter sprake is. Ek hoef nie daardie faktore aan jou te noem nie, jy behoort presies te weet waarna ek verwys. Om daardie lande se vooruitstrewendheid bloot toe te dig aan die sekulêre, en dan nog boonop te beweer dat dit die Bybel weerspreek, grens aan waansin. Noem asseblief vir ons die name van die lande wat Christelike beginsels volg en waar alles volgens jou uitmekaar val. Of nog beter, noem vir ons die lande wat nog Christelike beginsels volg. Juis omrede Christelike beginsels nie meer gevolg word nie is die wêreld in die grootste gemors van sy bestaan.

Maya ·

Ek het geleer mens praat nie oor politiek, werk of kerk nie. Dit loop verseker hand aan hand, maar vriendskappe sneuwel vinnig wanneer dit by ‘n braaivleis bespreek word.

Cherokee ·

Maya, werklike vriende behoort mekaar toe te laat om te verskil in menings.

Kleintjie ·

Ja Truman Prince, jy wil mos God minag. Ek weet God is en bly in beheer of dit nou in die politiek is of waar ookal. Niemand sal my ooit die teendeel kan bewys nie.

NEL ·

Baie bly Truman Prince gaan sy bas sien, Lekker gelewe uit die munisipale koffer, gemaak en breek soos hy wil, Iemand sal hom nou ‘n job moet gee en ek hoop van harte dit sal nie die Da wees nie, Beafortwes het nie baie werks potensiaal nie, hy sal maar moet uitkyk vir ‘n skaapwagter pos wat gaan los kom. Een keer ‘n keer ‘n jakkals altyd een.

Jan maak n plan ·

Dis alles goed en wel dat die ANC sy bas sien maar niks word aan die mense gedoen wat dinge “verkeerd” gedoen het nie. Hulle boet nie vir hulle dade nie.

Hennie ·

Ps 14:1 sê “Die dwaas ontken die bestaan van God” Dus alle wysheid is by God, alle dwaasheid by hulle wie God nie toelaat nie, ook nie by sekere areas nie. Jammer Skarrelkind, jou stelling is hopeloos, oral is God se wysheid nodig as mens wil oorwin.

Mich ·

Ja-nee. Minag God en jy sal geminag word. Groter is Hy wat in my is as hy wat in die wereld is.

Johan ·

Ai as ons net die anc oral kan uitskop sal dit beter gaan.Die wiel draai stadig maar seker

Patsy ·

Daar lê ‘n lang en harde pad voor vir die DA by die nuwe verkose Munisipaliteite. Hul sal moet begin om die amptenare se “attitudes” te verander en dit gaan ‘n paar jaar neem om al daai vrot appels uit te kry. Dan eers sal resultate gekry en gesien word.

SkarrelKind ·

Dan, haal die klappe van jou oë af en begin wyer lees. Begin by waar en hoe morele waardes onstaan het. Dan kom jy terug en sê weer “net lande met Christelike waardes kan floreer”. Want dit is nou bog, veral as jy internet het en kan google. Begin sommer by José Mujica. En jy wil in ‘n land bly en Christelik waardes voorhou – wat van die Hindu’s en Jode? Het hulle geen sê hier nie, of is hulle net bywoners wat moet inval met die Afrikaner geloof? Dink verder. Jy woon lank genoeg in die land.

snoefie ·

ek het so pas n tydskrif “WORLDWIDE” se Apr Mei 2016 uitgawe gelees. dit wemel van sekularisme. nogal interessant om te leer dat sekularisme nie noodwendig anti christen is nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.