Verkoop van renosterhoring nou wettig in SA

Argieffoto: Reint Dykema

Die konstitusionele hof het die departement van omgewingsake se versoek om te appelleer teen ʼn vroeëre bevel dat die moratorium op plaaslike handel van renosterhoring gelig moet word, verwerp.

Dit beteken die verkoop van renosterhoring is nou wettig in Suid-Afrika. ʼn Internasionale verbod op die verkoop van renosterhoring bly egter van krag.

Edna Molewa, die minister van omgewingsake, het haar in Junie verlede jaar tot die konstitusionele hof gewend nadat die hooggeregshof vroeër beveel het dat die moratorium op plaaslike handel van renosterhoring gelig moet word.

Johan Kruger, ʼn wildboer van Limpopo, het hom in 2012 tot die hof gewend om ʼn moratorium, wat in 2009 op die plaaslike handel van renosterhoring geplaas is, te laat lig. John Hume, die grootste renosterboer ter wêreld, met meer as 1 000 renosters op sy plaas buite Klerksdorp, het in 2015 by Kruger se hofgeding aangesluit as die tweede aansoeker in die saak.

Die departement van omgewingsake (DEA) het die aansoek teengestaan. Die Noord-Gautengse hooggeregshof het in 2015 in Kruger en Hume se guns beslis en die moratorium ter syde gestel. Molewa het die hooggeregshof genader om verlof tot appèl, maar dit is van die hand gewys. Molewa het haar toe tot die hoogste hof van appèl gewend, maar die departement se aansoek is weer met koste van die hand gewys.

Wildlife Ranching South Africa (WRSA) en die Vereniging vir Private Renostereienaars het saam met Kruger en Hume as respondente in die saak opgetree.

Die koop en verkoop van renosterhoring in Suid-Afrika sal met die uitreiking van permitte gereguleer word.

Die internasionale kommersiële handel in renosterhoring word steeds, ongeag die besluit van die konstitusionele hof, ingevolge die konvensie oor die internasionale handel in bedreigde spesies (Cites) verbied.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

61 Kommentare

m ·

Verstaan ek nou reg, so nou kan mense ma die laaste bietjie renosters uitmoor en hulle horings verkoop want dis mos nou wettig????

Deon ·

Die besluit sal ons renosters se oorlewing verseker, Renoster eienaar kan die horings oes sonder om hulle dood te maak. N strooper sal nie n renoster sonder n horing kom skiet nie. Die wins sal verseker dat meer mense renosters wil boer en bewaar. Soos alles in Afrika, as jy nie vir jou self kan betaal nie is daar nie plek vir jou nie. As hulle net internasionaal kan handel sal die swart mark ookbegin tiep.

Francois le Cockon ·

Nee, jy verstaan verkeerd. Om dit eenvoudig te stel, jy hoef nie ‘n koei dood te maak, om die melk te “oes”, en dan te verkoop nie.

Lampies ·

Nee, m, jy verstaan nie reg nie. Al wat nou gebeur is dat die renoster hier te lande, waar by verre die grootste populasies in Afrika voorkom, ‘n waarde kry. Dit kan nie anders nie! Wildboerdery is ‘n besigheid en besigheidsbeginsels moet geld, anders is daar geen motivering om ‘n wildplaas te bedryf nie.

Peanut ·

M word wakker dit is vandat daar n verbod geplaas is wat die renosters vermoor word, nou kan die horings ten minste ge-oes word. Hoop net dat telers dit nie te duur maak dat die stropers nog steeds voort gaan nie. Maak dit n billike prys en gee die diere n kans. Ek sien eerder n renoster sonder n horing as geen renoster

Chris ·

As dit gewettig word sal dit ook die pryse van smokkelhandel verlig. Nou kan die boere self die horings afhaal en dit verloop en sal die smokkelaars hulle greep verloor op renosters.

Es ·

Dinge raak al hoe erger in die land van ons. As dit nie die boere is wat uit gemoor word nie is dit gesinne in hul huise met diefwering as fit nie hulle is nie ks dit bejaardes in aftree oorde nou glad ons pragtige renosters. baie dankie JZ deur jou is alles wat onwettig was nou wettig in JUNK STATUS KORRUPTE LAND.

