Verkragter, moordenaar swaar gevonnis

Argieffoto

Argieffoto

Ntokozo Skhumbuzo Mthimkhulu (32) is Donderdag in die hooggeregshof in KwaZulu-Natal swaar gevonnis nadat hy skuldig bevind is aan aanklagte van verkragting en moord op vroue.

“Hy is skuldig bevind aan vyf aanklagte van moord, drie van verkragting en vyf van roof met verswarende omstandighede,” het Natasha Ramkisson-Kara, ʼn woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag, gesê. Mthimkhulu is tot vyf keer lewenslank plus 45 jaar tronkstraf gevonnis.

Hy het vroue tussen Mei en Augustus 2010 by die bushalte en taxistaanplek in Empangeni geteister. Hy het sy slagoffers na die nabygeleë suikerrietplantasie gelok waar hy hulle beroof, verkrag en vermoor het. Hy het hulle selfoonlugtyd en vervoer aan hulle belowe.

Die beskuldigde het ter versagting in die hof aangevoer dat hy dit uit weerwraak wou doen omdat hy kwaad was vir sy ma wat hom verlaat het toe hy jonger was en sy meisie wat hul kind geaborteer het.

Nompumelelo Hadebe het tydens haar vonnisoplegging gesê Mthimkhulu se gevoel jeens die vroue in sy lewe gee nie aan hom die reg om dié “gruwelike misdade” te pleeg nie.

“Die polisie het in 2010 die liggame van vyf vroue in die suikerrietplantasies in Empangeni ontdek,” het kapt. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie in KwaZulu-Natal, in ʼn verklaring gesê.  “Ondersoekbeamptes het vermoed dat ʼn reeksmoordenaar in die gebied doenig is.”

Die georganiseerdemisdaadeenheid in Richardsbaai het die saak oorgeneem en die beskuldigde in September 2010 in Esikhawini  in hegtenis geneem. Hy word deur middel van DNS aan al die misdade verbind.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

RME Nissin ·

Wat kos dit om hom daar te hou vir so lank ? Natuurlik , as hy nie vrooer uitkom nie . Hetsy , uitbreek of die “almal verdien n tweede kans” manier. Die wet van die Romeine is al goed afgewater . Is daar geregtigheid ? Wat van as hy n bekende atleet is ? Gesuit en getaai ? OJ Simpson ? Oscar en OJ? . Vodka en OJ . Daar is nie geregtigheid nie . Dis n skroewedraaier . Numeri 35:31 . Dit alles behoort in n oggend te gebeur het . Dit kos n klomp geld , het iemand 10 meter tou …so R40 by jou naaste hardeware .

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.