Verkiesingsuitslae: Só staan sake tans

Die verkiesingsuitslae soos dit Donderdagoggend om 05:30 gelyk het toe nog net 13,77% van stemme getel is. (Grafika: OVK)

[LET WEL] Die onderstaande inligting is die stemuitslae soos dit Donderdag om 05:30 vertoon het. Die uitslae word deurentyd opdateer namate die tel van stemme vorder. Sien die jongste uitslae.

Teen Donderdagoggend vroeg het die ANC voorgeloop in die sesde nasionale demokratiese verkiesing met 11% van nasionale stemme wat al getel is.

Hoewel politieke partye die uitslagborde in die nasionale uitslagsentrum in Pretoria met opgehoue asem dophou, is dié persentasie nog gans te min om ʼn betroubare idee van die finale uitslae van die verkiesing te gee.

Teen vanoggend is 1 339 764 nasionale stemme getel – 1 322 557 van hierdie stemme was geldig en  17 207 bederf. Die geraamde kiesersopkoms staan tans op 64,38% met 3 156 (13,77%) stemdistrikte waarvan die stemme getel is.

Die ANC het op die oomblik 52,75% van stemme ingepalm, gevolg deur die DA met 28,34% stemme. Die EFF is tans in die derde plek met 7,49% stemme, die Vryheidsfront Plus in die vierde plek met 3,86% stemme en die IVP in die vyfde plek met 1,36% stemme. Patricia de Lille se Good-party kon tot dusver 0,91% stemme inpalm en Cope kon tot dusver net 0,42% van stemme op die party verenig.

Ten spyte van die BLF se oortuiging dat dié party setels in die volgende parlement sal verseker, kon die party tot dusver nog net 704 stemme (0,05%) werf.

Die eerste uitslae het gisteraand kort voort middernag ingekom van ʼn piepklein stemlokaal in die Oos-Kaap waar slegs 21 mense gestem het. Die tellery van die stemme het dwarsdeur die nag voortgeduur.

Teen 05:30 was 26,35% van die stemme in die Wes-Kaap getel en het die DA sterk voorgeloop met 57,5% van die stemme. Die ANC is tans in ʼn stewige tweede plek in dié provinsie met 25,83% stemme gevolg deur die VF Plus met 3,46% stemme.

In Gauteng, sekerlik een van die hoogs betwiste provinsies, is daar tans nog net 6,7% van stemme getel. Tans loop die ANC ver voor in die provinsie met 54,84% van stemme, gevolg deur die DA met 23,17% en die EFF met 12,66% stemme.

In die Vrystaat is net minder as 15% van stemme al getel. Die ANC loop tans voor met 59,5%, gevolg deur die DA (20,86%), die EFF (9,59%) en die VF Plus (5,2%).

In KwaZulu-Natal is nog net sowat 4,2% van stemme getel en dit is geen verrassing dat die ANC verreweg die sterkste vertoon met 55,23% van die stemme nie. Die Inkatha Vryheidsparty kon tot dusver 18,03% stemme in die provinsie bymekaarmaak, gevolg deur die DA met 14,76% en die EFF met 6,62%.

Die verkiesingsuitslae soos dit Donderdagoggend om 05:30 gelyk het. Die groen gedeeltes verwys na die ANC, geel na die DA, rooi na die EFF en pers na die VF Plus. (Grafika: OVK)

Die ANC vertoon tans nog sterker in die Oos-Kaap waar byna 21% van stemme getel is. Die ANC loop voor met 72,39%, gevolg deur die DA met 14,36%, die EFF met 6,11% en die UDM met 1,71%.

In die Noord-Kaap is 45% van die stemme reeds getel. Hiér loop die ANC voor met 54,26% stemme, gevolg deur die DA (28,82%), die EFF (6,64%) en die VF Plus (5,12%).

