‘Verklaar Afrikaans tot inheemse taal’ – DA

blade-nzimande

Blade Nzimande. (Foto: Flickr/GovernmentZA)

Die DA gaan Dinsdag ’n petisie aan die departement van hoër onderwys oorhandig om Afrikaans tot inheemse taal te verklaar.

John Steenhuisen, leier van die DA, en dr. Leon Schreiber, die party se skaduminister van openbare dienste en administrasie, sal ook ’n betoging buite die kantoor van dr. Blade Nzimande, minister van hoër onderwys, in Tshwane lei.

“DA-leiers en lede van oor die land gaan hulle môre by die betoging aansluit om aan die ANC-regering te demonstreer dat Afrikaans sy regmatige plek tussen die land se inheemse tale verdien en dat die DA sal aanhou veg vir die beskerming van alle inheemse tale in Suid-Afrika,” sê Schreiber.

Die party het verlede maand die petisie van stapel gestuur nadat Nzimande in Oktober verlede jaar ’n beleidsraamwerk vir taalgebruik in hoër onderwys bekendgestel het waarin slegs “Suid-Bantoetale” as inheems aan Suid-Afrika erken word.

Die DA het ook klagtes in dié verband by die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie ingedien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

29 Kommentare

jongste oudste gewildste
nieksias

Afrikaans, Nederlandse dialek eie aan Afrika.
Wyd in gebruik. Word Afrikaans genoem omdat in Afrika ontwikkel het.
Hoekom moet dit so moeilik wees om die konsep te verstaan?

Johann

Wat ‘n patetiese spul, kyk net by wie vra hulle erkenning!!!

Jack

Te laat DA.So bietjie te laat.Die meeste Afrikaanse blankes is lankal klaar met die DA.Niks gaan nou meer die gety laat draai nie.

Chris dupreez

Ons hoef niemand te vra om Afrikaans tot n inheemse taal te verklaar nie. Dit is n inheemse taal want dit het sy ontstaan hier in suid afrika ,maak nie saak wat nzimandi sê nie, wie is hy in elk geval. Vra hom niks , sê hom eerder om die onderwys reg te kry wat hulle so opgeneuk het.

Dries

Stem saam. Daar is baie meer wat nou belangriker is om te probeer bewys. Die ANC is n klomp onbevoegte, gewentenlose korrupte diewe . Kry dit liewer in die dom massas se koppe. Hulle haat Afrikaans en erkenning gaan niks verander nie.