Verkragter kry drie maal lewenslank

Limpopo se polisie sê ʼn man is die afgelope week in Thohoyandou drie maal lewenslange gevangenisstraf opgelê nadat hy twee vroue verkrag het.

Die swaar vonnis maak deel uit van die polisie se volgehoue pogings om seksuele misdrywe te bekamp, sê Moatshe Ngoepe, Limpopo-polisiewoordvoerder. “Danksy beamptes se harde werk en bedrewe, professionele ondersoekwerk kon spanne van die eenhede vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele oortreding in verskeie howe verseker dat oortreders lang gevangenisstrawwe opgelê word.”

Kgotso Dzhivhuwo (37) is die afgelope week in die Dzanani-streekhof in Thohoyandou drie maal lewenslange tronkstraf vir verkragting opgelê.

Dzhivhuwo het ʼn vrou (38) van die nedersetting Mawoni verkrag terwyl sy op 23 November 2013 omstreeks 19:30 op pad huis toe was ná werk.

Hy het die slagoffer genader asof hy saam met haar wou stap, maar die volgende oomblik het hy haar met ʼn klip in die gesig getref. Sy het geval, waarna hy haar na bosse gesleep en haar gedreig het voordat hy haar verkrag het.

Daarna het hy haar na ʼn plek gesleep waar hy haar herhaaldelik verkrag het.

Op 15 Maart 2015, ʼn jaar en vier maande later, het hy ʼn 27-jarige vrou van die nedersetting Makongodza verkrag. Sy het die aand omstreeks 19:20 saam met ʼn familielid en ʼn vriendin gestap toe Dzhivhuwo haar onverwags met ʼn klip aangerand het. Sy het geval en haar been seergemaak.

Die twee mense by haar het weggehardloop, waarna die aanvaller haar na bosse daar naby gesleep en met ʼn mes gedreig en verkrag het. ʼn Ruk later het hy stemme na die slagoffer hoor roep en op die vlug geslaan.

Lt.genl. Nneke Jim Ledwaba, polisiekommissaris van Limpopo, het die onderspanne geloof wat aan albei misdade gewerk het en seker gemaak het dat die verkragter “vir altyd tronk toe gaan”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Pieterv ·

En wat van Zuma?
Verkragting is verkragting….maak nie saak wie jy is nie!!!

Philip ·

Goed so maar hulle moet hom sommer “besny” as julle weet wat ek bedoel. Nou moet die belasgtingbetaler na hom kyk vir die res van sy lewe. As hulle hom ordentlik besny sal die vrouens beskermd wees teen hom .

leser ·

‘n bietjie lank geneem na die eerste verkragting, uiteindelik is hy hopelik vir altyd “weg”, nou nie weer borgtog of president versagting nie, asb

Sanet ·

June…jy bedoel seker,jy hoop ÁLLE ellendige verkragters,kry 9 maal lewenslange tronkstraf…?

Verkrag is verkrag…of jy nou ñ pienk of ñ geel of ñ blou verkleur het en of dit nou ñ baba,ñ kleuter,ñ kind,ñ man,ñ vrou,ñ volwasssene of oumens is,ñ boemelaar of ñ boer…verkrag is verkrag en hulle moet DE LOT LEWENSLANK kry,aangesien die doodstraf en besnyding,nie geld in SA nie

Gemaskerde Sopbeen ·

As ‘n Neandertal man ‘n vrou oor die kop knuppel en na sy grot toe sleep….is dit verkragting? Nee….dis trou. As my Bull Terrier die teef langsaan byt tot sy gaan lê en haar dek, is dit verkragting? Nee…dis instink. Nou hoe word hierdie situasie beoordeel as “verkragting”? Is dit nie maar net ‘n ingebore uitleef van onmiddelik drang bevrediging soos dit voorkom in baie Afrika stamme nie? Kgotso weet tot vandag nie wat hy verkeerd gedoen het nie…..hy het maar net die toppunt van sy potensiaal uitgeleef….en sy “behoefte” bevredig. Ongelukkig word sy aksies nou beoordeel gemeet aan “Westerse Standaarde”….en sit hy in die tronk. As hierdie 350 jaar terug gebeur het….het geen haan daarna gekraai nie.

ANA ·

SOPBEEN…jys duiwelsadvokaat waar jy lê en prut in jou soppot vol twakpraat

Cherokee ·

ANA, wàt ‘n netjiese manier om ‘n idiotiese skrywe te diskrediteer. Sopbeentjie, ek lief dit dat jy in my afwesigheid behoorlik op jou plek gesit is. Jy het ‘n kommentaar gelaat wat my opinie oor jou beslis beïnvloed.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.