Verkragter lank agter tralies

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Veroordeelde verkragter van ʼn 13-jarige meisie, is effektief tot 30 jaar tronkstraf gevonnis.

Die verkragter (41) is in die Worcester-landdroshof skuldig bevind op aanklagte van verkragting en roof. “Die slagoffer was in 2013 op pad huis toe van die skool af, toe die man haar by ʼn erf in Houmoed, Rawsonville, gedwing en verkrag het,” het kapt. FC van Wyk, woordvoerder van die polisie, gesê.

Die verdagte is kort na die voorval in hegtenis geneem. Volgens Van Wyk is daar “nooit borgtog gedurende die beskuldigde se verhoor aan hom toegestaan nie”.

Die man is 25 jaar tronkstraf opgelê vir die verkragting van die minderjarige en ʼn verdere 15 jaar vir roof, waarvan 10 jaar gelyklopend met die verkragtingsvonnis uitgedien sal word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

marieta ·

ek is baie bly oor die vonnis……hopelik sal die ander sake waar die skuldiges ligter afgekom het ook hersien word en die skuldiges vir alle verkragters dieselfde wees as vir moord…..lewenslank…. en miskien sommer so inspuiting wat die straf baie kort sal maak…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.