In Limpopo, EFF-leier Julius Malema se tuisprovinsie, is die rooi barette tans in die derde plek met 4,91% van stemme wat tot dusver getel is. Die ANC neem ook hiér die voortou (65,81%) gevolg deur die DA (12,6%) en die EFF (11,25%).

Dieselfde patroon is in Mpumalanga sigbaar waar 14,67% van stemme getel is. Die ANC loop voor met 64% van stemme, gevolg deur die DA (14,87%) en die EFF (10,33%).

In Noordwes, ‘n provinsie wat oor die afgelope jaar gebuk gegaan het onder talle diensleweringbetogings, blyk dit tans of die meeste kiesers weer hul vertroue in die ANC gestel het. Sowat 16,8% van stemme is reeds in die provinsie getel. Die ANC het 60,79% stemme ingepalm, gevolg deur die EFF met 14,74% stemme en die DA met 13,30%.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

61 Kommentare

Pieter du plessis ·

Dit is net soos in Zimbabwe die mense brand en breek af maar kom die verkiesing dan stem hulle vir die einste party wat verantwoordelik is vir hulle ellende.

Demokrasiewerknie ·

Demokrasie werk nie in afrika nie, die mense het nie die vermoe om dit te verstaan nie.

Boerboel ·

More almal. Ja die ANC loop gerieflik voor. Kom ons hoop dat die kleiner partye meer stemme kry .Good party het defnitief stemme gevat by DA. VF + doen ook nie te sleg nie.

Gemaskerde Sopbeen ·

As jy ‘n verniet geldjie kry, al is dit hoe min, nie vir elektrisiteit betaal nie, en dagdroom oor promises van ‘n huis en ‘n plaas……terwyl jy jouself in die naaste spruit of rivier verlig….dan trek jy maar jou kruisie waar jy geel swart en groen sien, met ‘n wit hand wat ‘n assegaai vashou, en ‘n hoist-wiel wat nie wil draai nie….Shame man.

Mel ·

Ek verstaan nie wie stem vir die ANC nie!!! Ellende, geen werk, geen beloftes na gekom oor 25 jaar……hoe werk dit???

Denise ·

Dis hoe dit nog altyd in Afrika gewerk het, Mel+Pieter…ek glo dis die outjies se. VREES en geloof in shangoma’s en toordokters,wat hulle met voorvader woede dreig…ens.ens.juis omdat dit geen sin maak,dat hulle oor en oor v hulle sal bly stem…SPEKULEER ek

Vir party is werk nie 'n werkwoord nie ·

Almal wat werk in staatsinstansies. Die regering is die grootste werkgewer. Status quo beteken die ellende van korrupsie, onverantwoordbaarheid, en onproduktiwiteit kan voortduur. Sleepvoet werksetiek en swak diens met lekker vet salarisse word in plek gehou deur ‘n stem vir die ANC. Net ‘n ander vorm van ‘n gekaapte staat.

Kerrie Vlamskiet Briekstreep ·

.
.
Ek stem ANC …… dan weet ek darem ek gaan nooit tronk toe nie.
.
.

MD ·

Ek weet hoe. Ek was vir jare lank die boendoes ingestuur vir my gemeenskapsdiensjare as dokter. Ek het dinge gesien en beleef wat my eintlik moes PTSD gegee het. Daar leef letterlik miljoene mense in hutte en gate in die grond. Hulle het fisies niks. Toe ‘n 13-jarige kind my sien, toe reageer hy asof hy ‘n alien sien, was buite homself en gil en skree onophoudelik in Zulu. Uiteindelik vertolk ‘n verpleegster aan my dat dit die eerste keer in sy lewe is wat hy ‘n blanke mens sien. Miljoene mense stem ANC, want dis al wat hulle ken. Hulle sal hulle eie lewe vir die Chief gee, dis al wat tel. Sodra mens dit beleef het, verstaan mens dat dinge vir die volgende paar honderde jare nie sal kan verander nie.

stemmer ·

Dit werk so – oral om my het ek van mense verneem wat dit nie belanrik ag om te gaan stem nie. En raai wat, dis die mense van my eie nasie en taal. Beste van als is dis die mense wat heeldag kerm oor die toestand van die land. Elke stem tel. Maar aangesien ons n nasie het wat reken dit doen nie sal die party wat se mense wel dit belanrik ag om te stem mos natuurlik wen.

