Verkoop van renosterhoring gefnuik

Die renosterhoring wat in die kattebak gevind is. (Foto: SAPD)

Twee verdagtes sal na verwagting Woensdag in die Johannesburgse landdroshof verskyn nadat hulle in die besit van ’n renosterhoring betrap is.

Kapt. Ndivhuwo Mulamu, woordvoerder van die Valke, sê die polisie se honde-eenheid in Benoni aan die Oos-Rand het Maandag inligting ontvang oor verdagtes wat ’n renosterhoring wil verkoop.

Polisiebeamptes het op dié inligting gereageer en die verdagtes se motor in Lionelstraat in Benoni voorgekeer. ’n Renosterhoring, versteek in ’n plastieksak, is in die verdagtes se wit Mercedes-Benz se kattebak gevind.

Die verdagtes is op die plek in hegtenis geneem op aanklag van die onwettige vervoer en besit van ’n renosterhoring. Daar is ook beslag gelê op die motor vir verdere ondersoek.

Die Valke in Germiston het intussen die ondersoek oorgeneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Casper ·

As hulle ‘n Mercedes kan ry is geld nie problematies nie.Waar kom die horing vandaan.Is daar nie ‘n skyfie in nie.

jzjz05 ·

Dit gee n mens moed dankie vir die polisie se flink optreede,die twee moet nou se wie al hulle meeloopers is

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.