‘Verkragter’ hou slagoffer glo gyselaar

Argieffoto

Argieffoto

ʼn 22-jarige man is in hegtenis geneem nadat die 18-jarige vrou wat hy gyselaar gehou en verkrag het, kon ontsnap.

“Die man, van Fateng tse Ntsho naby Paul Roux in die Vrystaat, het die vrou op 30 Junie omstreeks 21:00 in die straat voorgekeer en haar berg toe gevat waar hy haar verkrag het,” het sers. Mmako Mophiring, woordvoerder van die polisie, in ʼn verklaring gesê. “Hy het haar omstreeks middernag na sy eie huis geneem en weer verkrag.”

Volgens Mophiring was die vrou tussen 30 Junie en 8 Julie onder die wakende oog van die man. Hulle was in die aand in die berg en voor sonopkoms weer terug by sy huis. “Die vrou kon ontsnap terwyl die man weg was.”

Sy het op 8 Julie omstreeks 22:00 ʼn saak van verkragting teen die verdagte aanhangig gemaak. “Die man is in hegtenis geneem en sal Maandag in die hof verskyn op aanklag van verkragting,” het Mophiring bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Michiel ·

Vieslike ding. Om ‘n vrou so te mishandel en misbruik ne! skande

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.