Alicia ·

Vir sommige mense, word daar vertel daar is ‘spy’ kameras by elke stem hokkie en as die mense nie vir sekere party/e stem nie, sal hul saam het hul families vermoor word…..
Ek dink dis onregverdig om mense sulke nonsens te voer want so maak hul seker hul kry genoeg stemme!

Jordaan ·

Hulle word voor die verkiesing vertel dat ‘n ander party die SASSA toelae gaan wegvat – dit is al wat nodig is om hulle weer hul kruisies op dieselfde plek te trek. 90 kripvreters en 10 belastingbetalers stem oor wat om met die belastinggeld te maak – raai wie gaan wen?

anton ·

@stemmer…..het jy dalk die mense wat verkies het om nie te stem gevra waarom hulle nie wil stem nie? Want net dalk dan sal jy miskien verstaan wat hulle redes is/mag wees.
Daar is dalk n BAIE goeie rede voor!!!
En Elna, ek stem nogal saam met jou!!!

Elna ·

Ek hoop dat ek toegelaat gaan word om te se wat ek dink van die storie. A en see sal gerieflik voorloop omdat dit vir die sesde keer nie n regverdige vry verkiesing is nie daar was al klaar stembriewe in bokse wat omgeruil was soos nog elke jaar gebeur en dis waarom a en see altyd ver voorloop. Die beste voorstel is om n regverdige vry verkiesing te he is om jou kaart Id deur n masjien te druk met jou besonderhede op en n scaner om jou duim se af druk te vat en dan jou wysvinger op die party waarvoor jy stem en sodoende word die stemme automaties getel en daar kan geen bedrogspul of koerupsie gepleeg word nie. Voor so tipe stelsel nie in werking is nie sal daar nooit n eerlike regverdige verkiesing wees nie. Binne kort gaan ons minderheidsvolkie ook dalk verban word om enige iets te koop in hierdie land. Ek se maar solank rus in vrede suid afrika want dit gaan nog moeiliker gaan as wat dit nou reeds al gaan.

koos ·

Elna, ek het ook soos jy gedink, maar die voorstel wat jy hier het, kan baie makliker gemanipuleer word. Enige rekenaar stelsel kan verander word of deur kuberkrakers verwoes word. Ek het egter nie ‘n oplossing nie, behalwe miskien om persone van ander lande kry, om die proses te beheer, maar dan is die kans dat hulle van Indie af kan wees?

Rupert Ashford ·

Business as usual…die Afrika-manier. Jy stem vir die “Chief” en klaar. :-)

Kerrie Vlamskiet Briekstreep ·

.
.
Ek stem ANC ….hulle gee my R300 “grant money” elke maand….so het ek daai vaste inkomste….n ander party kan dit wegvat.
.
.

Wat! ·

Waarvan praat jy tog?
Is jy sarkasties of wat?
Heelwat partye wat jou meer sal gee!

Sam Brookes ·

Een en twintig stemme het die hele nag geneem om te tel! ??? (grappie!)
Dankie die Here dat die BLF (wat onwettig op die kieserslys gekom het danksy die OVK), so min stemme op hul party verenig het. Daar moet nou daadeerklik teen hul openlike rassistiese en geweldsdreigemente opgetree word.
Beteken dit dat daar menslik gesproke hoop is vir SA? Ek stel my hoop slegs in die Enigste Drie-enige God!

GeeNieOmWatEkSeNie ·

Amen!

Hy is enigste heerser wat daar is en voorsien in al ons behoeftes !

