Verkragter ontsnap op pad na tronk

Argieffoto: Nico Strydom

ʼn Man wat pas gevonnis is vir die verkragting van ʼn 17-jarige meisie het Dinsdag op pad na die gevangenis in Modimolle in Limpopo ontsnap.

Lt.kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, het gesê Tshidi Motsela (25) is in die Mankweng-streekshof tot lewenslange tronkstraf gevonnis nadat hy in Oktober 2015 ʼn tienermeisie oorval en verkrag het.

“Nadat hy gevonnis is, het Tshidi ontsnap op pad na die gevangenis in Modimolle. Die polisie het egter vinnig gereageer en hy is Woensdag in die vroeë oggendure weer in hegtenis geneem,” het Ngoepe gesê.

Volgens Ngoepe het Tshidi vandag in die Mankweng-landdroshof verskyn waar hy onmiddellik tot ʼn bykomende ses maande tronkstraf gevonnis is vir ontsnapping uit wettige aanhouding.

Lt.genl. Nneke Jim Ledwaba, provinsiale polisiekommissaris in Limpopo, het Tshidi se vonnisse verwelkom en gesê hy hoop dit dien as ʼn afskrikmiddel vir alle verkragters wat dink hulle kan skotvry wegkom van hul oortredings.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Pieterlewismuts ·

Swak dissipline en n slap gat houding by betrokke polisie lede het die geleentheid GESKEP dat Tsidi Motsela so maklik uit aan houding kon ontslae.

Die betrokke polisie beampte moet sterk in openbare hof.aangekla word.

n Gevangene wat tot lewens lange gevangesetting gevonnis is, is per.definisie n GEVAAR VIR DIE SAMELEWING Vandaar sy permanent verwydering uit die gemeenskap.

Sy veroordeeling is NIE n straf vir n MISDAAD NIE, maar n verwydering uit die samelewing om ander burgers te beskerm en is daarom n gevaar vir die samelewing.

Ek sien ook dit ·

Ek sien ook dit. Sal seker na sy dood nog 6 maande moet uitdien? Hopelik het die tronk ‘n vrieskas?

CHRISTA ·

Dalk sal hy na die 6 maande mag aansoek doen om parool. Lewenslank beteken deesdae NIKS!!

Frik ·

Die vonnisse sal samelopend uitgedien word. Dus sal die vonnis van lewenslange tronkstraf saam met die 6 maande uitgedien word. Nog 2 maande af vir goeie gedrag en hy’s voor Kersfees uit.

André ·

Hy sal seker vroeër uitkom; dis hoekom hulle seker 6 maande kan bysit.

snoepie ·

In Suid-Afrika is lewenslank net 25 jaar. Nie soos oorsee; wat dit beteken totdat jy dood gaan nie

Ekke ·

Nee snoepie. Lewenslank is lewenslank. Jy kan DALK na 25 jaar in aanmerking kom vir parool.

Scalla ·

Gee ook 6 maande elk aan die wat hom vervoer en verantwoordelik was vir sy ontsnapping.

Tammy ·

Die prosedures wat voorgeskryf word wanneer die polisie kriminele vervoer is seker nie gevolg nie. As ek by my werk nie prosedures volg nie word ek ontslaan. Maak n voorbeeld van hierdie polisiebeamptes wat betrokke was, dan sal dit n les wees vir hulle kollegas. Hierdie voorval is weereens n klap in die gesig van hardwerkende polisiebeamptes wat probeer om die beroep respek te laat verdien. Haal die vrot appels uit die pakkie.!!!!

Andréas ·

In meeste van die kommentare lees mens net negatiwiteit hoewel uit realistiese en historiese werklikhede spruit. Ons plig is om onderlinge positiwiteit te bevorder en my voorstel is: Die berigopskrif was misleidend aangesien dit gepaardgaande herinhegtinisname kon aandui. Die polisie moet grootliks bedank word. Daar moes verduideliking versoek word waarom die ontsnapping kon plaasvind. Beur mekaar op en dank God vir die suksesse van hierdie saak in geheel.

Ouma ·

Ek stem saam. Die opskrif kon wees: “Gou weer terug in tronk na ontsnapping”.

SARIE VAN HEERDEN ·

Daagliks lees jy van vekragters wat net nie genoeg kry nie. Is die siele dan ALTYD op hitte selfs my diere het hul “afseisoene”.

Chris duPreez ·

Hy kry lewenslank vir verkragting, ander ou kry ses jaar vur moord, dit maak nie sin nie, dit moet lewenslank vir alle sulke gevalle wees

Swartkat ·

Polisie beamptes het seker maar langs die pad gestop vir vis en chips en ‘ n middag slapie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.