Verkoolde lyk in kattebak gevind

misdaadtoneel

Argieffoto

ʼn Saak van moord word ondersoek nadat ʼn verkoolde lyk Maandag in die kattebak van ʼn uitgebrande motor in Oos-Londen gevind is.

Kapt. Mluleki Mbi, woordvoerder van die Oos-Kaapse polisie, het gesê verbygangers het die uitgebrande motor naby die Fort Jackson-steengroef gesien en ondersoek ingestel. Hulle het die liggaam in die kattebak aangetref en die polisie ontbied.

Mbi het gesê die oorledene, ʼn man vermoedelik in sy dertigs, is nog nie geïdentifiseer nie. “Ons kan nie bevestig of die man doodgebrand het en of hy vroeër vermoor en die liggaam net aan die brand gesteek is nie,” het Mbi gesê. Die polisie wag op die verslag van die nadoodse ondersoek wat die oorsaak van dood sal bevestig.

Mbi het gesê die man was nie vasgebind nie en dit is nie duidelik wanneer hy dood is nie.

Niemand is nog in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

CAROL ·

Wat is dit met die mense wat ander verbrand??? Goeiste ….. siek mense in die werld!!

Magda ·

Wat het geword van “Humanity” in die wereld – Deesdae is dit net elke een vir hom self.

johann ·

Ek kan julle almal antwoord : julle ken nie die ongediertes se kultuur nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.