Verkragter op heterdaad betrap

boeie 3Twee mans is in hegtenis geneem nadat hulle glo oor die naweek ʼn 20-jarige vrou in die Oos-Kaap verkrag het.

“Die twee mans, onderskeidelik 18 en 27 jaar oud, is Saterdagaand in Dutywa in hegtenis geneem,” het kapt. Jackson Manatha, ʼn polisiewoordvoerder, Maandag gesê.

Volgens Manatha het die vrou en haar kêrel omstreeks 23:00 in die omgewing gestap toe ʼn groep van vyf mans hulle genader het. Die mans het die paartjie se selfone en kontant geëis. “Toe hulle niks van die paartjie kon kry nie, het hulle die kêrel erg aangerand. Hy het weggehardloop om hulp te ontbied, en sy meisie agtergelaat.”

Die kêrel het ʼn polisievoertuig gesien en die beamptes oor die aanval ingelig. “Die polisie het dadelik reageer en ʼn verdagte aangekeer terwyl hy nog besig was om die vrou te verkrag. Die man wat haar eerste verkrag het, was ook nog op die toneel. Albei is in hegtenis geneem.”

Die verdagtes sal na verwagting Maandag in die hof verskyn op ʼn aanklag van verkragting.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

veronica ·

Geen wonder gewone mense neem reg in eie hande! Want die barbaar gaan net ‘n jaar of selfs minder sit dan is hy uit om dit net weer te doen!! Sluit toe en vergeet om “dit” water en kos te gee!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.