Verkiesingsveldtogte duur voort op Werkersdag

Foto word versprei op sosiale media. Bron: Onbekend

Foto word versprei op sosiale media. Bron: Onbekend

Politieke partye maak van Werkersdag gebruik om talle verkiesingsveldtogte dwarsoor die land te hou. Die algemene verkiesing vind oor minder as ʼn week plaas.

Die ANC hou Donderdag dwarsoor die land veldtogte en pres. Jacob Zuma sal na verwagting ondersteuners in Polokwane toespreek.

Julius Malema, leier van die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) sal die Nasionale Raad van Vakbondvereniginge in Emalahleni (Witbank) in Mpumalanga toespreek.

Helen Zille, leier van die Demokratiese Alliansie, sal ondersteuners by ʼn verkiesingsveldtog in Kimberley in die Noord-Kaap toespreek.

Zanele KaMagwaza, leier van die Nasionale Vryheidsparty (NFP), sal ʼn biddag vir ʼn vreedsame verkiesing in Durban, KwaZulu-Natal, bywoon. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Shannon ·

Dit maak sin dat Volkswagen – ‘Hersteller von die Volks Auto’ – ook in Suid Afrika voertuie verskaf aan die piepoel.
Die vervaardigers van die nederige Kewer, wat tot stand kom in opdrag van `n volslae rassis en anti-Marxistiese diktator, het `n nuwe mantra – “Cars for communists !!”

As daar nou maar een ding is waarvoor elke Tjinees en alle hoof manne van die mees geflopte kontinent op die bol baie lief is voor, dan is dit peper duur Duitse sedans.

Die artikel foto lyk meer na `n uittreksel uit `n Top Gear episode, waar Clarkson die Audi onderstel kom toets in `n land waar daar begroting is vir bg. motors maar nog nie genoeg vir teer nie. Daarvoor sal die buitelandse bydrae aangewend word … miskien.

Die huise in die agtergrond word bykans gratis verskaf, en die krag bo oor word basies gesteel. Waarom sou die dankbare inwoners dan nou nie die nuwe bestel wou voortsit nie ! Die epiese Struggle duur voort.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.