Verkool op die N1: Slagoffer se naam bekend

William du Plessis Foto: Facebook

William du Plessis Foto: Facebook

Die man wat Dinsdag tydens ʼn ongeluk op die N1, sowat 5 km buite Ventersburg, in die wrak van sy motor verkool het na ʼn ongeluk met ʼn vragmotor, se naam is bekend gemaak.

“Die 24-jarige William du Plessis van Upington in die Noord-Kaap se naasbestaandes is van sy dood in kennis gestel,” het sers. Mamello Mokhuoane, woordvoerder van die polisie, in ‘n verklaring gesê.

Du Plessis, wat by die Imperial Group in Edenvale gewerk het, moes ʼn voertuig in Kroonstad aflewer toe hy glo op pad daarheen verdwaal het. Hy het omstreeks 00:15 met ʼn Hyundai i10 gery toe hy ʼn u-draai gemaak en ʼn vragmotor, wat op pad was na Windburg, hom getref het.

Maroela Media het vroeër berig die vragmotor kon glo nie betyds stop nie en het die motor ʼn paar meter ver gesleep voordat dit uiteindelik tot stilstand gekom het. Die motor het aan die brand geslaan en Du Plessis was vasgekeer.

Die bestuurder van die vragmotor is nie beseer nie.

“Die polisie in Ventersburg kon deur die nommerplaat bepaal dat die motor aan die Imperial Group behoort en het só Du Plessis uitgeken,” het Mokhuoane bygevoeg.

ʼn Saak van strafbare manslag word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

snip ·

Ek wonder net of William ooit n U-draai gemaak het, of was die vragmotor sonder ligte. Dis maklik om die een wat nie kan sê wat gebeur het nie die skuld te gee en hoe sou William nie n vragmotor in die aand met ligte gesien het nie. Baie sterkte aan die familie.

ladybug ·

Al gesien hoe mense voor vragmotors in jag of op hul hakke ry en as die bestuurder dan hul voertuig beskadig die skuld kry vir die ongeluk?

gerrie ·

Hy was ons friend en hy was nie blind nie ons wonder die selfde

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.