Verkragter kry ses lewenslange vonnisse

Motladiela Zacharia Tlhokwe. Foto: SAPD

ʼn Jong man wat ʼn 14-jarige meisie herhaaldelik verkrag het, is tot ses keer lewenslange tronkstraf gevonnis.

Motladiela Zacharia Tlhokwe (21) is bykomend tot sewe jaar tronkstraf gevonnis vir huisbraak en agt maande tronkstraf vir diefstal.

Kapt. Sergio Kock, woordvoerder van die polisie, het gesê Tlhokwe is in die hooggeregshof in Kimberley gevonnis vir die voorval wat op 22 Oktober 2016 in Warrenton plaasgevind het.

Volgens Kock het die meisie geslaap toe sy omstreeks 02:00 wakker geword het met Tlhokwe wat op haar gesit het. “Sy het hom probeer teësit, maar hy het ʼn mes uitgepluk. Hy het haar beveel om haar klere uit te trek waarna hy haar verkrag het.”

Kock het gesê Tlhokwe het die meisie na ander kamers in die huis gesleep en haar verskeie kere verkrag. “Hy het ná die voorval vir die meisie gesê om haarself te was voor hy met twee selfone gevlug het.”

Lt.genl. Peter Shivuri, polisiekommissaris in die Noord-Kaap, het die vonnis verwelkom en die ondersoekbeampte in die saak geloof.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Theresa ·

Mense wat hulself aan hierdie tipe dinge skuldig maak, hoef nooit weer die daglig te sien nie.

André ·

Nou moet ons vir hom sorg tot hy dood is. Wat ‘n mors van belastingbetalers se geld.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.