Verkragter-musiekster kry borgtog

Brickz: Foto: SAPA

Sipho Charles Ndlovu, die veroordeelde verkragter en kwaito-musikant beter bekend as Brickz, se aansoek om borgtog is Vrydag in die Roodepoort-landdroshof toegestaan.

Ndlovu is borgtog van R80 000 toegestaan en die hof het gelas dat hy nie sy woonadres mag verander sonder om die ondersoekbeampte in kennis te stel nie aangesien hy ingestem het om dokumente rakende die appèl by dié adres te ontvang. Hy moet ook appèlverrigtinge bywoon.

Die voorwaardes waarop sy borg toegestaan is, sluit in dat hy al sy reisdokumente moet inhandig, geen internasionale of vertrekpunte mag betree nie, nie Johannesburg mag verlaat sonder om die ondersoekbeampte in kennis te stel nie, en hy moet hom ook elke Maandag en Woensdag by die Jabulani-polisiestasie aanmeld.

Ndlovu is in November 2013 in hegtenis geneem in verband met die verkragting van ʼn 16-jarige familielid. Ndlovu, die sanger van die treffer “Sweety my baby”, is skuldig bevind aan die verkragting in Maart 2013 by sy huis in Ruimsig.

Hy is in 2017 tot 15 jaar tronkstraf gevonnis deur landdros John Baloyi.

Sy verlof om appèl teen die skuldigbevinding is in Maart vanjaar deur die Suid-Gauteng-hooggeregshof toegestaan en Ndlovu se regspan het ʼn borgtogaansoek ingedien hangende die appèl.

Die slagoffer, wat nie geïdentifiseer mag word nie, het nie die verhoor bygewoon nie weens die publisiteit wat met die verhoor gepaardgaan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Anon ·

Wel terwyl ons verkragtera vrylaat, hoekom nie sommer reeks moordenaars ook nie. Die regstelsel is gebreek

Annie ·

Maak al die tronke se deure oop en laat almal gaan -want dis wat die Regstelsel besig is om te doen.

Beep Beep ·

Vreemd hoe verkragters borg kry maar nie mense wat ‘n ou in ‘n kis indruk nie .. of hulleself verdedig teen aanvallers en onwettige betreders op plase nie .. .ek het GEEN MAAR GEEN VERTROUE meer in ons regstelsel nie . WHILE WE WERE SLEEPING .. het die ANC die regsbank verander en ons glo steeds ons gaan ‘n regverdige verhoor kry …

Genieve ·

Eish die regstelsel darem, waar gaan alles eindig R80.000 borgtog.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.