Boerseun ·

?? hoe het JZ enige iets met die asiate wat van renosterhoring hou te doen

Skokkende nuus ·

WEL dan kan al die maatskappye en radiostasies en almal wat GELD insamel om die BEKAMPING van die MOORD op renosters nou maar die geld vir iets anders gebruik. As dit nou wettig is, laat al die skarmunkels vry wat in die tronke sit vir renosterhoring handel en vernietig nou maar nog die laaste renosters wat in die LAND is . VERNIETIG alles, kyk hoe lyk Noord AFRIKA, ons is vinnig oppad soontoe, daar is geen respek meer vir lewens nie, ook nie vir diere en die natuur nie, alles gaan oor GELD en HEBSUG. MOENIE dan nou aangaan oor renosters wat vermoor is en mense NAME EN SHAME nie, hulle doen dit nou WETTIG!! Skokkend hoe laag ons al gedaal het. RAPE gaan ook een van die dae gewettig word.

Boerseun ·

Die statstiek bewys dat daar minder renosters dood gemaak was toe dit wettig was om die horing te verkoop as na die wetgewing in werking gestel is. So hoe nou?

Spook ·

Presies boerseun. En meer mense sal met hulle begin boer… Wat op die einde van die dag beteken meer renosters Wat weer in die wikd terug gesit kan word. Dit sal ook die prys op renoster horing afbring… Wat dit op die einde van die dag minder die moeite werd gaan maak om hulle te stroop en te verkoop. Dink bietjie verder mense

Bubbles ·

Ok ek probeer nou net reg verstaan… Ek verstaan dit gaan die renoster populasie opstoot omdat daar meer geboer gaan word.. maar gaan ons dan nou ‘n klomp renosters hê wat sonder horings rondloop?

Boerseun ·

Beeste en skape loop sonder hulle horing. Die horing groei terug. Maar ja . Hulle sny dan in elk geval die hoorings af in reservate ook om pouching te keer

Horing ·

Ja nee, daarsy, maar china is verkeerd. Wis hul maar net helemal uit, en kry klaar, dan kan ons skuif om n ander dier uit te roei

Boerseun ·

waarop baseer jy jou standpunt dat hulle nou uitgeroei gaan word. Statestiek bewys jou punt verkeerd.

Ronel ·

Dit gaan beslis nie keer dat renosterhorings nie meer gestroop gaan word nie. Die koop van karre is wettig, maar nog word dit gesteel…. Kom dit nie maar op dieselfde neer nie? As jy die ding steel/stroop, kry jy dit verniet en kry nogsteeds geld/inkomste daaruit. So hoekom noe betaal…

Takkie ·

En as karre nie verkoop kon word nie het jy ook een gesteel. Dit gaan dit verminder. Skelms sal nooit ophou nie. Maar die renoster sal nou nie sommer uitsterf nie. Bedink dit bietjie

Elsie ·

Nou kan eienaars hulle laat pyl en die horings verwyder. Baie renosters se lewens kan gered word, mits die ouens wat die permitte uitreik nie korrup is nie

Janee ·

Ja wat ek het dieselfde gese Horing, wis nou maar alle diere en plante uit, en maak alle onwettige goed wettig, ons het ‘n wettelose nasie geword met GEEN respek vir enige lewe nie, wat nog te se vir iemand anders se eiendom. Olifante, renosters, donkies, wat is volgende? Roei alles uit dat SA se mense ook een van die dae met boeppense en vliee om hulle neuse afgeneem word om simpatie te wek by die EVIL WEST~!

My bydra ·

Ja hulle sal mos alles vernietig wat mooi en goed is! Wat gaan hulle volgende wettig maak? Nee wat ekt nie meer hoop nie regtigwaar!

Boerseun ·

wie is die hulle. Dit was wettig vroer om met dit te handel.

