‘Verklaar kommandowurm tot nasionale ramp’

Skade aan mielieland in Dwaalboom. Foto: Twitter via @EngelbrechtPiet

Skade aan mielieland in Dwaalboom. Foto: Twitter via @EngelbrechtPiet

Die DA het ʼn beroep gedoen op Des van Rooyen, minister van samewerkende regering en tradisionele sake, om die uitbreek van die herfs-kommandowurmplaag as ʼn nasionale ramp te verklaar.

Anette Steyn, die DA se skadumininster van landbou, bosbou en visserye, het gesê slegs as dit gedoen word sal daar broodnodige geld beskikbaar gestel word om die mielieboere wat tans gebuk gaan onder die plaag by te staan.

“Dit is absoluut noodsaaklik dat die regering spoedig en op ʼn effektiewe wyse reageer. Die nagevolge sal tot werksverliese lei wat ons land nie kan bekostig. Boere kan hul oeste verloor.”

Steyn het bygevoeg dat dié plaag voedselsekuriteit kan bedreig en die verhoging van voedselpryse tot gevolg hê. “Dit gaan beteken dat baie families nie kos op hulle gesinne se tafels kan sit nie.”

Foto: Twitter via @landbou.

Foto: Twitter via @landbou.

Maroela Media het vroeër berig toetse deur die Landbounavorsingsraad (LNR), in samewerking met die instituut vir plantbeskerming, het die uitbreking bevestig.

“Soos sake tans staan voldoen Suid-Afrika aan al die vereistes om die plaag as ʼn nasionale ramp te verklaar in terme van afdeling 23(6) van Wet op Nasionale Rampbestuur. Die wet stel dit duidelik dat dit nasionaal verklaar kan word indien dit meer as een provinsie beïnvloed”.

Volgens berigte is die herfskommandowurm nou al opgemerk in ses van die nege provinsies, naamlik Limpopo, Noordwes, Gauteng, Vrystaat, Mpumalanga en die Noord-Kaap.

“Die departement was tot dusver hopeloos te traag om te reageer op hierdie verwikkelinge. Hulle is al verlede jaar Oktober deur die instituut vir plantbeskerming gewaarsku. Hulle het die uitbreking van die herfskommandowurmplaag bevestig in Nigerië en gewaarsku dat dit blitsvinnig kan versprei”.

Steyn het gesê dit is noodsaaklik dat die voorkoms van dié wurms as ʼn ramp verklaar word sodat die tesourie geld beskikbaar kan stel om die Nasionale Rampbestuurfonds in staat te stel om toelae aan al die provinsies wat beïnvloed word uit te betaal.

“Die DA sal nie net terugsit en kyk hoe nóg ʼn ramp katastrofiese vlakke bereik voordat iets daaraan gedoen word soos met die afgelope jaar se droogte nie,” het Steyn gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

jaco ·

dis n lekker manier om saam met die droogte en al die plaasaanvalle, die wit boere finaal af te kry van die grond wat hulle glo “gesteel” het.

Bogola ya mpya ·

The chances that Des van Rooyen will assist farmers after them conspiring against him becoming minister of Finance is exactly and absolutely NIL.
Food shortages will never-the-less-be-blamed on white farmers for not properly protecting their crops

AL ·

Ons belastingbetalers betaal die Regering om sy werk te doen! Is hul te sleg om te hul werk te doen?! Dis nie ons plig om vir hul te se wat hul moet doen nie – hulle moet dit alreeds geweet het en voorkoming gedoen het!

FM ·

Bogola, dis net soos jy daar sê, because it implicates aid for WHITE farmers. We can play the racecard because thats a fact. The country can be downgraded ten times, maar vir die wit boere sal hulle nie help nie. The goverment know the facts about armyworm, but they are as stubborn as a mule because of the white boere. Mark my words.

John ·

Is Des van Rooyen weer aangestel as die minister van finansies? Dis nuus. Wanneer het dit gebeur?

AL ·

Hy het n ander portefeulje gekry – samewerkende regering of iets. As hy tans so onproduktief en traak my nie agtig optree in sy huidige portefeulje – behoede ons dat hy Minister van Finansies was!

Ouvrou ·

My my dae op die plaas moes ons maar self die peste en plar bestry. Ons het nie regering toe gehol en ramp geskreeu nie. A nee a. Boere moet begin om na sulke dinge ook te kyk.

AL ·

Julle het nie nodig gehad om na die Regering te hardloop in die ou dae nie. Die Regering sou self ingespring het om te help om n nasionale ramp af te weer!

Christa ·

Daar was ook beter beheer oor plae wat die land mag inkom. Hulle sou LANKAL gehoor het dat so ‘n plaag op pad was en sou nie eers wag totdat dit ons land tref voordat hulle daarvan werk maak nie. Hierdie regering is altyd aan die slaap – kyk na ons Parlement op TV!!!

Ouvrou ·

In my dae op die plaas moes ons maar self die peste en plae bestry. Ons het nie regering toe gehol en ramp geskreeu nie. A nee a. Boere moet begin om na sulke dinge ook te kyk.

Piket ·

Rede hoekom daar nie voorkomend opgetree word nie is omdat hulle nie weet hoe nie, en ook nie kan uitwerk dat so ‘n uitbreking fataal kan wees nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.