“Verkoop Amplats aan werkers,” sê Amcu

Joseph Mathunjwa. Foto: miningmx.com

Joseph Mathunjwa. Foto: miningmx.com

Die vakbond Amcu is gekant teen Amplats se plan om sy myne in Rustenburg en Limpopo te verkoop en het gewaarsku dat hulle sal optree indien die transaksie sou voortgaan.

Joseph Mathunjwa, leier van die Association of Mineworkers and Construction Union (Amcu), het gesê Amplats moet sy Rustenburg-myn aan die werkers verkoop. “Ons het voorsorgfondse wat ons as sekuriteit kan aanbied en kan dan steeds voortgaan om platinum te myn,” het hy gesê. “As ons hierdie myne besit sal ons nooit die rou materiaal na oorsee uitvoer nie, en ons sal hier werksgeleenthede skep.”

Amplats het verlede maand ná ʼn vyf maande lange staking aangekondig dat hy van voornemens is om sy bedrywighede in Rustenburg en Limpopo te verkoop.

“Ons sal binne die grense van die wet vuur met vuur beveg om die regte van ons lede te beskerm,” het Mathunjwa gesê. Hy het aan ʼn skare van ongeveer 12 000 gesê sy vakbond sal terugbaklei indien die Amplats-transaksie werkers by die huis wil laat verhonger. “Dit sal nooit gebeur nie.”

Vakbondlede het Saterdag die ysige koue aangedurf om die tweede herdenking van die skietery in Marikana by te woon. Altesaam 44 mense is in Augustus 2012 tydens stakingsverwante geweld oorlede.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Belinda ·

Gaan presies eindig waar die ou Grootvlei ge-eindig het met Zuma se familie in beheer!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.