Spook ·

Nee hel boerseun… Party mense sal net nie die situasie begryp nie…

tamboti ·

Nee julle maak verkeerde gevolgtrekking: nou kan die renosterboer en Sanparke uiteindelik weer hul horings, met die nodige permitte, verkoop en oes – terwyl die renoster nog leef. Ek is seker dat die wettige jag deur buitelanders ook groot inkomste vir hulle kan oplewer waarmee hul verder met renosters kan boer = die voortbestaan daarvan kan verseker.
M.A.W. dit is nie net meer die stropers en smokkelaars wat geld gaan maak nie!
Die uitvoer is nogsteeds onwettig – maar sien dit as toerisme geleentheid om die Chinese en Taiwaneese te nooi om hul horing hier in SA wettig te kom skiet, snuif, sluk of smeer, wat ookal hul doen!

Wim ·

Dankie Tamboti iemand wat reg dink en nie liries op hol gaan sonder om te dink nie. Dit kos duisende rande aan sekuriteit om Renosters op te pas nou kan die horings geoes word en wettig in SA verkoop word om te help met jou sekuriteit. Daar is nou waarde aan die dier en meer boere kan begin boer met hulle netsoos ander wild. Ons sit vandag met meer wild in ons land as ooit te vore asg dat wild waarde het en nou geboer word soos enige ander dier. Gaan kyk n lande waar wild geen waarde het nie word alles uitgeroei. Neem sommer ons buurland Zimbabwe as die jongste voorbeeld

Neeeeeeeeeeeeeeeeeee ·

DIS ONTSETTEND om sulke pragtige diere te TEEL om Chinese uit te nooi om hulle horings hier te kom afsny ? Hoekom teel die Chinese nie hulle eie RENOSTERS en saag hulle EIE renosters se horings af nie? Goeiste het die hele wereld nou mal geword? WETTIGE JAG VAN RENOSTERS? Mag die Here ons land bewaar as dit nou al aanvaarbaar is vir die civilized deel van die bevolking ook nou? Gaan dit net oor geld? Dink julle onwettige renosterjag gaan nou ophou ? Nou kan iemand met ‘n renosterhoring op sy bakkie nie eers meer gevang word nie? Tyd dat die hele wereld met vuur vergaan, selfs die billike opgevoede mense het nou geldmal geword.

Karen van Zyl ·

Dit is vir almal wettig gemaak, nie net vir die boere nie so regdenkende mense weet al hier kom moeiikheid want voor die boer sy ding gedoen kry, is daai renoster lankal gestroop.

CP ·

So Neeeeeeeeeeeeeeeeee, dis nie reg om ons renosters se horings af te sny nie maar hulle mag maar hulle eie renosters seer maak en die horings afsny? ‘n dier bly ‘n dier, of dit nou in SA gebeur of iewers anders, dit breek nogsteeds mens se hart want GEEN dier verdien dit om gemartel te word nie!

Boerseun ·

Karen. Statestiek bewys jou dan die teendeel. Dit is eintlik n wen vir regdenkende mense. Het julle al gewonder hoe die renoster in die eerste plek van die beskermde spesies lys af gehaal is.

Tim ·

Eks seker die uitmoor van renosters is steeds onwettig. Die renoster hoef mos nie doodgemaak te word om die horing te verwyder nie?

Boerseun ·

Korrek. Parke haal reeds die horings van hul diere af om poaching te keer

Wysneus ·

Julle verstaan verkeerd. As dit wettig is kan die horing afgesny word en wettig verkoop word terwyl die renoster kan voortleef maar net sonder ‘n horing. Die horing groei egter weer en kan dan weer later geoes word van dieselfde renoster. Sodoende word die renoster beskerm teen renoster stropers wat ons renosters in die widtuin uitmoor. Hoekom sal ek nou ‘n onwettige renoster horing koop as ek ‘n wetigge een kan koop sonder al die gevolge vir die selfde prys?

JaMaar ·

Dis waar, maar verkoop van karre is wettig, dit word nogsteeds gesteel. Daar sal altyd die mark vir dit wees, hoekom volprys betaal vir n wettige een as ek dit onwettig kan koop teen n helemal ander prys. Groter winslyn vir die stropers ook.

Rooiman ·

Presies. Daar is baie plekke met baie voorraad renosterhorings, maar hulle mag dit nie verkoop nie. Nou mag hulle, met die nodige permitte. Die teorie is (en dit is wat vroeerjare renosterstroop gestop het), dat wettig beskikbare horings onwettige jag sal stop. Dit sal ook die mark “flood”, sodat die beskikbaarheid die aanvraag oorskrei, en die prys sal val, omdat daar so baie beskikbaar is, so stropers sal nie meer so baie geld kry nie. Bly dit het uiteindelik gebeur.

