‘Verkragter’ glo deur slagoffer se familie vermoor

Argieffoto

Drie familielede van ʼn vermeende verkragtingslagoffer is in hegtenis geneem vir moord ná hulle glo haar vermeende aanvaller so erg aangerand het dat hy gesterf het.

Sers. Majola Nkohli, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê die voorval het Sondag omstreeks 03:00 plaasgevind toe ʼn man, Xolani Lose (35), by die slagoffer se huis ingebreek en haar verkrag het.

“Haar gesinslede het by die huis aangekom terwyl die verkragting nog aan die gang was en het die man begin aanval,” het Nkohli gesê.

Dit is in dié stadium nog onduidelik watter wapens die familielede gebruik het, maar die man is op die toneel dood.

Die polisie is na die toneel ontbied. Drie verdagtes, tussen 23 en 50 jaar oud, is op aanklag van moord in hegtenis geneem. Hulle sal Dinsdag in die Addo-landdroshof verskyn.

ʼn Saak van verkragting is ook aanhangig gemaak vir ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Ann ·

Geen woorde …… ek sou ook iemand kan vermoor wat ‘n familielid van my verkrag! Hoop die klag word teruggetrek!

Annie ·

Gee daardie familie ń groot belonging. Die skade wat die slagoffer ervaar het sal haar hele lewe met haar wees. Gelukkig is een Van baie nie meer instaat om te verkrag nie.

JJ ·

As dit my dogter was, sou ek presies dieselfde gedoen het want die moontlikheid in hierdie land is baie groot dat die verkragter nog binne ‘n dag kan vry wees na so ‘n voorval

marous ·

Die blote feit dat hy dood is maak dit nie moord nie . Weet die polisie wat beteken noodweer of noodtoestand ? Wat sou ‘n polisie man doen as hy ‘n verkragter op sy dogter of vrou of ma kry ? Sy blad skud ?

Liberaal ·

Mense wat misdadigers probeer stop sal deur liberale linkse misdadigerverteenwoordigers streng vervolg word. Tedanke aan die liberale beweging en NWO wat die wereld vernietig.

Helen ·

Die publiek gaan al hoe meer en meer gereg in eie hande neem, want ons polisie is pateties!! Sake word nie behoorlik ondersoek nie, dan is dit al afgehandel of deur die hof verwerp, aangesien daar nie genoeg bewyse gelewer is nie. Wonder nou net hoe gaan die saak van verkragting voort, die verkragter is dan dood …… ai, ai, ai!!!

Nettie ·

Chrisi – ek wil dieselfde sê. As ons boere meer bekend raak daarvoor dat ons níé terugstaan (of eerder: stilstaan) dat ons uitgemoor word nie, sal die plaasmoorde BESLIS afneem.

tamboti ·

Dit is 100% geregtigheid! Dit word ongelukkig deur ‘n misvormde regstelsel veroordeel.
Verder moet die slagoffer deur die verkragter se familie finansieel of andersins vergoed word. Dit sal hulle vrystel van die gemors se oortredinge!

SjN ·

Onder die omstandighede sou baie mense ook so opgetree het aangesien wet en orde nie toegepas word nie, gaan die sap nou n saak van verkragting teen die lyk ondersoek?

Anni ·

Amen & thumbs up vir daardie familie! Ek hoop vir goeie regsverteenwoordiging vir julle dat julle sal loskom. Baie dankie, Suid Afrika is ‘n effense beter plek danksy julle. Ons kort meer van julle.

Ek sal gewis ook tot die uiterste toe gaan as ek op o iets moet afkom.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.