Verkrag, vermoor maar ‘tragedie gaan ongesiens verby’

Niemand is nog in verband met Jesse Hess se moord in hegtenis geneem nie. (Foto: Facebook)

Geloofsleiers op die Kaapse Vlakte gaan Sondag ʼn intergeloofbiddiens voor die huis van die vermoorde teologiestudent, Jesse Hess, hou.

Hess (19), ʼn student aan die Universiteit van die Wes-Kaap, se liggaam, asook dié van haar 85-jarige oupa, Chris Lategan, is einde verlede maand in hul woonstel in Parow ontdek. “Geen inhegtenisnemings is nog gemaak nie, het die Service and Allied Workers’ Union of South Africa (Sawusa) Saterdag in ʼn verklaring gesê.

Die gebedsbyeenkoms word voorafgegaan deur ʼn optog wat by die Parow-polisiestasie begin. Die optog na die huis in Victoriastraat sal gelei word deur geloofsleiers, motorfietsryers, insleepvoertuigbestuurders en blaasorkeste.

Memorandums met eise gaan ook aan ʼn verteenwoordiger van die presidensie, die Wes-Kaapse premier en burgemeester, Dan Plato, oorhandig word.

“Dit is onaanvaarbaar dat die vermeende moordenaar van die [Universiteit van Kaapstad-] student Uyinene Mrwetyana so vinnig in hegtenis geneem is, maar ná amper twee weke is daar nog geen deurbraak gemaak in die moord op en verkragting van Jesse Hess nie,” het die Sawusa-president, Wilfred Alcock, gesê.

“Tog was albei eerstejaarstudente,” het hy gesê.

“Wat selfs meer kommerwekkend is, is dat een saak massamediadekking en ʼn heldagtige vaarwel gekry het, terwyl Jesse – en talle ander vroue wat in dieselfde tyd op die Kaapse Vlakte vermoor is – se tragedies bykans ongesiens verby gegaan het.”

Alcock het verwys na verskeie ander moorde in dieselfde tyd en in dieselfde omgewing: dié van die 14-jarige Janika Mallo van Heinz Park wie se halfnaakte liggaam met ʼn bykans verbryselde skedel onlangs gevind is; Sadiqah Newman van Manenberg wat vermoor is terwyl sy swanger was; Jill-Paula Fernandez van Bonteheuwel; Chantal Dean van Delft; Denushe Witbooi van Eastridge, asook ʼn nog ongeïdentifiseerde vrou wie se liggaam gevind is nadat ʼn motorbestuurder dit naby die Lwazi Primary School in Gugulethu gestort het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

barend v d westhuizen ·

dit is tyd dat die sapd alle misdaat vas vat en op hou verwag dat die man op die straat hulle werk doen

Sanna ·

72 uur Aksieplan moet vir alle moorde ingestel word. Maak nie saak wie vermoor is nie.

Arno Scheepers ·

TRAGEDIE. Pragtige jong vrou wreed vermoor en daar is net stilte van die owerhede. Mag die optog n groot lawaai maak vir haar en ander onskuldige slagoffers.
Jammer jong meisie, maar Suid-Afrika het jou gefaal.

Hannetjie ·

Onthou…haar 85 jarige oupa ook vermoor….Suid Afrika is ‘n siek land en oorvol ‘siek’ mense.Daar is net een manier….as toeriste paradys….moet Suid Afrika nie meer geadverteer word nie.

Lizette ·

Hallo julle.
Hoe maak mens as jy n storie het om te vertel. Ek voel vd 1 ste keer reg aangesien daar soveel geweld teen vrouens is.

Susan ·

Jy kan seker hier vertel. Dan kan baie mense dit sommer lees

Mieke ·

Dagse lizette
Weet nie waardeur jy gegaan het nie, maar baie sterkte.
1: vertel jou familie
2:Indien nodig, gaan polisie toe.
3: betrek vriende wie jou kan ondersteun.
4:hang af van wat dit is, FAMSA of ‘n siekkundige.
5: huisgenoot, sarie, vrouekeur en dies meer sal na jou luister Inden jou storie publiseerbaar /kredietwaardig is.
6: sulke stories is of altyd bemoedigend vir ander wat ook deur soiets is.
7: onthou, jou storie gaan jou baie “vulnerable” laat as dit oopgevlek word, sorg dat jy gereed is daarvoor.
Baie sterkte
Hoop die wonde (liggaamluk /sielkundig) word gesond.

Gogga ·

Daar is n groep op Facebook, SAWomen fight back. Baie dames vertel hul stories daar. Goeie ondersteuning ook.

Koos de Meyer. ·

Dubbel standaarde, is al wat daar is vandag. Die een is bruin en die ander een swart. Dis hoekom daar ‘n ophef gemaak word van die een en nie van die ander een nie. Daar was selfs besoek afgelê by die familie.

Piesang ·

As sy swart was sou dit internasionale nuusdekking gekry het!

Hannetjie ·

Ag nee Piesang…los nou die kleur opinie.Dit maak nie saak wie vermoor of verkrag of ontvoer word…of dit manlik of vroulik is nie…geen mens moet aan die hand van ‘n mens sterf nie

Deon Koegelenberg ·

Hannetjie ongelukkig is Piesang reg kleur maak vandag nog steeds n groot verskil of ons dit nou wil weet of nie

Hanna Hoekom ·

Toemaar, blankes (en veral boere) word ook maar oorgesien en geen haan kraai daarna nie. As dit nie vir privaat speurders en buurtwagstelsels was nie, was 80% van die oortreders nooit aangekeer nie. Lyk my CR stel net in “our people” belang!

Ep ·

Hoop nie die onbekende Sawusa gaan n sirkus van die jonge dame se dood maak nie

Mark ·

Terwyl ek moet betaal om die begrafnis van een van Afrika se vrotste leiers te kyk gaan die begrafnis van ‘n bruin legendariese held vir miljoene bruin kinders, ongesiens verby op Nuweland. Bruinmense was maar altyd oor die hoof gesien.

Witkind ·

Stem saam met jou Mnr Wilcock; dan ek wil OOK graag WEET waarom Uiynene ‘n HELDE-BEGRAFNIS gekry het? Sy was ook net ‘n student en ja, niemand het gehuiwer om haar moordenaar op te spoor nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.