Amen

Johan ·

Waar is al die regses nou wat volgehou het die DA gaan kleiner partye nodig he om die Wes-Kaap te behou?

Gerhardus ·

Johan, ek neem aan jy is ‘n stoere DA ondersteuner.
Dis nie waar dat mense wat nie vir die DA stem “regses” is nie. Daar is sake wat ons na aan die hart lê wat veroorsaak dat ons nie vir die DA KAN stem nie.
‘n Voorbeeld hiervan is aborsie (of jy weet nie die DA is pro-aborsie nie, of jy keur dit goed). As jy vir die DA stem gee jy hulle ‘n mandaat om namens jou daardie agenda te dryf. Ek sal nie in die aand kan slaap as ek aandadig is aan die moord van ongebore babas nie.
O ja … en vandat die DA Pretoria oorgevat het, het ons rekeninge die hoogste ingeskiet, en onlangs het ek sommer vir 2 maande na mekaar geen rekening gekry nie. Hulle blink miskien aan die bokant, maar onder ruik ek iets….

Boerboel ·

Stem saam Mel.
Onthou hulle word goed belowe. Kry hulle dit nie brand hulle af. Na 25 jaar het meeste nog niks gekry nie maar will ook nie veander nie.

japie ·

Demokrasie is nie juis ‘n logiese stelsel nie. Soos iemand dit gestel het, dis ‘n tel van koppe sonder om te tel wat in daai koppe aangaan!
Nietemin, baie geluk aan die Vryheidsfront Plus wat heelwat stemme van die liberale DA afgeneem het! Mooi so!

Privatiseer ·

Lees bietjie die gedeelte hier op Maroela media oor ” Armoede is verskriklik” . Dan sal die groter prentjie sin maak.

Privatiseer ·

Lees ook Leopold Scholtz se rebliek ” Stem strategies of prinsipieel”. DIt gee ‘n mooi blik op die invloed van beloftes en sluit aan by Flip Buys se artikel oor armoede. Niks gaan verander nie, inteendeel, die regering gaan net meer en meer rassisme blameer vir die foute wat gemaak word en hoekom beloftes nie nagekom kan word nie.

Jan ·

Is almal wat gaan stem het se gewetes nou gesus. Elke keer se “gaan stem” opsweep van blankes is oëverblindery om jou te laat glo dat jy relevant is. My liewe mense, ons het nie kiesers relevansie in ‘n “one man,one vote” stelsel. Hou maar eerder julle oë op die wolke.

Werner ·

Sien die DA vaar maar vrot in Gauteng demokrasie werk nie in Afrika nie

A seat is a seat.. ·

BLF kort so 46 000 stemme vir een setel in die Parlement.
Sover kwalifiseer die 700 stemme nog net vir die toeslaan ‘seat’ in die badkamer…

Louise ·

Ons moet druk vir elektroniese stemme volgende keer.

No space for corruption.

Universiteite doen dit al jare en ook GEMS mediese fonds vir hulle councils.

Kerr ·

Ek hoop regtig so… Want dis belaglik DAT nog op die ou stelsel van stem is..

TN ·

Die ANC gaan ver onder 60 % van die stemme kry en die DA groei steeds sterk __ daar is hoop vir die land en die demokratiese prosesse word sterk bevoordeel deur die beter verspreiding van ondersteuning . Geluk ook aan die VF+ met hul groei __ daar is meer mense wat nogsteeds vaskleef aan die verlede as wat mens gedink het maar gelukkig is hulle baie ver in die minderheid !

Wildehond ·

Deur te werk vir ‘n volkstaat aan die Weskus is als behalwe vas klou aan die verlede. Inteendeel, dit is stap vorentoe vir Afrikaners. Die anti-volkstaters moet maar tevrede wees met die ANC, want hulle gaan nog vir lank regeer. Maar teen daardie tyd sal hier in elkgeval boggerol oor wees om te regeer.

