Verkope van ru-olie bo verdenking, sê minister

Tina Joemat Petersson, minister van energie (Argieffoto, Desember 2011 Foto: GCIS)

Tina Joemat Petersson, minister van energie (Argieffoto, Desember 2011 Foto: GCIS)

Die minister van energie het Woensdag “skinderstories” verwerp dat lede van die ANC of hul familie voordeel getrek het uit die verkoop van Suid-Afrika se ru-olievoorraad ter waarde van R5 miljard.

“Ek kan nie in hierdie huis op skinderpraatjies reageer nie,” het minister Tina Joemat-Pettersson in reaksie op vrae in die Nasionale Vergadering aan LP’s gesê. “As julle beduidende bewyse in hierdie verband het, verskaf asseblief die bewyse aan ons en ons sal die nodige stappe doen.”

Sy het gesê sy sal enige dokumentêre bewyse waardeer. “Maar nou maak julle ernstige aantygings en laat individue en organisasies verdag voorkom.”

Die minister het ontken die verkope van brandstofvoorraad deur die ministerie was onwettig en hou vol dat die goedkeuring van die tesourie nie nodig was nie.

“Die verkope van strategiese ru-olievoorraad van die strategiese brandstoffonds is met sekere voorwaardes goedgekeur, waaronder dat enige rotasie van die voorraad met die minister se goedkeuring sal geskied, en dit voorafgegaan is deur ʼn gedetailleerde omsigtigheidsondersoek deur die fonds en dat dit ondersteun word met ʼn omvattende motivering aan die minister,” het sy gesê. “Ons het gevolglik alle dokumente aan die tesourie en die ouditeur-generaal verskaf en ʼn onafhanklike paneel saamgestel om al die transaksies te ondersoek.”

Die Demokratiese Alliansie het versoek dat ondersoek ingestel moet word of Thebe Investment Corporation, ʼn ANC-beleggingsarm, uit die transaksie voordeel getrek het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Oliekol ·

Mevrou, nie ‘n enkele woord wat oor ú lippe kom staan bo verdenking nie.

Hasie ·

Stem saam met Oliekol, met u reputasie. mev die minister, kan ek glad nie glo dat u enigiets kan sê wat die waarheid is nie. Hoekom sal ek nou glo wat u hier kwytraak.

ELF ·

Dit is mos om wolf skaapwagter te maak. Se vir ons en ons sal dit uitsort! Dit is ‘n grap as hulle dink hulle so geloofwaardig.

Piet Pompies ·

Hoekom sal SA olie vooraad verkoop, ons het geen natuurlike bronne!

Karma ·

‘Skuus, ek het dit verkeerd. Mossgas het niks met ru-olie tapping te doen nie. Ja, SA het dus nie enige natuurlike bronne nie. Miskien was dié ru-olie wat verkoop is oormaat waarvan daar ontslae geraak moes word? Maar vir seker, miesies Djoemmat-Pietersen, solank die ANC daarby betrokke is, was daar skelmgeit aan die gang – net die feit dat jy dit so hewig ontken, sê al klaar iets!

TvA ·

Hoe weet jy wanneer ‘n politikus lieg? Wanneer sy lippe beweeg!

NEL ·

DA, vat die agbare minister hof toe, sy kan daar gaan verduidelik. Hoekom word olie reserves verkoop terwyl ons ten duurste moe betaal vir petrol en diesel . Maklike antwoord, Zuma en kaders ry mos op ons die belasting betaler se rug as dit by transport kom, so ons moet verkoop dat die staats kas geplunder kan word.

Paplepel ·

Ek verstaan die konsep van voorraad rotasie, maar ru-olie? Die goed is reeds miljoene jare oud. Hoekom moet daar voorraad rotasie plaasvind? Wat is die vervaldatum van ru-olie wat miljoene jare oud is?

Spook ·

In hierdie korrupte regering is daar geen transaksie wat eties is nie , daar is altyd amptenare wat n ietsie uitkry in hulle sakke.

Hennie ·

Slegs die feit dat die ANC betrokke is, is genoeg rede om te glo dat daar weereens korrupsie is. Ek hoop dit word deeglik ondersoek. Indien daar wel korrupsie gevind word, moet Tina se woorde uitbasuin word en haar leun beklemtoon word, asook dat dit die motief was vir die verkoop van ons olievoorraad.

Jan maak n Plan ·

Ek weet nou nie of ek dom is nie. Maar ek weet nog nie dat SA enige ondergrondse ru-olie het nie, dus volgens my wete koop ons ru-olie aan te duurste. Dus wonder hierdie dom mens nou, hoekom sal jy nou weer die ru-olie gaan verkoop aan iemand anders as jy dit self nodig het. Verseker is hier weer een of ander skelm slenter aan die gang. Ons ken mos nou vir tannie Tina se maniertjies om dinge te doen.

Cherokee ·

Die minister blyk die finale sê gehad het. Teen die tempo waarteen en die mense wat as ministers aangestel word laat die vraag oop met hoeveel kennis en ervaring die besluit geneem is om ru-olie (van alle dinge!) te verkoop. As een van ons oliebore probleme gegee het en ons minder olie ontgin het vanuit ons olievelde sou ons olie ten duurste moes invoer en met dollars betaal.

Skerp Spioen ·

Ek dink werklik die hele klomp in die parlement is almal kop in een mus. Slegs 2 vrae was nodig om die korruptheid van hierdie transaksie te ontbloot en dit is: “Teen watter prys is hierdie olie-reserwes verkoop en hoekom? ” en ” Hoekom het die olie so ‘n lank tyd as skeepsvrag rond gedobber?” Ons is nie almal te dom om mark- en prys manipulasie te verstaan nie.

Grassie ·

Daar is twee brokkies inligting wat ek baie graag sou wou bekom. Die eerste een is teen hoeveel rand per vat is die olie verkoop en die tweede is teen watter prys is dit weer deur die kopers verkoop. Ek dink hier was iewers ‘n baie groot bedrogspul. As hulle dit met olie kan doen, kan hulle dit met die land se goudvoorraad ook doen. Teen die tyd dat die ANC se oorheersing tot ‘n einde kom is hierdie land se bates leeg leeg leeg geplunder.

John ·

Mens wonder regtig hoe kom die regering aan van sy vreemde topbestuur. Waar het die’ glo uiters bekwame antie Tina en die president se paaie gekruis dat sy hom so beindruk het? Waar het sy voorheen gewerk? Dit moet ‘n bodemlose vaat vol bruisende talente wees.

Andries ·

So , geen inligting aan die tesourier oor die verkoop van die olie en die geld wat gemaak word nie? Dit maak nie sin nie. Die geld is oorgeplaas na die ANC se firma. Bedrog op die hoogste graad.

Vra net ·

Ek vra maar net waar en by wié ánders as die normalle verskaffers gaan ru olie nou weer aangekoop word en teen watter prys. Dalk moet politieke konneksies met die verskaffers se cennote ondersoek word? Daar qas skielik baie geheimsinnige besoeke aan Dubai

Piet Piper ·

Tina Joemat Petersson is alreeds bekend daarvoor dat sy nie skroom om politieke onwaarhede kwyt te raak. Sy is nie haar pos waardig nie. Haaruitlatings in die verlede spreek vanself.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.