FL ·

Wysneus ek stem saam en sodoende kan al die chinese dames ook gelukkig gehou word….? )

sug ·

JaMaar, ‘n kar het nut, jy klim in hom en ry na jou girl toe. As jy hom wil verkoop moet jy kan bewys jy is die wettige eienaar, registrasie papiere ens, dan kry jy maar redelik min vir hom want daar is BAIE karre op die mark.
Renoster horing het GEEN nut, behalwe vir die Chinese en Taiwanese wat dink dit help. As die ou nou renosterhoring kan kry vir die helfte van die prys wat die stroper vra, wat dink jy, waar sal hy koop. Onthou daar is honderde tonne horing wat reeds beskikbaar is om te verkoop, sonder om ‘n enkele dier se horing af te sny.

Henk ·

Wonderlike nuus! Dis net die begin, maar nou het die renoster spesie darem nog ‘n kans om te oorleef. Die wettige handel in horing maak soveel deure en geleenthede oop, en die oomblik as die wildsboere kan handeldryf gaan hulle baie meer renosters teel – dis tans te duur agv al die sekuriteit wat mens nodig het.

Ek skaam my vir gierige boere ·

Kan maar net lag vir die geldgierige wildsboere wat een van die dae sonder plase gaan sit. Dit is wanneer ek die grondonteieningsprogram steun! Raak ontslae van mense wat 1000 diere teel om die horings van af te sny. Dit is SNERT dat die horing afgesny word en die DIER gered word, waarvoor? Wat is die doel van ‘n renoster sonder ‘n horing? Die boer kry dan niks meer vir hom nie, dis nie asof daar biltong of iets van die renoster gemaak kan word nie. Nou kan die wildsboer miljoene maak deur jagters te kry om sy renosters te vermoor. Gelukkig EYE Malema al lankal hierdie ryk wildsboere se plase .. ek voel ‘n VEER as julle plase verdeel word, julle is geldgierig en dink NIKS van’n renoster se lewe nie, julle verkoop dit vir ‘n pond silwer. Nie meer lank nie, julle moet maar pap skep terwyl dit reen.

Phillip Groen ·

Wow “Ek skaam my vir gierige boere” jy het darem geen benul waarvan jy praat nie. Dalk moet jy werklik eers net ;n objektiewe studie gaan maak van die wildbedryf en die gepaargaande groei van wildgetalle in SA.

Jy wil ontslae raak van iemand wat ‘n 1000 renosters geteel het…en hulle vervang met bestaansboere wat nie EEN renoster ooit sal teel nie, en in die proses daai 1000 renosters nog sal vrek maak soos noord van die Limpopo. Dalk moet jy net gaan kyk wat het in Zimbabwe gebeur met die wildgetalle na die grondgrype. Wildsplase daar is totaal gestroop van alle diere.

Wat het jy teen die 1000 renosters dat jy hulle in ‘n posisie wil plaas waar jy hulle laat uitsterf. Die boer sny die horing af sonder om die renoster te dood, omdat as die boer dit nie doen nie, dan gaan die stroper die dier wreedaardig dood maak en sy horing buit.

Ek sou dink, dan eerder die dier laat leef en ‘n pond silwer uit hom maak, wat meestal aangewend om verder nog diere te teel, as om die dier wreedaardig dood te maak en dan die pond silwer te gebruik om n misdadige leefwyse te finansier.

In SA het wild ‘n waarde…die gevolg daarvan was dat wild se getalle in SA drasties toegeneem het die afgelope paar dekades, in stryd met die res van Afrika. Die regering het bloot nie die fondse om die wild te bewaar nie, die privaatsektor het wel.