Jaco ·

Hoe is dit MOONTLIK??? Deur vir die ANC te stem sê dat jy ok is met staatskaping, korrupsie, hoë werkloosheid, swak rand, hoë kos en brandstofpryse, onteieing sonder vergoeding, ineenstorting van die kragnetwerk, poskantoor, eskom ens. IETS IS FOUT!! Ek wonder regtig hoe korrupsie vry hierdie kamma verkiesings is!!

Pieter ·

Jan Kom ek wys jou gou wiskundig hoekom elke stem tog tel Blankes maak min of meer 10% van die populasie uit Kom ons vergeet vir n oomblik van die onder 18s wat nie kan stem nie want dis tog dieselfde vir alle groepe. Vir 2019 het slegs 75% van die wat kan stem geregistreer so maw as alle blankes geregistreer het sou dit 10/75 wees. Van almal wat geregistreer het, het twee derdes kom stem dis 2/3 x 75 = 50 So maw dit kom daarop neer dat net die helfde van SA gestem het As alle blankes vir een party gestem het was 20% van die totale stem klaar vir daardie party teen die ANC (Ek het nie vir die DA gestem nie FYI) Om meer stemme as die ANC te kry moes 16/50 of maw 32% van die oorblywende stemme vir daai party gestem het Minder as n derde…

Jan ·

Ek is dankbaar vir jou dat jy relevant voel. Ek hoop jou merkie was vinnig af.

Irrelevante Stemmer ·

Suid-Afrika se stelsel van verteenwoordiging werk so: daar is 400 setels in die nasionale vergadering. Die totale aantal geldige uitgebragte stemme in ’n verkiesing gedeel deur die aantal setels is ‘n setelkwota. Die aantal stemme wat ‘n party trek ÷ die setelkwota = die aantal verteenwoordigers van daardie party in die nasionale vergadering.

Volgens Statistiek Suid-Afrika is daar ongeveer 37,8 miljoen mense van stemgeregtigde ouderdom (18 jaar en ouer) in Suid-Afrika.[4] Hiervan is 26 727 921 miljoen as kiesers geregistreer.[5] Met ‘n optimistiese stempersentasie van 75% sal die setelkwota dus 26 727 921 x 75% ÷ 400 = 50 115 stemme wees. Om die mag te bekom, moet die party wat wen, meer as 200 verteenwoordigers in die nasionale vergadering hê, dit wil sê hy moet (200 x 50 115) = meer as 10 miljoen stemme kry. Die totale getal blankes in hierdie kategorie (18 jaar en ouer) is maar sowat 3,6 miljoen. Sou Blankes in dieselfde verhouding as die res van die bevolking as kiesers geregistreer wees, beteken dit dat daar sowat 2,6 miljoen blankes geregistreer is,[6] dit is nie eers ‘n tiende van die totale aantal geregistreerde kiesers nie.

At ·

Weereens ‘n bewys dat reg nie meer sal geskied deur ‘n stemproses in SA nie.

Elna ·

Dankie Koos jy het eintlik n baie goeie punt beet daar. Hulle peuter mos maar aan alles. Dis eintlik baie moeilik om te se wat is die regte kanale om n regverdige eerlike en vrye verkiesing te he. Dankie vir jou standpunt Koos dit maak sin. Mooi daggie vir almal.

Sê maar net... ·

Kom ons hou op,om rondom vreugde vure te dans,met ons eie 1 setel, oor die DA se vertoning, mense en dans eerder as die BLF,EFF EN ANC afchop toe!

Willem Grobler ·

Wat was Einstein se definisie van gekheid nou weer? Doing the same thing over and over and each time expecting a different result.

