Verkoolde liggaam in treintrok gevind

Argieffoto Foto: stevepb, Pixabay

Argieffoto Foto: stevepb, Pixabay

ʼn Verkoolde liggaam is in ʼn treinwa gevind wat by die Vishoek-treinstasie naby Kaapstad weens ʼn veldbrand aan die brand geslaan en uitgebrand het.

Liezl Moodie, ʼn woordvoerder van die Stad Kaapstad se brand-en-reddingsdienste, het Donderdag gesê brandbestryders het op die liggaam afgekom nadat hulle ʼn veldbrand bestry het wat na die treinstasie versprei het.

Die liggaam is onherkenbaar verbrand. Twee treinwaens het in die slag gebly.

Moodie het gesê die veldbrand het na die berghange versprei en drie helikopters is ingespan om die vlamme met waterbomme te blus.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Retief ·

Ek sou Vishoek nie as “naby Kaapstad” beskryf nie. Dis maklik 50 km van Kaapstad af in die Suid-Skiereiland. En hoe het die oorledene daar gekom? Dalk in die trein geslaap waar hy nie gehoort het nie? Die brand kon hom ook nie só vinnig oorval het dat hy nie kon uitkom nie.

Hugo ·

Ek het dieselfde gedink… Maar dink aan nie-Kapenaars se perspektief… weet jy hoe vêr Brooklyn van Manhattan af is?

Ebri ·

Die veld/fynbosbrande raak nou te dik vir ‘n daalder, dink julle nie? Wanneer die wind op sy ergste woed, kan mens maar weet dat daar iewers in die Wes-Kaap ‘n vuur gaan “uitbreek”. Dié naweek het dele in die Overberg sleg deurgeloop deur vuur wat in die vroeë oggendure begin het. Wonder maar net….

CHRISTA ·

Ek dink 90% van hierdie brande word OPSETLIK GESTIG!!! Ons het NOOIT voorheen SOVEEL brande gehad nie – hoekom nou??

Elbri ·

Hierdie veld/fynbosbrande wat deesdae die Wes Kaap teister, is darem net te dik vir ‘n daalder. As die wind baie sterk waai, kan mens maar weet daar gaan iewers ‘n vuur “uitbreek”. Die afgelope naweek het dele in die Overberg sleg deurgeloop deur brande wat in die vroeë oggendure begin het. Mens kan maar net wonder…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.