‘Verkragter-pa’ skiet 3, toe homself   

Foto: SAPD

ʼn 43-jarige man wat deur sy dogter van verkragting beskuldig is, het sy dogter gewond en nog twee mense doodgeskiet voordat hy selfmoord gepleeg het.

Die treurspel het Maandagaand by ʼn huis in die Malungane-nedersetting in Namakgale buite Phalaborwa in Limpopo plaasgevind. Die man wat by ʼn myn in die omgewing gewerk het, het sy 38-jarige vriendin en haar 27-jarige niggie doodgeskiet.

Volgens brig. Motlafela Mojapelo, polisiewoordvoerder, het die man ook sy 16-jarige dogter geskiet en gewond waarna hy homself doodgeskiet het.

“Lede van die polisie se eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe was op soek na die man nadat sy dogter vroeër ʼn klag van verkragting teen hom aanhangig gemaak het.”

Foto: SAPD

Die tienermeisie beweer haar pa het haar verkrag nadat sy hom gevra het om haar te leer bestuur. Hulle het glo vir ʼn ruk rondgery voordat hulle na ʼn huis is waar hy haar glo verkrag het. Die verkragting het glo op 13 Junie plaasgevind, maar die saak is eers Maandagoggend aanhangig gemaak.

Mojapelo het gesê die man se 9 mm-pistool is op die toneel gevind en die polisie het daarop beslag gelê.

Lt.genl. Nneke Ledwaba, provinsiale polisiekommissaris, het die voorval ten sterkste veroordeel.

“Die provinsie gaan tans gebuk onder ʼn vlaag geslagsgebaseerde geweld en dus moet voorvalle van hierdie aard, waar ʼn man sy dogter verkrag en dan gruwelike misdade pleeg, so sterk as moontlik veroordeel word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

2 Kommentare

jongste oudste gewildste
Stofdonkie

Dis goed dat die polisie darem beslag gelê het op sy pistool voor hy dalk opstaan na sy selfmoord en nog mense skiet.

Sarel

Lippetaal en nog lippetaal. Doen ‘n slag iets