Probeer om aan te beweeg ·

Daar is nog steeds ‘n groepie mense wat dink dat die VF+ sal of moes wen om die nuwe regering te word. Nou is hulle ontnuger en skree onregverdig, onregverding want hulle besef nog steeds nie dat wit mense by verrrrre en totaal in die minderheid in Suid Afrika en Afrika is nie. Die tyd van wit oorheersing in Afrika is vir altyd en vir goed verby. Kom oor dit en beweeg aan. Dit help nie om al kermend te knor en te brom en voete te stamp oor die verlede nie en in gate of ondergrondse bunkers met blikkieskos, beskuit en vetkerse weg te probeer kruip nie. Wit oorheersing in Afrika is geskiedenis en toenemend in die verre verlede soos die tyd aanstap. Probeer om te LEWE in Vandag soos dit vandag is.

Sarie ·

Nog nooit het die VF+ gesê hulle wil die land regeer nie. Hulle staan vir minderheidsregte en is ‘n stem van rede in die parlement. Baie bekwame politici wat ver bo hul vermoë in vergaderings presteer, vergelyk die pensioene van Transnet werkers. DA het niks gedoen nie.

TN ·

” Die DA het niks gedoen nie ” __ kom kyk in die Wes-Kaap ; die enigste provinsie waar daar iets aangaan .

Dries du Toit ·

Die behoudendes moet nog duim vashou. Ons word nog getel en dit gaan goed. Ek is vol moed dat ons baie goed doen. Wees geduldig selfs die liberale analiste kry dit nie reg om ons te ignoreer nie

Johan van Rensburg ·

Blameer alles op ons skool stelsel. Op veraf geleë plekke kan hulle nie lees nie. Hoe sal hulle weet van al die korupsie ens. Regering se beleid hou hulle ongeleerd dan stem hulle vir ons.

dolf ·

@ TN

En wat van Pretoria en Johannesburg????

Ek weet vir ‘n feit dat Pretoria 100% erger daaraan toe is as toe die CancER daar regeer het.

Julle het geen rede om so arrogant te wees nie. Wes kaap is net ‘n klein deeltjie van SA NIE DIE HELE SA NIE, of beoog julle ook nou ‘n afstigting/ volkstaat?

Wat het beword van da gaan Gauteng wen?????? As ek julle was het ek vandag liewer my kop in skaamte laat sak en doodstil gebly! Julle het NIKS om op trots te wees nie! Sien julle praat alklaar van WEER met die eff in die bed spring? Siestog!

TN ·

Alhoewel net 12 % van die land se totale kapasiteit in die Wes-Kaap gesetel is , is meer as die helfte van die totale werkgeleenthede wat in die land geskep is oor die afgelope 12 maande HIER geskep . As dit nog steeds nie vir jou sê wat die DA beter doen nie , het jy regtig ‘n probleem ! Dit ten spyte van die ANC se pogings om die Wes-Kaap onregeerbaar te maak met die massas mense wat hulle hiernatoe aanry .

Theoman ·

TN jy verstaan blykbaar nie waarna Sarie verwys het nie, dit gaan oor die pensioene van die duisende Transnet werkers wat net weggeraak het,as dit nie vir die VF PLUS was wat die hele kwessie geopenbaar het nie, so daar sekerniks van gekom het nie. En terloops TN jou DA het geskitter in hul afwesigheid hieroor, dis blanke pension geld.

maatjan ·

ek wil net graag vir die betrokke persoon se wat onder VIR PARTY IS WERK NIE N WERKWOORD NIE se nie almal wat werk vir die staat is treurig soos jy beweer nie kry asb jou feite in plek voor jy sulke opmerkings maak

Dolf ·

@TN
Jy beaam eindlik maar net my argument dat, buiten vir in WK, die da NIKS NOEMENSWAARDIG gedoen het nie?
Ek praat van Pta en Jhb waar julle ook regeer maar waar dit 100% swakker gaan as toe die a en c aan stuur was!
Dankie, jy maak dit soveel makliker om julle arrogansie te demonstreer!

Ivy ·

En so sal ek nou nog minder werk kry in KZN, soek alreeds vanaf Maart, !!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.