Ai ·

Gierige boere? Word tog wakker. Boere is bsigheidsmanne, hoe anders moet hulle oorleef!? Die boer met 1000 renosters – het 24 uur sekutiteit, lugsteun ens. Om sy renosters te beskerm. Hoe moet hy dit bekostig as hy nie sy produkte mag verkoop nie? Die “gierige wildboere” het al talle spesies, waaronder die Swartwitoens, leeus en renosters van uitwissing gered. Die “beskermde” cheetas sterf uit omdat hulle geen finansiele wArde het nie. Die “gierige wildboere” het die wildspopuladie van ons land telkens vermenigvuldig, spesies deur teelorogramme verbeter. Hulle verskaf werk en verdien buitelandse valuta vir die land. Liewe gierige wildboere, wel gedaan! Verkoop julle renosterhorings en hou aan welvaart bou vir ons land!

DG ·

Dit is skitterende nuus, nou kan met renosters geboer word en wins gemaak word!

Johann ·

Nou raak dit lekker, hier wil ek bly, alle onwettige dinge word wettig, dagga, renosterhorings, wat is volgende handel in diamante en en so vaar Suid-Afrika se boodjie verder terug na die oertyd toe

Sug ·

Partykeer voel ek skaam om te se ek is ‘n mens, as ek die kommetaar op die forum lees. Party mense moet sowaar hulle skoolgeld gaan terug vra, daar is geen begrip teenwoordig!! Ekt nog altyd gese “common sense will prevail” maar, common sense moet darem teenwoordig wees…….

Mareli ·

Ek kan sien dat dit kan werk. As Renosterhoringdoepa nie meer ‘n raarheid/moeilik bekombare ding is nie, en boonop goedkoop, sal die produk sy waarde verloor en die oosterlinge sal nie dink dit het die selfde towerkrag nie, en dalk binnekort wil hulle dit glad nie meer hê nie.

Ljl ·

Moet nie die 800 leeus per jaar vergeet wat gewettig is vir handel dryf.

SoosWild ·

Nou gaan daar geboer word, tot dit alle waarde verloor, en dan gaan een vir een vrek. Daars baie goed wat wettig is, maar nogsteeds word gesteel

Dasie ·

Ek weet nie waar en hoe jy tot jou slotsom kom nie “Sooswild”.
Hierdie is ‘n goeie ding. Hoe gaan dit waarde verloor as daarmee geboer word?
In teendeel die waarde van lewendige renosters gaan die dak in skiet want nou is daar voordeel om met die diere te boer. Ja goed soos karre word gesteel want dit dra baie waarde vir skelms, hoeveel karre gaan gesteel word as gesteelde karre se pryse tot 10 keer hoër is as nuwe motors s’n?

Dirk01 ·

Wim is absoluut korrek ek kan niks beter byvoeg, mense lees mooi voor julle goed kwyt raak en aan neeeee gaan asb weggggggg

sug ·

Tamboti en Wim en Dirk01 en die wat nog soo dink, dankie tog, julle gee darem weer vir my hoop vir die mens. Die ander wat so met julle …ek weet nie wat dink nie… ons hou aan hoop dat die lig vir julle ook sal opgaan. Dan hoef julle darem nie skoolgeld terug te vra nie.. haha

Skelm bly skelm ·

Wat beteken hierdie nuwe wetgewing vir renoster mafia soos Dawie Groenewald en sy maatjies..?

kobus4e ·

As dit wet reg geskryf is, en reg toegepas word, beteken dit vir hom laer pryse, nie winsgewend genoeg, los renosters uit. Dit is op die ou end die intensie van die wet, glo ek.

marous ·

Verbod op internasionale handel geld steeds , maw dit mag nie uitgevoer word nie . Wie gaan dit nou koop om wat met dit te maak? Die mark is is nie hier nie , dit weet almal.

Dasie ·

Hi Marous.
Ek is bly jy stem darm saam dat die besonderse goeie ding is.
Maar dit kan steeds werk as dit net hier wettig is, want nou moet die mark na ons toe kom om hulle produkte te gebruik, en deur dit te doen gaan hulle baie geld spandeer in ons mooi land.

E ·

Ek glo dit is vir die beste, en die regte besluit. Kom ons kyk maar of dit onwettige stropers gaan keer, maar ek glo daar sal ń afname in renoster sterftes wees.

E ·

Net ń klip in die bos: Hoekom het Vader die renoster ń horing gegee? kan iemand my asb antwoord. Ek is seker dom, maar gaan dit die arme dier beïnvloed?

ronel ·

Nou gaan die manne wat reeds baie geld maak met hul eksklusiewe wild wat hul verkoop, nog geld maak met die horings wat hul nou al vir lank weggesteek hou…. hul weet presies wie hulle is….

