Verkope van bates sal nie SAL red nie, sê DA

Argieffoto

Planne om sekere bates te verkoop sal nie die Suid-Afirkaanse Lugdiens (SAL) red nie en die lugredery moet in sakeredding geplaas word, het die DA Sondag gesê.

Die party het gesê hy is nie verbaas oor berigte in die media dat die SAL oorweeg om bates te verkoop as gevolg van toenemende skuld nie, het Alf Lees, woordvoerder van die DA, gesê. Volgens die berigte sal die SAL in die 2018/19 ongeveer R6 miljard verloor, wat beteken dat die SAL R822 miljoen meer sal verloor buiten die groot verlies van R5 miljard wat geprojekteer word in die SAL- korporatiewe plan.

Volgens dié plan sal die SAL ʼn bedrag van ongeveer R13 miljard oor die volgende twee jaar van die regering ontvang. Die bykomende verliese beteken egter dat die belastingbetaler ongeveer R14 miljard sal moet opdok.

“Die DA het die afgelope drie jaar volgehou dat die SAL bankrot is en dat die lugredery nie uit die skuld kan kom nie. Ondanks regeringswaarborge van R19,1 miljard wat aan die lugredery beskikbaar gemaak word, is kommersiële banke nie bereid om nog geld aan die SAL uit te leen nie,” het Lees bygevoeg.

Die nuwe raad en uitvoerende hoofde van die SAL is nie in staat om ʼn plan te beraam om van die verhoogde koste ontslae te raak, korrupsie uit te roei en verkope te verhoog nie. Die lugredery is ook nie in staat om sy skuld te delg of aan terugbetalingsooreenkomste te voldoen nie.

Die ministers van finansies en openbare ondernemings het verlede maand in ʼn gesamentlike aankondiging gesê die SAL sal na openbare ondernemings oorgeplaas word. Hierdie skuif het nie ʼn verskil gemaak aan die SAL nie, het hy gesê.

“Daar is nou ʼn duidelike behoefte om die SAL in sakeredding te plaas en ʼn reddingspraktisyn aan te stel wat ervaring in die lugrederybedryf het wat moeilike finansiële besluite sal kan maak om die verliese te voorkom. Die SAL moet onder sakeredding herstel en dan geprivatiseer word, anders sal die lugredery gelikwideer word.”

Volgens Lees kan die stand van die SAL en ander staatsondernemings voor die deur van die ANC gelê word. “Onder hul bestuur het staatsondernemings gedisintegreer weens korrupsie en growwe wanbestuur. Die DA, deur die parlement, sal alles in ons vermoë doen om dié entiteite te red.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Johann ·

Dankie DUDU… een van die GROOTSTE Zumaikies wat gevat geskep en verwoes het sonder weerga. ANC LEGACY!!!! Skande!

HPV ·

Dit is feite dat as iets deur die anc regime se hande was kan dit nie meer gered word nie, nie eers met ‘n wonderwerk nie. Die algehele verval van die land is ‘n sprekende voorbeeld daarvan.

Boiledfrog ·

Die SAL is te DUUR! Dit kan nie met ander oorsese lugrederye kompeteer nie. Die personeel is ONVRIENDELIK! Hulle kan nie kompeteer met die vlugpersoneel bv van Emirates of KLM nie. Daar is ‘n algemene persepsie onder die publiek dat loodse van KLEUR nie ‘n vliegtuig kan loods nie. As hieraan aandag gegee kan word, sal die SAL weer vlerke kry.

Andre C ·

In SA kry ras die skuld vir alles wat verkeerd loop.Dit is in SA makliker om werk te kry as jy van KLEUR is as wanneer jy kleurloos is.Is dit ook die kleurlose mense se skuld dat na 25 jaar die meerderheid loodse kleurloos is ?

Johanna Botha ·

ASB nie WEER belastinggeld op SAA mors nie …. DIT WERK NIE ! Dis n black hole wat net geld vat en vat !

Conrad ·

Verkoop alles. Geen wins wat SAL kán maak nie – nou of in die toekoms.

Grassie ·

Niks kan die SAL meer red nie. Die enigste logiese stap om te doen is om dit te likwideer, dit heeltemaal tot niet te maak. Dit sal die moontlikheid skep dat ‘n privaat instansie ‘n nuwe lugdiens kan begin. Maar selfs dit sal nie werk nie. Die regering sal ‘n klomp BEE-vereistes stel en kort voor lank sit die dieselfde ou gesigte weer in bestuursposte en plunder maar net voort soos altyd.

marous ·

Verkoop net die sitplekke , dan kan daar twee keer meer in en almal staan ….vir half prys.

John ·

… eintlik het die Guppies dalk die bankkrotskap aangemoedig om so hul redery te vestig… en hoop dit steeds vandaar Zuma se poging om terug te keer om die plan deur te voer. Dat CR & kie onder die mantel van Madela die wereld vol rits om weer bakhand te staan vir nog fondse om die bodemlose put te vul… is erg verby en hulle weier om te glo dat SA reeds op die pad van Venezuela drafstap. Aanstaande jaar gaan ‘n wilde jaar wees. Hou ‘n paar vinnige perde op stal gereed om die gelaaide oorlewingskoets te trek.

Koos1 ·

Wie kan die saadjie plant? As ons belasting geld vir die SAA gebruik word, is ons mos geregtig op gratis vlugte?

HPV ·

Jy is reg Koos1 as jy jou lewe wil waag in swak of geen gedienste vliegtuie. Hulle het waarskynlik nie eers geld om vir sulke dienste te betaal nie.

Gemaskerde Sopbeen ·

Hoe het my Pa altyd gesê? LEEN…….is ‘n wat se naam?

Johanna Botha ·

Gemaskerde sopbeen ….jou pa was SO reg oor Leen ;)

Judge Dredd ·

Die “spoilt SAA pilots” kan maklik werk oorsee kry – so as jy hulle nie iets soortgelyks gee aan internasionale vlieeniers nie, dan is dit koebaai.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.