Die minister van energie het Woensdag “skinderstories” verwerp dat lede van die ANC of hul familie voordeel getrek het uit die verkoop van Suid-Afrika se ru-olievoorraad ter waarde van R5 miljard.
“Ek kan nie in hierdie huis op skinderpraatjies reageer nie,” het minister Tina Joemat-Pettersson in reaksie op vrae in die Nasionale Vergadering aan LP’s gesê. “As julle beduidende bewyse in hierdie verband het, verskaf asseblief die bewyse aan ons en ons sal die nodige stappe doen.”
Sy het gesê sy sal enige dokumentêre bewyse waardeer. “Maar nou maak julle ernstige aantygings en laat individue en organisasies verdag voorkom.”
Die minister het ontken die verkope van brandstofvoorraad deur die ministerie was onwettig en hou vol dat die goedkeuring van die tesourie nie nodig was nie.
“Die verkope van strategiese ru-olievoorraad van die strategiese brandstoffonds is met sekere voorwaardes goedgekeur, waaronder dat enige rotasie van die voorraad met die minister se goedkeuring sal geskied, en dit voorafgegaan is deur ʼn gedetailleerde omsigtigheidsondersoek deur die fonds en dat dit ondersteun word met ʼn omvattende motivering aan die minister,” het sy gesê. “Ons het gevolglik alle dokumente aan die tesourie en die ouditeur-generaal verskaf en ʼn onafhanklike paneel saamgestel om al die transaksies te ondersoek.”
Die Demokratiese Alliansie het versoek dat ondersoek ingestel moet word of Thebe Investment Corporation, ʼn ANC-beleggingsarm, uit die transaksie voordeel getrek het.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
24 Kommentare
Mevrou, nie ‘n enkele woord wat oor ú lippe kom staan bo verdenking nie.
Waar daar ‘n rokie is is daar mos ‘ n vuurtjie.
Waar n rokie trek, is gewoontlik n vuurtjie.
Stem saam met Oliekol, met u reputasie. mev die minister, kan ek glad nie glo dat u enigiets kan sê wat die waarheid is nie. Hoekom sal ek nou glo wat u hier kwytraak.
Dit is mos om wolf skaapwagter te maak. Se vir ons en ons sal dit uitsort! Dit is ‘n grap as hulle dink hulle so geloofwaardig.