‘Verkragter’ deur polisie doodgeskiet

Argieffoto: SAPD / Facebook

Argieffoto: SAPD / Facebook

Die polisie in Limpopo het ‘n vermeende reeksverkragter in Mankweng buite Polokwane doodgeskiet.

Brig. Hangwani Mulaudzi, woordvoerder van die polisie, sê Frans Kwetepe Thosago (25) is deur die polisie gesoek rakende verskeie sake van verkragting en poging tot moord.

Mulaudzi sê Thosago is Dinsdag doodgeskiet. “’n Spesiale taakspan is op die been gebring om die sake op te los en die polisiebeamptes is Dinsdag ingelig oor waar Thosago hom bevind.

Die polisiebeamptes het die verdagte by ‘n verlate huis in Ga-Makanye in Mankweng gevind. Thosago het op die beamptes losgebrand en ‘n skietgeveg het uitgebreek. Thosago is noodlottig gewond.”

Mulaudzi sê Thosago is aan meer as 10 verkragtingsake verbind. Hy sê die onafhanklike polisie-ondersoekdirektoraat (Opod) is van die skietery in kennis gestel en sal die saak verder ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.