Verkiesingsuitslae ter syde gestel

Argieffoto

Argieffoto

Die konstitusionele hof het Maandag die uitslag van die omstrede Potchefstroomse tussenverkiesing in 2013 ter syde gestel.

Die konstitusionele hof het beslis die tussenverkiesings wat in sewe wyke van die Tlokwe-munisipaliteit gehou is, was nie vry en regverdig nie.
“Die DA in Tlokwe, Potchefstroom, verwelkom die eenparige beslissing in die konstitusionele hof dat die uitslag van die tussenverkiesing op 18 September 2013 ter syde gestel word,” het Hans-Jurie Moolman, die party se koukusvoorsitter in Tlokwe, gesê.

“Die beslissing stel die DA in staat om ʼn mosie van wantroue teen burgemeester Kgotso Khumalo en speaker Berei Segetso te bring. Die beslissing bewys verkiesingsongerymdhede het geen plek in ʼn demokrasie nie, aangesien vry en regverdige verkiesings fundamenteel is.”

Moolman het gesê die DA stem saam met regter Edwin Cameron dat “ons nie kan bekostig om diegene wat so hard geveg het vir demokrasie, te verraai nie”. Hy het gesê die beslissing beteken dat die huidige 29 ANC-raadslede verminder sal word tot 21 en dat die ANC nie meer die meerderheid in die Tlokwe-munisipaliteit sal hê nie.

Cope in Noordwes het ook die konstitusionele hof se uitspraak verwelkom. “Die onafhanklike kandidate het hul aansoek met koste teen die OVK [Onafhanklike Verkiesingskommissie] gewen en ons het altyd geweet die onafhanklike kandidate ʼn onreg aangedoen is, aangesien die tussenverkiesing nie vry en regverdig was nie,” het Thabang Maduna, woordvoerder van die party, gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Bruno Stef ·

Dit is maar n bietjie mosterd na die maal die volgende Munisipale verkiesings is om die draai in volgende jaar en die ANC het die voordeel van die bedrog tot nou toe gehad.Hulle gaan appelleer en die saak vir nog n paar maande uitrek.

Emile ·

Niemand kan teen ‘n grondwethofuitspraak appelleer nie. Dis die finale en hoogste hofuitspraak vd land.

Minstens sal die ANC nie meer die meerderheidstem he^ om kospakkies edm uit Potch se kasregister te betaal vir stemme werf in a.s. jaar se verkiesing nie.

Ww ·

Daar moet altyd hof gegaan word met gewone belasting betaler se geld net om te bewys die ANC is skelm en het geen eerlikheid nie

Jacques ·

Die DA het tydens hulle kort bewind. Gewys hoe om die raad kundig te bestuur. Dit is n goeie tyd om so vertoning voor die verkiesing te lewer. Of die huidige onwettige lede hulle voordele gaan opgee is n ander saak

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.