Verkragter, moordenaar, soek vergifnis

Rosaline Paula Philander, of Paula'tjie, soos sy bekend gestaan het Foto: KnysnaPlett-Herald

Rosaline Paula Philander, of Paula’tjie, soos sy bekend gestaan het Foto: KnysnaPlett-Herald

Ewald Booysen (32) wat ʼn negejarige meisie van Rheenendal in die Wes-Kaap verkrag het, het Vrydag die gemeenskap versoek om hom te vergewe, het die SAUK berig.

Booysen is 10 jaar tronkstraf opgelê nadat hy Rosaline Paula Philander (9) ontvoer het, en hy is twee keer lewenslank gevonnis vir haar verkragting en moord. Paula’tjie, soos sy bekend gestaan het, se liggaam is in Augustus 2013 in ʼn woud naby aan haar huis opgespoor.

Booysen is in hegtenis geneem nadat ooggetuies aan die polisie gesê het hulle het haar laas saam met hom gesien.

Hy was ʼn vriend van haar gesin en het haar glo die bos in gelok met vis en skyfies.

Die KnysnaPlett-Herald het in September 2013 berig die beskuldigde het vroeër tronkstraf uitgedien vir die moord van ‘n vrou van Karatara naby Sedgefield. Klik hier om meer te lees.

-SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.