Dasie ·

Ronel, ek dink ook party van die boere maak teveel geld met die boer van eksklusiewe wild maar dit is ‘n gesprek vir ‘n ander dag. I.v.m. die renosters sal ek veel eerder laat die boer geld maak wat na renoster kyk uit sy eie sak as wat die stropers en die werklike vyande in die geveg die geld maak deur te steel, martel en moor, soos wat dit altyd was. Hierdie is ‘n goeie ding!

Dasie ·

Skaam almal wat die boere so sleg sê. As dit nie vir die private renosterboere was nie was die pragtige diere seker lankal al uitgesterf. Die boere kyk na hierdie diere uit hul eie sak, dit is nie goedkoop nie! Hulle het dit gedoen in die periode toe die handel onwettig was omdat hulle ‘n liefde vir die natuur het. Die boere sit baie geld in renosters in, die geld wat die publiek skenk deur radio stasies, bandjies koop en plastiek horings ens. min van dit kom by die boere uit wat fisies na die diere moet kyk. Dit word meer gebruik gemaak vir bewusmaking en ander goed, ek is seker daar is selfs mense wat die geld ontvang wat nie eers ‘n renoster besit nie.

Dasie ·

Ek is nie gewoonlik iemand wat komentaar lewer op sosiale sites nie maar ek kan net nie stilbly dat mense dink dit is ‘n slegte ding as ons handel dryf in renoster horings nie.

Mense dink mooi daar oor. Die volgende is feite:
1. Die vraag na horings is daar.
2. Lewendige renoster pryse daal verskriklik (tot onder R 100 000 in uiterse gevalle)
3. Horings se pryse skiet die dak in. (Ons praat van miljoene rande, kyk gerus op die internet – ek weet nie wat kry die mense nie)
4. Die renoster ervaar geen pyn om sy horing wettig en lewendig te verwyder nie.

Bogenoemde lei dat die renoster vir die boer wat na hom moet kyk, beskerm, voer, gesond hou ens. minder werd word want daaar is geen insentief vir iemand om dit te koop nie. Die vraag bly steeds daar en solank dit onwettig bly gaan die prys vir onwettige horings styg en die hartlose stroopers het meer insentiewe as ooit om die dier te skiet.

Na die wettig making gaan jy boere kry wat renosters nie laat onthoring nie want dit is hulle keuse, maar jy sal nooit ‘n stroper kry want ‘n renoster onthoring en hom lewendig hou nie!

Dasie ·

Dan is hier mense wat sê, “ja maar baie goed word gesteel al is dit wettig”
Ja ek stem 100% saam goed soos karre word gesteel baie meer as wat renosters gestroop word, maar dink net jouself in wat sou gebeur as karre in renoster se skoene was.

Kom ons sê jy kan ‘n volle nuwe kar(renoster) koop vir R 100 000 – R 500 000, dit is jou verantwoordelikheid om na die kar(renoster) te kyk, petrol(voer), maintanance(vearts en mediese kostes), tolgeld (water in droogte) versekering (versekering), tracker (wagte vir renosters) ens. Daar is ‘n groot vraag vir jou kar se bande(renosterhoring), maar die handel in bande is onwettig, jou bande kan tot R 5 000 000 (Dit is belaglik ek weet, maar hou net met die vergelyking) werd wees maar jy mag dit nie wettiglik verkoop nie (die rede is die debat), jy kan ook nie die kar met die bande verkoop met die bedoeling om net die bande te verkoop nie want niemand mag kar en bande skei nie.

Maar ‘n bende(stropers) kan dit skei want hulle het geen harte en voel ‘n veer vir wette.

Al bogenoemde is vergesog, maar in die vergelyking dink jy nie die bende gaan die oorhand kry nie(Dit is hoekom hulle al renosters stroop uit helikopters uit, hulle maak soveel geld dat hulle baie kan spandeer op hul take)?
Karre sal gehighjack word soos nooit tevore nie! Dit is hoekom ons in sitauasie sit waarin ons is, dat renoster op uitsterf is.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.